Crousondermoskeletal

Ek lees gister ons plaaslike koerant, Gemsbok, en kom op hierdie beriggie af.  Sommer so ingedruk op bladsy 17.

Crouzondermoskeletal is ‘n uiters rare sindroom waarvan daar tans net 18 gevalle in die wêreld gedokumenteer is.  Een van hierdie besonderse mense is klein Roxy Sutton (8) van die Applewood Preperatory School in Elgin, in die Wes Kaap.  Haar skoolhoof het onlangs ‘n 1 200km fietsrit vanaf Alexanderbaai tot Kosibaai binne 21 dae afgelê om geld in te samel vir die baie duur operasie wat sy oorsee sal moet ondergaan om haar sindroom te probeer teenstaan.  Enige persone wat belangstel om meer oor die siekte uit te vind kan wideride sms na 36070 om ‘n R5 donasie te gee of as u meer wil uitvind oor die siekte die webtuiste   www.wideride.co.za te besoek.

roxy200

Nou wil ek graag dit sê:  –  Gareth Allman, die skoolhoof van Roxy, Jy is ‘n kampioen!!!   Met sulke mense om ons kinders te leer hetsy ons kinders by ‘n gewone skool of spesiale skool is, kan ons land dit nog ver bring.   Dankie vir jou tyd, dankie vir jou opoffering, dankie vir jou omgee en dankie vir die mens wat jy is…   Honderde hoera’s vir jou!!!   Mag die Here jou seën en mag jou reis uiters voorspoedig wees.

Ek saluut jou!

Daar is rerig nie veel inligting op die web nie.  Die een bron is letterlik ‘n kopieering van die vorige maar gaan lees gerus hier.   Crousondermoskeletal

4 Responses to Crousondermoskeletal

  1. boendoe says:

    Ai tog. Ek moet onthou om vanaand weer op my kniegies te gaan dankie se vir my telgies.

    Stem saam met jou, Pik. Daai skoolhoof is ‘n man duisend.

  2. Hoe mooi is dit dat daar nog, wel sulke mooi in die wereld is. Die mensdom se omgee het opgedroog en dit is baie hartseer en ‘n skrikwekkende vooruitsig. Hoe gaan die wereld wees as ek eendag ‘n kind het? Of wanneer ons kinders, kinder het?

  3. BB says:

    Reading about good people kind of always leave you sitting staring into your screen with a stupid smile across your face and a tear in the eye, don’t they?? ‘Feel good’ really really feels good, don’t you think?? Sal my bydrae gaan maak, ja! To give that little girl a chance to keep smiling like she does in the pic… Is nes Boends sê – terug oppie knieë met ons…

  4. Nimsi says:

    Dankie vir hierdie stukkie deel Pikkie!
    Laat mens net weer besef hoe geseend ons werklik is!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: