Trrrrrrrrrrrrr……

Jip-ja, dit was ‘n gesukkel.  Dit was ‘n opdrag van epidermiese proporsie!!!   Rerig, ek jok nie      :shock:      Ken julle my as iemand wat jok???      :roll:     Maar na maande se geoefen en gesukkel en gewonder en gereghelp en rympies uitdink kan ek met trots aankondig!   Skiet daai sjampanje-proppe en dans ‘n riel!   Ouboet kan ‘n ‘r’ sê!

Miskien moet ek julle bietjie meer vertel!   Toe Ouboet twee en ‘n half was het hy nog nie ‘n woord gesê behalwe, Mamma, Nic, Bibi en Oupa nie.   Hy wou om die dood net nie praat nie.   Hierdie verboureerde ‘ou’ mamma se senuwees was klaar en ek laat spat met hom na ‘n spraak terapeut toe.  Nie ‘n maklike taak as mens in Amsterdam gebly het nie.   Vir weke moes ek twee keer ‘n week 350 km ry om die outjie by die terapeut te kry.  Een vrekwarm Desember-oggend toe alles weereens woes en deurmekaar gaan om gereed te wees vir ons afspraak, hak die outjie toe mos af en sê:  ‘Willie na Tannie gaan nie, wil net speel….”   ‘n Hele sin aanmekaar….       :shock:      Nodeloos om te sê ek het al die daaropvolgende afsprake gekanseleer en Ouboet het nooit weer opgehou praat nie!  Ek ek BEDOEL – Hy het nog nooit weer opgehou praat nie!   Die spreekwoord sê nie verniet  – dit vat twee jaar om ‘n kind te leer loop en praat en dan 18 jaar om hulle te leer stilsit en stilbly – nie!!!

Die enigste ding wat nog kortgekom het was die ‘r’.   Tot tannie Muriel vir hom ‘n allemintige masjiengeweertjie vir sy verjaarsdag gegee het.  Die ding het vir ‘n hele dag lank so ‘n lekker ‘trrrrr’ geluid gemaak en toe raak hy stil, soos meeste speelgoed na ‘n dag maak.  Ouboet was bitter ontsteld, maar hier sien mamma toe mos ‘n plan en sê dis nou sy beurt om daai ‘trrrr’ geluid te maak…

Dit het amper ‘n maand se oefen en spoegblertse gekos, en die woorde is welliswaar nog vreemd – grrrras, brrrrrug, omdrrrraai en so aan – maar die ‘r’ is daar en nou kan ons net vorentoe kyk!

Baie geluk John, Mamma is sommer baaaaie trrrrrots op jou!

687657tjeez4a46v

20 Responses to Trrrrrrrrrrrrr……

  1. Adrie says:

    Pikkie

    Ek het eers op 3 leer praat. Ouboet is glad nie agter nie.

    Ek hoop hy kry baie “terries” om sy r op te oefen.

  2. Zee says:

    Trrrrrrrrr, jissie Ouboet, jy raak darem nou oulik jong trrrrrrrr

  3. boendoe says:

    Jis, gee jy my weer hoop. Pieter kan ook GLAD nie ‘n ‘r’ se nie… 🙄

    • Pikkelik says:

      Dit wil vir my lyk of dit gebeur wanneer HULLE wil hê dit moet gebeur en ons het eintlik min met die storie uit te waai Boendoe!! 😯

  4. Sandra says:

    My oudste het met die w en m van alle dinge gesukkel en ‘n waslap was lank ‘n slaslap en marie het lalie geword – maar dit bly oulik. Bly die man het nou die r bemeester.

    • Pikkelik says:

      Hiehiehie Sandra… Om een of ander rede het ek blykbaar alles ge-‘lappetie’ skoene was ‘tlappetjies’, klere was aantlappetjies, koekies was koelappeties, ens… My arme ouers….

  5. maxie says:

    Baie geluk Ouboet!
    Ek kon ook nie “r” se nie, kan onthou hoe my suster aangehou het met “Rrrrooi Rrrribbok Rrrram”, totdat ek dit baasgeraak het.
    Dis ook hoe ek die Engelse kind geleer het.

  6. Wipneus! says:

    Baie geluk Ouboet, ek is baie trots op jou!!😉

    Nou moet ek vir hom ‘n wrrrrrrroem, wrrrrrrrroem koop as beloning!! 😉

  7. BB says:

    Waaaaahahaha!! Dis nou ‘n coincidence!! Ry ek vir Era vir MAANDE aan spraakterapeut toe, want die Gr1 juffrou het ‘n moerawiese issue mee daai baba van my gehad oor hy so lekker sy naampie seg : “Eddi (Erich) Baddett (Barrett)” – en na ‘n paar 000’e se Rande ry ons een middag soontoe en hy hang by die venster hy met sy plêstiek gun en maak netso: “Trrrrrrrrr…” ek dog ek gooi die kar om!! Wip vir my, hoor!! Stop by die terapeute. Gryp hom EN sy gun – stap daar in seg vir hom : Sê virrie tannie jou naam!! “Eddi” kommit skrikkerig uit… ek gryp die gun en sê hoe maak dié ding?? “Trrrrrrrrrr” seg hy nou éérs wit geskrik! Ek sê: “E..trrrrrrr…ich!!!” Hy: “E…trrrrr.ich!!!” Waaaaaaa!!! Daar lag hy so hard vir homself!! Ek plak toe daai gun op haar tafel neer – sê vir haar: “Vandag se rekening ruil ek jou vir dié!!”. Gryp my baba met die belofte om hom ‘n groter gun te gaan koop en stap daar uit. Sy sit my grootoog en agterna staar mettie gun ini hande…. (ek’t tot vandag toe nie weer ‘n rekening gekry nie:mrgreen: )
    Sweet-sweet memories… thanks vir dié een Pikkie x

  8. Seuntjies is mos maar bietjie luier as dogtertjies. My vriendin se ou Joa’kie was net so lui en toe hy eers lostrek toe kan niks hom meer keer nie. Hy glo ook dat hy kan zoeloe praat (dit is wat hy se) maar niemand verstaan hom nie, nie eers die zoeloe tuinman nie. Hulle is te kostelik op daai ouderdom!

    Jinne, ek dink ek raak broeis😆

  9. Nelba says:

    Lag ek nou lekker.

    Marco spreek sy r’e engels uit en dan en wan vervies ek my ek sê, “Marco sê: Marrrrco!” Dan sê hy Marrrco en dan rus my siel weer.

  10. roer says:

    So nou wat’s die oplossing vir ‘n lisp…🙄 My se liefietjie lisp.

    Geluk Ouboet. Van nou af sal geen hond of kat op julle werf veilig wees nie. Trrrrrrrr, hier kom Ouboet!

  11. flippiefanus says:

    Dit laat my nou onthou hoe ek altyd my vriende se klein dogtertjie geterg het. Sy vra my vir “crackers” maar kan ook nie die “r” se^ nie. Dan vra ek “O wil jy kekkels he^?” So hou dit aan tot sy later haar ma roep: Mamma se^ bietjie wat dit is.

  12. Anoesjka says:

    Ag moederrrr te oulik! Baie geluk!🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: