Wat is maas?!!!

Ek het gister my heel eerste handgemaakte Moedersdag kaartjie gekry….   Ek kan nie onthou wanneer laas in my lewe ek so gehuil het nie.   Nie alleen oor die kaartjie wat met klein dom handjies, met soveel liefde gemaak is nie.  Nie alleen oor die feit dat hy nie kon wag tot Sondag, oor drie slapies, soos juffrou gesê het nie…  maar ook oor die feit dat ‘n familie in hierdie tyd die grootste seer denkbaar moet beleef omdat hulle kinders uitgewis is….    Hulle hoop, planne, toekomsplanne, alles is binne ure uitgevee, weggevat…..

Rus saggies julle viertjies,  Lynette, Miranda, Marissa en Estelle van der Sandt.

Ek is hartseer, ek voel nie na skryf nie….

Lees hierdie en geniet!

WAT IS ‘N MA? (uit die oogpunt van ‘n kind)

‘Maas is baie mooi.  Hille kleer hille gesigte in.  Maas lees vir mens stories. Maas kan goet sien, as jy klaar gebat het sien hille si nog vyl agter jou ore.  As jy stout is sien hille deer ‘n mier en vra wat jy alweer doen.  Hille maak groente vir kos en ons kry lekker poeding as ons allis opeet.  Maas moet baje slim wees, want ons jivrouens gee vir ons hyswerk dan doen ons maas dit.  Maas van kinners skool toe en soen hille voor anner kinners en tanies.  Maas is altyt laat en sê kiners moet gou maak.

As jy siek is pas Maas jou op.  Maas het baje gelt vir tamatiesous, pienatbater, seep en tannepasta, kofie en pap maar net biekie gelt vir swiets.  Maas sê altyd hille het nie gelt nie maar dan koop hille ‘n trolie vol goeters.  Maas hou van winkels waar mens net ‘n papierkie teken want dan hoef jy nie te petal nie.
Maas sê altyd hille is vet as hille ou kleere aantrek, niewe kleere pas net reg en dan is hille maar.  Maas is baie versigtig.  Hille sê altyd pasop vir die karre en slyt al die dere.  Hille is bang vir krieke, en jaag die hond van die bet af.
Maas is baje vliks.  Hille praat lank op die foon, lees boek en keyk dys of de laaivs op tiewie en dan maak hille vinig kos voorlat Paas kom.  Maas gaan eendag hemil toe want hille bit baje en ken alis van Liewe Hiesis.

Ek is baje lief vir Maas.

‘n Baie Geseënde Moedersdag vir al die Mammas, Oumas, en toekomstige Mamma’s daar buite….

2126714yko2g79z53

Ook vir my Pappa wat Maandag verjaar!    Baie, baie geluk Papsie.  Dankie vir al jou liefde, omgee, en agter die kleinkinders aanry (en hardloop met jou stokstywe knieë)!    Ek lief jou stukkend!!!

16 Responses to Wat is maas?!!!

  1. Zee says:

    Pikkie, daardie eerste kaartjies is te kosbaar, Zeethan kon ook nie gister wag om myne (wat natuurlik saam met juffrou se hulp gemaak is) te gee nie.
    Dit is so sad oor daardie familie, mens se hart gaan so na hulle toe uit.

    Lekker Moedersdag vir jou hoor! en Pappa, lekker verjaar Maandag!

  2. Wipneus! says:

    Baie mooi en ja dit is vreeslik hartseer van Lynette, Miranda, Marissa en Estelle van der Sandt.

    Geluk met jou pappa se verjaarsdag Pikkie!!

    Hoop jy het ‘n wonderlike moedersdag, maar ek weet jy gaan!!

    Wow van Sondag af is dit weer lekker party daar by julle huis!! 3 Dag partytjie!! enjoy en gaan groot!

  3. Wipneus! says:

    Pikkie jy blog nie Maandae nie ek het amper vergeet!!!

    PIKSIE SIAMEES BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG MAANDAG!! Mag jy ‘n wonderlike dag hê tussen jou geliefdes en my wens ook vir ‘n fantastiese jaar!!

    Dan ook aan JOU EN MYNICK baie geluk met julle huweliksherdenking Maandag. Mag julle altyd so gelukkig en lief vir mekaar bly!!

    Is jy Dinsdag terug? Indien nie…

    Mynick baie geluk met jou verjaarsdag Dinsdag ek hoop ook vir jou ‘n pragtige dag en jaar. Sterkte met alles!

    Liefde
    Teddie en Wip

  4. boendoe says:

    O, ‘n verjaardag op hande? Pik, as jy Maandag dan nie hier is nie, BAIE geluk. Ek hoop al (of dan die meeste!) van jou drome en wense kom waar.

    Ja, hierdie gaan ‘n seer Moedersdag wees. 😦

  5. Nimsi says:

    Gelukkige Moedersdag Sondag
    Veels Geluk met jou verjaarsdag Maandag!
    Veels Geluk met Nick se verjaarsdag dinsdag!
    Innige simpatie aan die wat hulle geliefdes verloor het.

    Geluk met julle huweliksherdengking.

    Hoop ek het alles onthou!

  6. Rochelle says:

    Gelukig Moedersdag! Mag jy tot in die afgrond in bederf word!

  7. Roer says:

    Hoop jy verjaar lekker, Pikkie. Tragies, vreeslik tragies van die sussies. Laat ons elke drukkie, elke vuil kinder kamer, elke kruit-bekrapte muur, elke spoeg soentjie en elke snot neusie met groot dankbaarheid waardeer. Sterkte ook aan al die ‘unpregnant mothers’ daar buite. Dink ook aan julle Sondag en mag die Here julle arms binnekort vul met klein spookasem pienk voetertjies.

  8. maxie says:

    Om vier kinders te verloor is darem te erg vir enigiemand. Dis so sad.
    Lekker Moedersdag, en lekker verjaar Maandag (jy en die Engelse kind deel ‘n verjaarsdag).
    En baie geluk met jul huweliksherdenking!

  9. netjane says:

    Happy happy happy happy! Lekker party hou!!🙂

  10. Zee says:

    ♪ Happy happy ♪x 2 …. One birthday en one wedding anniversary!!! ♪ Happy happy ♪
    Hoop jou dag is wonderlik!!!!

  11. Krista says:

    ♪Happy birthday to yooooouuuuuuu . . . ♪

    Ek hoop daar lê vir jou en joune ‘n wonderlike jaar voor met ALLES van die BESTE Pikkie!

  12. Happy happy B-day!!!!
    Mag daar net vreugde, vrede, liefde en baie voorspoed in hierdie nuwe lewensjaar wees!
    (((Pikkie)))

  13. Sammi says:

    Piksietjie
    Jy bly ‘n liggie vir almal om jou, hoor – partykeer helderder as anner kere. Maar daai lig skyn altyd. Ek wou vroeg hier uitval en jou gelukwens en sommer vir jou ouers ook – oor JOU wat so besonders is. Maar BAIE geluk Wips se Siamees BAIE BAIE geluk – en ook vir my pragtige boodskap gister.
    Jy die stukkie see en berg gekry?
    Sien jou m^re!

  14. BB says:

    Fly high, dear Pikkelik!! Have a happy happy Birthday and be very very blessed xxx
    Count your life by smiles, not tears
    Count your age by friends, not years

  15. Jis Pik’s

    As ek sien hoe vol jou lewe is met jou kinders vergeet ek sommer van my hardegatgeid en kan nie wag om self eendag ‘n ma te wees nie.

  16. Pikkelik says:

    Dankie vir almal se gelukwensing! Ek het ‘n wonderlike dag gehad en moet erken ek voel nie ‘n dag ouer as 45 nie! 😈 Moontlik omdat ek nog nie 45 is nie…. Maar dit daar gelaat! Julle laat my baie spesiaal voel!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: