Om verbete, vir lewe en dood vas te klou….

Vandat ons in getrek het klou ek met al my mag aan my selfbeheersing en my sanity…   Daagliks voel dit of alles besig is om om my inmekaar te tuimel.   Dis asof ek eenvoudig nie die stukkies van die legkaart aanmekaar kan hou nie.  Druk ek een links onder in spring een weer regs bo uit.  Ek was nog nooit ‘n negatiewe mens nie, ek vat die lewe soos dit kom, haal die beste daaruit en pass die slegtes aan.

Maar om een of ander rede is dit asof ek die heeltyd bly vasklou aan dit wat ek gehad het…  Ek hou heeltyd die agterdeur oop.  Ek wil teruggaan, ek wil weer my ou lewe terughê.  Die feit dat ons nou al vir maande nie huurgeld vir ons huis in Amsterdam gekry het nie en dat ons op hierdie stadium letterlik krepeer het ook seker iets daarmee te doen, maar ek het al voorheen in my lewe swaar gekry.  Dis nie vir my nuut nie.  Wat vir my nuut is, is om my kinders te sien swaarkry.   Om so te moet kosmaak dat een ete se kos van ons ‘vorige’ lewe, nou vir drie of meer etes moet hou.  Om te moet sê ‘nee’ vir elke moontlike ietsie wat my kinders wil hê.

Om laatnag saam met my man in die bed te lê en te besluit dat Ouboet se verjaarsdag met ‘n maand of wat moet aanskuif want daar is nie geld vir koek en geskenke nie.  Om agterna op my knieë te gaan en die Here te smeek om my my kleingelowigheid te vergewe, want my kosbare vriendin sorg toe vir die hele kaboel.

En gisteraand, toe Mynick tuiskom (ja, ons ken nie meer iets soos vakansiedae nie, hy werk altyd….) en ons gesels toe tref dit my.  En ek kry skaam, so bitter skaam vir dit wat ek geword het.   In my selfbejammering, in my terugverlang, in my hardkoppigheid om vas te klou vir al wat ek werd is, het ek so baie dinge buite sig gelaat.  Nie vir een oomblik het ek daaraan gedink wat my negatiewiteit aan my gesin doen nie.

Ek en Mynick het gepraat oor werk soek.  Hy is rerig op die uitkyk vir iets anders, en ek het vir hom gesê hy moet verder kyk.  Ek gee nie om om op ‘n ander plek te gaan bly nie, solank ek net by hom kan wees.  Ons praat toe oor teruggaan Amsterdam toe, en dit is net daar waar die realiteit my tref.  Vier pond hammer teen die voorkop.  Ons KAN NIE weer terug gaan nie.  Daar is niks meer vir ons nie, behalwe ‘n dop van ‘n huis.  Daar is nie skole en dagmoeders nie, daar is nie maatjies vir die kinders nie, daar is nie werk vir my man nie, daar is nie werk vir my nie….   Dit is ‘n tyd van ons lewe wat klaar is, verby is….   history!!!!

Ek hoop dat hierdie stuk rubbish wat ek van my gemoed af gekry het, my gaan help om van vandag af vorentoe te kyk.   Om die dinge wat ek tog so lekker agter my aansleep te laat staan, om my ‘backdoors’ toe te maak.  En weer in vertroue te leef….

En hiermee die einde van ‘n baie boring post.   Behalwe vir die volgende…

‘n “Close-up”  foto van ‘n seeperdjie!            😆

seahorse_1

21 Responses to Om verbete, vir lewe en dood vas te klou….

  1. Sammi says:

    Pikkie, die skrywe hiervan is klaar ‘n deurbraak…dit kon nie maklik gewees het nie. Ons staan gewoonlik so sterk en wanneer omstandighede verander, sukkel ons om dit te aanvaar…tot mens beredeneerd na opsies kyk. DIS wat jy nou gedoen het, daardie besef van wat verby is, is verby! Nie maklik nie, nooit nie – maar nodig.
    Jy is uiters spesiaal Pikkelik!
    En jou man klink wonderlik – die grootste geskenk van alles en die liefde van jou kinders – DIT liewe vriendin is die werklike skatte!

  2. Sammi says:

    En oor swaarkry Pikkie, daardie kinders van jou gaan beter toegerus wees as diegene wat nie swaarkry nie – ek belowe jou – plant saam’n ou gedenk stukkie tuintjie by jou nuwe huis, vir ‘n nuwe begin.

  3. Ogies says:

    Pikkie, jy is ‘n mens. En ons mense vat soms maar lank om te “sien” wat God vir ons lewens beplan. En Hy het jou tyd gegun om jou draaie te loop en self te besef dat daar nie omdraai kans is nie. Dis sleg om die kiddies ook daaronder te sien ly, maar glo my. Jy voel skuldiger daaroor as wat hul dit ervaar as swaarkry! Het jy nog my e-mail adres? Asb stuur vir my ‘n e-possie dat ek vir jou ietsie kan vertel.
    Hugs & Kisses!

  4. Sonkind says:

    (((Pikkie))) Woorde is leeg, maar jy het al menigmaal hier op die blogs gewys dat jy sterk is, van gees en van karakter. En soos Sammi sê, die grootste skat wat mens kan hê – ‘n gesin wat lief is vir mekaar. Saam sal julle hierdeur ook kom.

  5. Sonkind says:

    Pikkie – ek is nog steeds SPAM! Red my seblief!

  6. BB says:

    Hierdie girls hierbo sê dit als Pikkie. What earns my respect is jou eerlike oppie-vrou-af en nugter inskrywing – geen gekerm, geen gesanik, geen ge-moan, geen ‘arme ekke’ al gaan dit so bad (en dalk selfs erger as wat jy bereid is om met one and all te share…😦 ). Dit vat tonne en tonne guts, girl!! xx

  7. Nimsi says:

    Pikkie, watse werk doen jou man? Jy kan my kontak by nwlourens@gmail.com. Intussen registreer sy cv’s by; http://www.bestjobs.co.za of http://www.pnet.co.za of http://www.proactiveplacements.co.za.
    Sterkte
    Nimsi

  8. Wipneus! says:

    (((((Ek bel jou))))))

  9. Almal het pretty much gese wat ek sou wou se, maar weet dat julle as gesin hierdeur sal kom. Niks hou verewig aan nie, nie eers die slegte goed nie! Hou moed Piksie!
    Ek weet jy voel sleg oor jou kids, want dis maar hoe ‘n ma is. Ek was al die kind is so situasie en ek belowe jou, dit maak nie dood nie en jou kinders gaan nie minder vir jou lief wees nie. Hulle is dalk te klein om werklik te verstaan wat aangaan, maar solank daar liefde in ‘n huis is kan niks jou keer nie!

    Ek dink baie aan julle en bid ook vir julle!

    (((Pikkie)))

  10. Alta says:

    Pikkie, kan ek net sê ek weet presies hoe jy voel maar soos jy dit gstel het, daar kom n tyd wat jy besef daar is nie omdraai nie en jy moet nou n sukses maak van dit wat jy nou na staar.
    Glo my, die oomblik toe jy die sê: “Ons KAN NIE weer terug gaan nie. Daar is niks meer vir ons nie, behalwe ‘n dop van ‘n huis. Daar is nie skole en dagmoeders nie, daar is nie maatjies vir die kinders nie, daar is nie werk vir my man nie, daar is nie werk vir my nie…. Dit is ‘n tyd van ons lewe wat klaar is, verby is…. history!!!!”, het jou sukses en n nuwe lewe begin.

    Sterkte!
    ((((Pikkie)))

  11. Adrie says:

    Pikkie,

    Ek hoop dat die 4 pond hamer ‘n groot eier op jou voorkop gelos nie.

    Jy maak my baie skaam. Ek het ‘n groot vloermoer oor my salaris en verhogintjietjie gegooi. Eintlik het ek niks om oor te kla nie. Ek het genoeg vir al my behoeftes en luukses.

    Ek hou styf vir julle duim vas. Ek weet waar jou ou huis is, moet ek ‘n klein army daarheen vat om die huurders uit te sort?

  12. Nelba says:

    Pikkie, ek het groot bewondering vir jou en ek weet dit sal weer beter met julle gaan. As Mynick ander werk sal oorweeg, wat kan/wil hy doen? Miskien weet iemand van iets.

  13. Zee says:

    (((((((((Pikkie))))))))))

  14. Wipneus! says:

    Daarsy ((((sy)))) lag weer!! 😆

    Volgende keer kielie ek jou tot jy pp!! 😆

    Gaan kyk ek het vir Teddie sy special teddie liedjie gepos op my blog, ek gee hom vandag vir jou!!! 😉

    Oh I’m a yummy, tummy, funny, lucky gummy bear
    I’m a jelly bear
    Cus I’m a gummy bear
    Oh I’m a moving, grooving, jamming, singing gummy bear.
    Three times you can bite me.

    ((((((Siamessie))))))

  15. krista says:

    Ai Pikkie, daar is nie veel wat enigeen van ons kan sê nie. Ons is altyd hier om te luister as jy wil kla en te help waar ons kan.

    Skreeu net!

    (PS: ek weet hierdie issi skreeu, maar ons werk daaraan . . . gee net bietjie kans!)

  16. roer says:

    Sterkte Pikkie. Jy’s ‘n goeie vrou en nie perfek nie. Onthou net dit. Jy probeer jou bes vir jou gesin.

  17. boendoe says:

    Ai, ou Pik. Dis goor. 😦

  18. maxie says:

    Pik, so jammer om dit te hoor!
    Maar weet jy, Kaalvoet het ‘n punt beet oor die kinders.
    Julle is in my gebede!

  19. Pikkie hier kom ek ook ingesuiker, laat maar darem. Ai vriendin, jy kan net doen wat jy kan, en ons almal kan tog lees dat jy ‘n baie besonderse ma vir jou kinders en ‘n baie ondersteunende en liefdevolle vrou is.

    Ek weet jy/julle sal dit maak. En dit is nie “rubbish” wat jy hier skryf nie. Hugs

  20. Dellie says:

    Staan sterk vriendin, alles sal regkom. Jy sal sien.😉

    ((Pikkie))

  21. gigi says:

    Pikkie, ek lees gereeld hier in jou blik! Ai mater, ek weet presies hoe jy voel, is maar in dieselfde posisie, partykeer voel mens jy kan net nie meer nie, maar elke dag bring ons Liewe Vader vir ons uitkoms, dalk nie hoe ons dit wou he nie, maar Hy is daar elke dag!

    Ek het vandag ‘n email gekry vir vakante poste maar dis in Pta of Jhb, as jy belangstel (ek weet nie watse tipe werk jou man doen nie) laat weet my, Dellie het my addy!

    Ek dink aan julle en bid vir julle

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: