DIY….

As jy 5 jaar oud word, en jy dink dis die belangrikste dag in jou lewe, en jou mamma het haar beurt gehad om vir jou ‘n koek te bak, en jy het self jou 5 maatjies genooi, dan besluit jy opslag dat dit nou tyd is vir bietjie DIY!!!!   Ouboet het self sy koek versier, self sy tafel gepak, self sy kersies aangesteek, self vir homself gesing en self besluit Tannie Muriel is van Saterdag 18 April 2009 af sy ander eie mamma….

john5-verjaar-01

john5-verjaar-02

john5-verjaar-03

john5-verjaar-05

john5-verjaar-24

john5-verjaar-25

john5-verjaar-28

john5-verjaar-32

Die dogtertjie is NIE sy meisie nie!!!  Dit is net sy beste ‘langhaar maatjie….’ :lol:               😆

john-moegperd

Maar om ‘n partytjie te organiseer, koek te versier en al die reëlings te tref EN dan nog met die maatjies te speel is vreeslike harde werk as mens net 5 jaar oud is…..

16 Responses to DIY….

  1. Wipneus! says:

    (((((Ouboet))))) dis vir my ‘n voorreg, natuurlik sal ek graag dit wil wees!! 🙂

    Lees maar vir hom Piksie:

    Ek dink jy is baie kunstig, ek wens ek kon so mooi koek versier!!! Oorlog mannetjies is ook my gunsteling speelgoed gewees toe ek so oud soos jy was. Tannie Muriel se hart is baie bly dat jy so lekker verjaar het. Ek het al my feëtjies gestuur om seker te maak dat ‘n baie spesiale seuntjie sy partytjie geniet. Lyk my hulle het hulle werk gedoen. Liefde, drukkies en al daai dogtertjie goed vir jou!!
    😆 Mooi bly Piks! Ek is bly alles het so mooi uitgedraai!! Smile sunshine, you’re on candid camera!!

  2. Dellie says:

    Dit lyk of hy vet pret gehad het daarmee. En as ‘n man moeg is, is hy mos moeg…😉

  3. Ogies says:

    Dierbaarheid. Siestog, die man het omtrent hard gewerk. Kyk net hoe is daardie arms oor die lyfie gevou daar ver in droomland! Priceless!!

  4. boendoe says:

    Al wat ek kan se, is dat daai 5 jarige beter koek kan versier as hierie antie. 😆

    Is ‘n slapende kind nie die mooiste ding op aarde nie?

  5. Nimsi says:

    Ag moeder Pikkie, hy is regtig n mooi ou seuntjie… ek dink hy gaan maar altyd baie langhaar maaitjies he!
    Nimsi

  6. Carina says:

    Ag dis darem cute!

  7. Alta says:

    Te cute. Baie geluk.

  8. Sonkind says:

    Hy is wraggies ‘n “resourceful” mannetjie om die partytjie so mooi te kon reël. En ja, ek stem saam met Bonedoe, slapende kindertjies is die naaste aan engeltjies wat mens kan kry. Net jammer hulle slaap nie altyd wanneer ons wil hê hulle moet slaap nie😆

  9. Mefri says:

    Pikkie, jou seun gaan beslis homself kaalvoet binne in ʼn gesonde man met ʼn sterk karakter ingroei, met ʼn mamma soos jy, hoe dan anders. Hy sal met deernis en vreugde terugdink aan hierdie kosbare kinderjare en eendag sal jy die vrugte hiervan pluk in jou nageslag.

    LOL ek sien mollige vingertjies vol groen klapper en ʼn grasgroen bekkie, of het mammalief dit als afgesoen?

  10. Cool man! Laat my dink an twee jaar terug se King Arthur party van my “sus” se een seuntjie…

    Daar was lego mannetjies op perde en met swaarde en die jellybabies wat die enemy! Sommiges het hul koppe verloor en ander het swaarde in hul lywe gehad! Dit was groot sports om die koek te versier, tot afgryse van ouma natuurlik!

    Lyk op hy lekker uitgepass het! Hemels!

  11. roer says:

    Week is my hart. Ek kan verstaan dan Jesus ‘n spesiale plekkie vir kindertjies het… Hulle is kosbaar Pikkie. Wel gedaan Ouboet!

  12. Hehheh….daai is nou ‘n lekker koek, want mens kan later weer met die mannetjies speel. Ai tog hoe lekker.

  13. flippiefanus says:

    Ag moeder hy is oulik. Dis darem ‘n wonderlike ervaring om te verjaar as mens 5 jaar oud is. Dit laat my sommer wens dat ek nog 5 jaar oud was.

  14. Zee says:

    Dringende versoek!!!!

    Een koekversierder word benodig volgende jaar… Ek betaal baie goed🙂

    Ouboet, jy is darem maar oulik jong!

  15. aventer says:

    hehe ag oulik!!

    kleintjies is so oulik, ai, maar hulle darem te vinnig groot😦

    Hehe, HALLO PIKKIE!!!!!

    Jammer vir die laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaang stilte, universiteit is nie vir sissies nie, veral nie onderwys nie, my slaaptye is omgekrap maar ek mis my blogging en is bly om vir ‘n slag bietjie weer te kan kom inloer

    *drukkie*

  16. oopkop says:

    Te cute vir woorde.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: