Spiderman

Die koek, die beloofde koek, met die rooi kleursel wat amper pienk is en ‘n Spiderman mannetjie (dankie Zee) wat op die eenkant staan!  Die ergste is dat ek dit getime het.  7 minute 14 sekondes toe is daar nie eens meer ‘n krummeltjie oor nie!  Daai kleuterskool kinders is soos ‘n swerm springkane.           😆

augrabies-157

augrabies-153

Liewe Jesus

Baie dankie vir tannie Muriel wat gesorg het vir my  koek en presentjies en ‘n partytjie Saterdag. Ek is sommer baie lief vir haar.

Liefde en groete

Van Ouboet John

54 Responses to Spiderman

  1. Wipneus! says:

    Pikkie jy laat my sommer tjank 😦

    “Dis ‘n groot plesier Ouboet, solank jy net gelukkig was, is ek ook happy!!!” baie liefde en drukkies ook vir jou!!! 🙂

    Dit is ‘n pragtige koek, ek sou graag ook so een wou gehad het, as ek nog ‘n kinders was, of wag nee!! ek vergeet ek is nog ‘n kinders??? 😆

    Bak jy nou uit sussie???? LOL
    x x x

    • Pikkelik says:

      Ek lief jou stukkend Siamees…. Baie, baie dankie! EN, ek bak nie uit nie!!!!!! 👿 As dit nie vir my pret was om op koeke te teken nie, sou ek seker nooit so iets aangepak het nie! 😆

  2. Zee says:

    Tsk, 7 min en 14 sek… nou sal ek maar hier sit en drool oor my stukkie koek! 🙂

    Pik, jou koek het pragtig uitgekom!

    • Pikkelik says:

      Dankie Zee, en dit alles sonder ‘n versierbuis!!! Kan jy glo, ek het met ‘n plastiese sakkie en ‘n buispunt reggekom. Ek het wel agterna die versierbuis stukkend in die sandpunt gekry….

  3. Wipneus! says:

    Hei jy maak my skaam!!! 😳

  4. boendoe says:

    Fnok, Pik, time jy dit??!!! 😯 Whahahahahaha!!!

    Maar jou koek is stunning, hoor! 😆

    • Pikkelik says:

      A ja a, hoe dan anders… Ek wil mos weet hoe lank dit vat… Ek moet egter bieg dat ek ‘n baie bekommerde ma sou gewees het as dit dalk 7 ure gevat het!!! 😆 Dankie Boendoe!!! 😳

  5. krista says:

    Cool! Kan ons maar bestellings plaas?

  6. Dellie says:

    Very nice! Jy is baie kunstig! Het hulle darem eers gekyk hoe LYK die koek voordat die swerm dit verorber het? En onthou ek reg – verlede jaar se koek was mos so ‘n dinosaurus ene? Issit sowaar al ‘n jaar later?

  7. Adrie says:

    Oulik gedoen

  8. BB says:

    Ek dink ook jy’s super-über-kunstig!!! Mooi-mooi koek daai!! As ons ammal nou eendag in die van spring en kom kuier gaan jy vir ons ‘n Blog-koek bak nê?!! 😉

  9. Sammi says:

    Jinne Pikkie
    Toe kry jy daai rooi reg – indrukwekkend!! Nee wraggies meisiekind jy KAN maar, wys jou net, as mens wil KAN mens!

  10. parkes1 says:

    Baie Oulik absoluut niks verkeerd met daai koek nie!

  11. Roer says:

    Pikkie, mooi gedoen. Jy’s ‘n mamma duisend. Ek het so met die jare agtergekom, die kinders voel eintlik ‘n veer vir jou ‘foute’ wat jy mag sien met jou koek. Dis bont, dit het ‘n tema en dit bevat suiker, dus maak gereed, VREET. 🙂 Maar later as Boeta na die foto’s kyk van sy cool partytjie en koek, sal hy weet met watse liefde dit gemaak is.

  12. Sandra says:

    Baie oulike koek. Ek’s seker die maatjies en verjaarsdagmaat het dit baie geniet!

  13. Nimsi says:

    Baie geluk aan John met sy 5de verjaarsdag al is nou so baie laat.
    Jy kan regtig n paar pennies maak met koeke bak en versier, weet dit is harde werk maar nie alle mammas is so talentvol nie… oorweeg dit!
    Nimsi

    • Pikkelik says:

      Dankie Nimsi, maar ek dink nie ek het die geduld daarvoor nie! Maar as die nood druk, druk ek hom altyd terug, so daai opsie gaan ek oophou!

  14. Teddiebeer says:

    Baie geluk Ouboet, ek hoop jy het lekker verjaar.
    Vat jy volgende jaar die koek skool toe?

  15. Dit het baie mooi uitgekom! Dit lyk so lekker!
    Ek wil ‘n batman koek he…gaan jy vir my ene pos?

    As ek ‘n oond gehad het kon ek self probeer, maar Korea is oondloos!

    • Pikkelik says:

      BATMAN!!! Dan sal jy solank swart koekkleursel moet soek en vir my pos! 😆 Hierie plek is rerig niks meer as ‘n gloryfied poskoetsstasie nie!!! /me koes vir die donkiemis wat deur die inwoners na my kant geslinger word….

  16. Nee man! Ek pos ‘n paar inkvisse dan melk jy hulle vir die swart ink!

  17. Wipneus! says:

    O hier is die inkvisse??? Sy gebruik dong Pikkie verskoon maar!!! whahahahaha 😆

  18. Dong in Koreaans beteken drol! Ek is nie op dong nie hoor!
    Maar Wip is verseker op BONG!

  19. Wipneus! says:

    whahahaaaaaaaaaaaaaaaaaaa uhmmm sê net eers vir my wat is Bong dan kan ek antwoord

  20. Wipneus! says:

    Gelukkig is ek nie op drol nie! whahahaha

  21. Ek kan nie hier se wat bong in Koreaans beteken nie, netnou lees kinders hier!

    Maar jy is op die Engelse bong! Dit weet ek verseker!

  22. Wipneus! says:

    Issie! :mrgreen: ek is so skoon soos ‘n kuiken wat nou net uit die eier geklim het! 😉

  23. Jy’t duidelik nog nie mooi na ‘n kuiken gekyk wat pas uit ‘n eier kom nie ne?

  24. Wipneus! says:

    O sies!! ek probeer eet hier! 😆

  25. Sies is die feit dat jy so agter en oor jou rekenaar probeer eet bAng-bOng!

  26. Wipneus! says:

    Waar eet mens dan deesdae? Ons het nie ‘n eetkamer nie 😦 Jy diskrimineer teen my!!

  27. Ek kan aan baie beter plekke dink as so oor jou rekenaar! G’n wonder die outjie willie so lekker werk! Dis van al die krummels… 😉

  28. Wipneus! says:

    whahahaaaaaaaaaaaaaa dit was my num lock wat per ongeluk afgegaan het. Ek verstaan nie die ding het ‘n wil van sy eie! 🙂

  29. hUH-UH! dIT WAS ‘N KRUMMEL!
    Jy moet lekker Bong die res van die aand, ons kuier more verder!

  30. juffer says:

    Baie geluk! 😉

  31. Hallo daar

    Ek kom net gou `n uitnodiging rig. Ek het op die net ’n lys van Afrikaanse boeke raakgeloop wat ’n ander blogger deurwerk. Die lys het van die beste boeke in Afrikaans sowel as ’n goeie kombinasie van ligte en literêre werke. Nou nooi ek diegene wat wil om saam aan dié leesavontuur deel te neem. Maak gerus ’n draai en kom loer! http://corlivandermerwe.wordpress.com/my-groot-afrikaanse-leesavontuur/

    Groete van huis tot huis

Leave a reply to parkes1 Cancel reply