Earth hour en Monopoly (uiteindelik…)

Ek het ‘n idee Upington se mense lees nie koerant, kyk nie nuus, en het definitief nie internet nie!   Earth hour het bykans nie bestaan nie!!  Net ons ou stukkie aarde in ons hele omgewing se liggies was af…  Rerig….  Ons sit hoog bo teen Swartkop en kan vêr en goed sien en sover jy kyk was die liggies aan…   Almal…   Spreiligte het geskitter, huisligte het geskitter alles het geskitter…  Natuurlik het ek ampertjies 2 ure lank Earth hour gehad…  Ek het my tye bietjie verkeerd gehad en toe Carina se SMS deurkom dat ek nie moet vergeet van die uur nie was my ligte al amper vir ‘n halfuur af!!                  😳

Maar dit daargelaat!   Ek het Earth Hour(s) gehad en basta!   My beplanning was ook goed gedoen.  Eerstens was die kinders sommer vroeg, vroeg gebad, geëet en gebed.  Niks nonsens Mamma was op diens en dan weet hulle daar is niks van teëpraat nie.   My kerse het ek die hele slaapkamer vol rankskik.  Vroegtydig.   Daarna het ek die Monopoly bord uitgekry, (Mynick het die speletjie vir Kersfees present gekry en dit was dan amptelik sy inwyding) en staangemaak op die bed.  Toe ek die ‘bank’ uitpak skrik ek my inne ander bloedgroep in!!!!   Goeie Griet!!!   Nou kyk, in my dae was jy ge-issue met:  R200.00, 2 x R100.00, 5 x R50.00, 8 x R20.00, 12 x R10.00 en 14 x R5.00 of so iets!

Die Geld is nie meer kleingeld nie!!!!   Daar is R50 000.00, R20.000, R10.000,00 en so aan en die kleinste noot is R1 000.00!!!!!  Ek was geskok!!!  Selfs Monopoly hou tred met inflasie!!  Maar dit is nie waar die ontnugtering eindig nie!   Die strate is nie meer Smit straat en West Straat nie!  Dit is Sandton, Hillbrow, Northcliff, Port Elizabeth en Knysna!!   Serious!!!   En die woonstede se pryse is sommer so R40 000.00 vir sommiges!  Die stasies is ook vervang met Lughawens en raai wat!  Dit is nie meer ‘Vorder R200.00 in as jy by begin verby gaan.’ nie, dit is nou ‘Vorder R20 000.00 in as jy by begin verby gaan.’!!   Verbeterings aan ‘n huis kos nou ‘n minimum van R3500.00 per huis.  O ja en onthou julle daai ‘Gemeenskaps kas’ kaartjie wat gesê het:Baie geluk, jy het die tweede plek in ‘n skoonheidskompetisie gewen, vorder R50.00 in vanaf die bank! – huh uh, dit lees nou – Baie geluk, jy het die tweede plek in ‘n skoonheidskompetisie gewen, vorder R20 000.00 in vanaf die bank!!!

Maar nou het ek alweer ‘n lang afdraaipaadjie geloop, 5 minute voor die ligte moet af gee ek vir Mynick die Earth hour Monopoly se reëls en laat spaander kamer toe om al die klere wat ek moontlik oor mekaar aangetrek kan kry aan te trek.  Hy het die reëls so een keer vinnig deurgelees en toe met net so ‘n spoed laat loop!  Ek het my ampertjies doodgelag!  Hy het op ‘n stadium selfs van die kinders se klere oor sy enkels en gewrigte aangetrek, maar toe die klok slaan moes ons stop en net daar het ons spel begin – Strip Monopoly op sy beste…

Ek het nou genoeg geheime weggegee, so as julle klompie ou getroudes nie weet wat om more-aand te doen nie, haal die Monopoly bo uit die kas uit!          😈                   Lekker naweek vir julle almal.  As julle ry, ry veilig, wees goed vir mekaar, wees lief vir mekaar en pas julleself mooi op!

Lief julle

Pikkie

13 Responses to Earth hour en Monopoly (uiteindelik…)

  1. Adrie says:

    Ek sal maar eerste😳

  2. Wipneus! says:

    😯 Ek gaan nou dadelik ons Monopoly soek!!! Mens Piksie maar jy is goed vir ons, om sommer so verniet tips uit te deel!! LOL

    Lekker naweek vir julle ook!
    Uhmmmmm Pikkie wanneer kry ek weer foto’s van my aanneem kinders in my pos boksie!!! Etlike weke het nou verby gegaan sonder die nodige bewyse van vordering!!!!!
    Ek vra maar net… 🙄

  3. Sonkind says:

    Ek dink vanaand is die aand vir Uno speel😈

  4. Huisvrou says:

    Vragie….
    Het julle geweet waarvoor besemstokke baie goed werk?
    Sodra ek die kinders kan pos (na ouma toe), gaan my besem sy staan moet ken….

    Pikkie, jy maak die “verleidster” in my wakker!😆

  5. Sandra says:

    My seun versamel verskillende monopoly stelle en het selfs die wat met dvd en ‘n kredietkaart werk – maar ek sal hom weg moet hou van hierdie blog af want anders wil hy strip-monopoly ook speel🙂

  6. flippiefanus says:

    Hooeee! wat nie alles daar in Upington uitbroei nie! Seker die dat die hele dorp maar liewer die ligte aanhou.😉

  7. Krista says:

    /me maaki nota . . .

    Ek vrek oor jou, Pikkie!

  8. Nimsi says:

    Ag nee man Pikkie! Huko het jy nie gese meisies van 47 moet stadig speel nie! My rug is seer vanmore! Stuur vir my asseblief n houertjie van daai “perresalf” wat julle verkoop vir die seer spiere!
    Dankie!
    Nimsi

  9. Dellie says:

    Great idee!😉

  10. Ogies says:

    Pikkie! Kry ek nou skaam…. Ag lekker. Ek gaan sommer die kinders vannaan 7 uur in die bed sit!!!

  11. Pikkelik says:

    Adrie – tegnies was ek eerste maar as dit jou laat beter voel!! 🙄
    Siamees – ek stuur vir jou so gou as moontlik….
    Sonkind – hoe was die Uno toe gewees???
    Huisvrou – besemstok??? Nee ek weet rerig nie, jy sal maar vir my moet e-mail!! 😆
    Sandra – Nope, jou seun kan beslis nie hierdie inskrywing lees nie!!! Miskien moes ek ‘n ouderdomsbeperking opgesit het, maar ek het darem nie gedink dis suggestief nie…
    Flipsie – Ai julle onromantiese mans….
    Krista – ek vrek oor julle ook julle onbehoorlike dierbare goed… terloops, Roxy word 14/04/09 gesteriliseer… Dink maar aan die arme diertjie 😉
    Nimsie! – 😆 😆 😆 Nou hoe speel jy Monopoly dat jou rug pyn??? 🙄 Hiers vir jou bietjie perresalf!! 😆 😆
    Dellie – I do try! 😈
    Ogies – 7 uur???? Jitte het jy engeltjies???? Whahahaha, vir my is vroeg 8h30 as ek gelukkig is… ek het eintlik twee terroriste in vermomming…. 🙄

  12. Ogies says:

    Pikkie, ‘n girl can dream… Mia slaap gelukkig half agt id aand tot 7 uur die volgende oggend. ‘n Engel hierdie kind van my! Franco slaap gewoonlik @ 9 uur, mits mamma natuurlik saam met hom in haar bed gaan lê en stories vertel!! En dan raak ek mos ook nou so per ongeluk aan die slaap daar in my eie bedjie… Gelukkig slaap hy darem ook tot 7 uur die volgende oggend!! Maar hulle is nie so deurslaperig omdat hulle so oulik is nie, eerder omdat ek so ‘n useless asem is in die nagure. Hulle moes maar self tot die gevolgtrekking kom dat die beter is om nie wakker te word in die nag nie! LOL @ myself, wat so dof is in die nag!

  13. Huisvrou says:

    Pikkie,
    Ivy Sutton (en sy is ‘n ds se vrou!!) het by ons ‘n praatjie aangebied, en vertel dat na haar geselsie met die dames in Klerksdorp, die eienaar van P&P wou weet wat gebeur met al die besems in die dorp…. Party dames was seker bietjie swaar vir die _aal dansery….🙂 Goedgaan

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: