My grootste sonde tag…..

Ag sies, Adriana Margaretha Swanepoel!!!   Dis ‘n liederlike tag!!!   Jiggie…..

My grootste Sonde (ek haat opstelle skryf!)                    👿

Ek het SOVEEL sondes dat ek rerig nie kan dink wat die grootste een van die spul is nie, maar sal maar ‘n lysie maak en sien waar kom ons…

1.   Ek hou niks van kosmaak nie….   Niks…..   (What is on tonights menu???   Take it… or leave it….)

2.   Ek haat dit om na werk eers ‘n klomp draaie te ry….   Ek wil huistoe gaan en klaarkry….

3.   Ek is nie ‘n sosiale mens nie, ek hou nie van kuier nie, ek willie uitgenooi word na die en daai se braaivleis nie, ek willie saam met mev. So en so gaan eet nie…  Ek kies my vriendinne met ‘n tweezer….

Moontlik is dit my grootste sonde…  Ek kies my vriende met ‘n tweezer…   Maar ek is ook nie ‘n mens wat enigeen ooit doelbewus sal aanstoot gee nie.  Ek is egter nie bang of bekommerd om nee te sê nie.  En ek dink  nie verskonings uit nie…  Ek doen nie, want dit is gewoontlik leuns en ek vertel nie leuens nie punt.   As ek uitgenooi word en my antwoord is nee, dan is dit nee.  Klaar, ek hoef aan niemand verslag te doen oor my doen en late nie en verder was dit bloot net ‘n uitnodiging, dis nie asof ek in die hof moet verskyn of  ‘n operasie moet ondergaan nie.   ‘n Uitnodiging kom tog daarop neer dat die ander persoon dit kan aanvaar of afkeur…   As ek dit afkeur hoef ek moes nie vir iemand te vertel dat my boetie se vrou se skoonsussie se sussie se woonstelmaat se ouma vir my kom kuier nie of hoe????

Is dit swak maniere??  Ek glo nie.   Ek is geregtig om my eie privaatheid, om tyd saam met my gesin deur te bring, tyd om by my huis deur te bring en tyd om saam met my man deur te bring.  Niemand kan dit van my wegneem nie en dit is amper soos vanaand se menu….  take it… or leave it….

Ek is dan ook so ingestel dat ek nooit enigsins aanstoot neem as iemand nie kan kom as ek ‘n uitnodiging rig nie.  Iemand kan my selfs 5 minute voor die tyd skakel en dit is reg met my…

Na ja toe, Adriana…   Ek moet loop werk…   Hier is jou huiswerk, lekker merk en as ek een rooi kruisie of kring om my werk kry rapporteer ek jou by die blogpolisie!!!

Praat weer more want ek moet julle vertel van die Monopoly storie…  Ek kom net nie daarby uit nie…                         :lol:                      😆

Ek tag vir Ogies, Roer, Juffer en Sammi….

13 Responses to My grootste sonde tag…..

  1. Adrie says:

    Ek voel al soos die enigste sondige mens op WP as ek so na julle issues kyk.😦 Maar jou huiswerk is in en jy het darem nie gekroek nie. :mrgreen:

    Langenhoven het gese: Wees goedkoop met jou vriendelikheid en duur met jou vriendskap. Dit is waarmee ek ook lewe.

  2. Wipneus! says:

    Dankie dat jy my met ‘n tweezer gekies het !!😆

    Nee wat ek dink nie hierdie is sonde nie! So jou boude skuur darem so haarbreedte by die warmplek (hel) verby!!

    Lekker dag siamees!!

  3. Ek haat dit ook om kos te maak, veral as dit net ek is!!!

  4. Paula says:

    Oor die kosmaak stem ek saam … en ek is ook baie erg oor my privaatheid!

  5. Sammi says:

    😆 Pikkie, nou gee jy vir ons daardie ” liederlike” huiswerk?!
    Okie dokie – gee kans ‘seblief!

  6. Sonkind says:

    Ek sien nou my eintlike sonde is nie te erg nie – dis baie naby aan joune. Ek hou van mense – maar in bitter klein dosisse. Dalk gaan doen ek nog my huiswerk – net om vir Adrie te bewys ek is NIE ‘n kroek nie😈

  7. White Knight says:

    Dagse Pikkelik
    Nee wat dit wat jy sien as sonde hier is niks minder as die uitvoering van jou demokratiese reg nie. Buitendien as mense vanaf ‘n spyskaart wil eet elke dag kan hulle gerus maar by die hotel of restaurant gaan inboek permanet.
    Groete

  8. Pikkelik says:

    Adrie – Ek kroek noooooiiiiit nie, net so nou en dan!!! 😈
    Wipsiamees – Definitief met ‘n tweezer gekies! Jy is spesiaal!
    Kaalvoeters – ek het ‘n vermoede as ek alleen bly sal ek of bitter baie gewig verloor of so dik soos ‘n bus word van al die take-aways!
    Paula – voëls van enerste vere
    Sammi – Jy het kans vriendin, ek het gesien dit gaan maar beroerd stadig daar by jou toe dog ek om jou uit te help.
    Sonkind –😆 @ klein dosisse – Ek is mal daaroor!!
    Ridder – My reg ja!!! Hie, hie, ek hou van jou attitude, maar ek moet darem bysê my gesin het al geleer om nie vol fiemies te wees nie, want ek is bevrees hulle sal dan honger bly… 😳

  9. Adrie says:

    Son is ‘n kroek.

  10. RB says:

    Ek hou ook nie van mense nie – het teveel seergekry in my lewe met iemand wat jy dink ‘n vriendin genoem kan word en dan is sy eintlik jou grootste vyand.
    Nou die dag vra ek my man hoe sal ek op ‘n plaas aard en sy antwoord was dat ek dan ‘n totale kluisteraar sal raak, want nou sien ek darem mense by die werk en om die huis ry!

  11. Roer says:

    Sorry, ek sien nou eers Pikkie. As jy nie omgee nie, gaan ek jou sommer die kort weergawe net hier gee. Ek, Roer, haaaaaat my kinders se hond. Daarsy. Seker nie my grootste sonde nie, maar ek voel skuldig daaroor. Ek like hom nie eers ‘n bietjie nie.

  12. Sammi says:

    Nouja, noudat Roer kortliks haar “grootste” sonde aangespreek het (ek neem aan dis haat) gaan ek myne ook sommer hier by jou plaas.
    Ek HAAT ons korrupte, egosentriese, vieslike, rondhuppelende leierskap!? En ek mag nie haat nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: