Elke week se langnaweek…

Met die dat ek nie Maandae werk nie voel dit nou mos vir my of ek elke week ‘n langnaweek het!   Eish!!!   Ander sal nou dink dis die lewe maar my brein wil nie so lekker inskop met hierdie affêre nie!!!   Elke Vrydag sien ek uit na die naweek.  Kan nie wag om tuis te kom nie, en teen Saterdagaand as Mynick by die huis kom is ek poegaai  ‘naweek’  gehou!   Maar dan sien ek darem uit na ‘n Sondag wat ons gesinsdag is.   Almal tuis, almal ontspanne (soortvan)  ‘n lekker ete en verder rustig wees…..    En dan kom Maandag en soos ek deur die huis en tuin loop beleef ek die chaos!!!

Maria!!!!!   Wanneer laas het jy die kaste politoer gegee!!!    Maria!!!!!   Kyk hoe lyk die stort in die kinders se badkamer!!!   Maria!!!!   Stofsuig jy dan nooit onder die beddens nie!!!   Ouboet!!!!!   Nee kriesel man, tel op hierdie speelgoed!!!    Poppedyn!!!!!    Moenie die koeldrank uit die beker suig en dan op die hond uitspoeg nie!!!!     Bêrend!!!!!   Wat hang jy dan weer vanoggend so op die graaf!!!   Bêrend!!!!   Ek kan nie naby jou kom nie, jy ruik die ene gefermenteerde wyn!!!  En so kan ek aanhou en aanhou en aanhou!!!

So kom dit toe gister dat Maria haar stert vir my in ‘n krul in wip oor die stof onder die glasblad van die spieëlkas!!!   Sy het dan nou nie geweet sy moet daar ook skoonmaak nie en om als te kroon kom Bêrend al sylende by die werk aan…  So dronk soos ‘n afkophoender!   En Maandae is ons waterpomp dae….   Omdat ons uit die kanaal uit water kry en ons met 4 ander huise deel, kan ons net Maandae en Donderdae die pomp gebruik…  En as ons nie ons damme en tenks kan vol pomp nie het ons nie water nie!!!

Nou ja ek suiker toe af met Poppedyn op die rug en Ouboet aan die hand kanaal toe…  ‘Start’ die pomp, loop die 800  meter terug huistoe en maak krane oop en toe soos ek aangaan…   Die pad is vol dorings en ‘n pendoring steek dwarsdeur Ouboet se hardloopskoen tot binne in sy hak…  Dit is nog ongeveer 400 meter huis toe.  Besluite, besluite….   Kan nie vir Popsie daar los en eers vir Ouboet huistoe vat nie…  Kan ook nie vir Popsie huistoe vat en dan vir Ouboet kom haal nie want die kind is in pyn en om by die huis te kom is nog ‘n paar draaie en hy gaan my dan nie meer sien nie…  so kom dit toe dat Ouboet op my rug klim en Poppedyn aan my voorkant land soos ‘n apie en ek al kreunend en steunend die pad opbeur met my 35kg las!   Tuis, slaan ek soos ‘n os op die bank neer om eers weer asem te kry terwyl Ouboet NOG onverpoos grens oor sy seer voet en Poppedyn soos ‘n 7 single wat vashak:  Perdjie hy, Perdjie hy!!!!!

Om alles te kroon stuur ek toe mos vir Maria om net die 20 liter emmer met die steriliseerder in die huisdam te gaan gooi en haar voet hak vas en sy struikel…  Sy het nie seer gekry nie, maar R23,50 is in hulle maai in….

Ek was vanoggend sooooo bly dit is Dinsdag….

9mrt09-276More meer hieroor en …

monopoly_boardhieroor….                      😈

Moenie skrik as dinge vinnig verander en vreeslik vreemd voorkom nie!!!   Die Blik is besig om ‘n Bakkies-plakkie te ondergaan….

27 Responses to Elke week se langnaweek…

  1. Ogies says:

    Pikkie, ek lag nou so lekker. Jou vorige post was ” nie ‘n oomblik te vroeg nie!” En nou is jy so dankbaar vir die week om te begin! Ai, ons vrouens wil ook darem ons brood aan beide kante gebotter hê!!

  2. Dellie says:

    Hahaha, wees bly jy is dan nie elke dag by die huis nie!😆

    Ouboet se voet darem oraait? Daai dorings kan lekker brand.

  3. Wipneus! says:

    Whahahaha crazy!! 😆

    Ek wens ek kan ook elke week langnaweek hê, nee wag, ek wens ek kan naweek hê!!

    Lekker inskrywing oor die wel en weë van Pikkie en haar lewe in Upington!!

    geniet die week
    x x

  4. BB says:

    Og, ekke lees jou regtig vrééslik lekker!!! xx

  5. Nimsi says:

    My innige simpatie Pikkie want jou maandag was blou vrou, DONKERBLOU!
    Nimsi

  6. Rustig says:

    Dalk moet jy nie opstaan Maandae nie! Nog so paar maande en jy het alles onder beheer. Ook met kanaal water groot geword. Jy moet jou tyd benut al is dit ook 3 uur in die oggend anders mis jy jou beurt.

    • Pikkelik says:

      Rustig!!!! Iemand wat verstaan!!! Ek hoor vanoggend as die winter kom gaan ons net al om die tweede week water hê!!!! Jeits…. Ek sal maar moet begin beplan aan ‘n strategie!!

  7. ‘n Lekker, op sy kop, navy blou Maandag!

  8. poplap says:

    My liefste pikkie

    jammer ek so stil ek kan mos nie sms nie iets verkeerd met my msg centre het jou smse gekry jy is tog my son my liggie van my lewe, ek dink aan jou elke dag, en bid dat dinge beter gaan met julle… ek is tog baie lief vir jou moet dit nooit vergeet nie….geniet jou dag verder…

    poplap🙂

    • Pikkelik says:

      Haai Kleintjie!!!! Lekker om weer van jou te hoor!! Kyk mooi na jouself en gee Tannie Pikkie se twee kleingoed ‘n vet drukkie en BBBBAAAAIIIIEEE soentjies!!!

  9. ek soek ook iemand wat my so abba!

    • Pikkelik says:

      Rosa!!! Beslis nie ek nie!!!!! 😈 Dalkies kan jy vir jou ‘n WWF stoeier huur wat jou sommer sal rondabba as deel van sy daaglikse oefening!!! 😆 😆

  10. Sandra says:

    Nadat ek jou post gelees het weet ek nie wat is die beste nie, Maandag op Dinsdag of Maandag of Sondag soos hier by ons?

  11. ADRIANA says:

    Huiswerk . . . .👿

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: