Drie plae

flies_bigVlieë….

gnatMuggies…..

aen1bfMuskiete….

As ons nie nog doodgaan van een of ander onbehoorlike siekte wat die gedroggies aandra nie, gaan ons onsself nog doodslaan…..

29 Responses to Drie plae

  1. boendoe says:

    Jy kan dit wraggies weer se. Nou die aand vlieg daar so maer swart goggatjie teen my oog vas. Ek klap en klap maar hy KLOU. En toe begin dit brand soos ‘n kool vuur onder my oog. Toe ek hom uiteindelik af het, was daar ‘n rooi merk, en dit het begin swel. Ek was op daardie stadium in die kroeg, en het bietjie whisky aangesmeer wat darem gehelp het vir die brand.

    Nou loop ek met ‘n maroon vlek onder my oog rond. Die wat nie daar was toe dit gebeur het nie, is te bang om te vra. Netnou lyk ek so agv huismoles, dink hulle seker! 😆

  2. Pikkelik says:

    Praat jy nou Boendoe… My bene lyk soos ‘n ernstige geval van gekrapte waterpokkies… Ek is allergies vir ‘n muggiebyt!! Blou, pers en groen merke my bene vol. Mens kan dit nooit meer waag om buite te wees nie… Innie dag dra die vlieë jou weg en laat daai son net sak, dan sleep die muggies en muskiete jou al die pad kanaal toe… Nee heiden, dis ‘n nagmerrie… Die arme honde is al flenters gebyt… Ek verkoop meer Shoo-fly as hondekos, entstof en perdedip saam!!!

  3. Sandra says:

    Vliee is ‘n groot plaag as mens in die hitte in die woestyn sit, alles lyk so swart toegepak. Dis asof hulle nooit mens sien nie en dan kom almal loer. Gelukkig is muggies en muskiete hier bietjie minder, maar ek sal tans sand ook as een van my plae wil lys..

  4. Sonkind says:

    Ek het per ongeluk uitgevind dat Deep Heat help vir die jik en daar is ook agterna nie eers ‘n merkie oor nie!

  5. Moet liewer nie gaan oplees oor watse peste die peste kan oordra nie…jou hare sal regop staan!

    Die muskiete hier los sulke moviese knobbels en die goed is so groot as hulle jou bloed uitsuig duik jou kopbeen sommer in!

  6. Wipneus! says:

    😆 Nou wil julle weet hoekom hang daar ‘n “Doom” blik om my nek! 😳 Maar watch een van die dae hang almal so blik om hulle nekke. Ek gee net die nuwe trend aan! 😉

    Lekker dag Siamees!!

  7. Roer says:

    lol@Pikkie en Kaalvoet! Lekker lag ek nou. Julle klomp moet ‘stand-up’ oorweeg.😆

  8. Mosquito Spray...Worth a try says:

    Mosquito Spray…Worth a try

    I was at a deck party awhile back, and the bugs were having a ball biting everyone.
    A man at the party sprayed the lawn and deck floor with Listerine, and the little demons disappeared.
    The next year I filled a 4-ounce spray bottle and used it around my seat whenever I saw mosquitoes.
    And voila!
    That worked as well.
    It worked at a picnic where we sprayed the area around the food table, the children’s swing area, and the standing water nearby.
    During the summer, I don’t leave home without it…..Pass it on.

    OUR FRIEND’S COMMENTS: I tried this on my deck and around all of my doors. It works – in fact, it killed them instantly. It will last a couple of days. Don’t spray directly on a wood door (like your front door), but spray around the frame. Spray around the window frames, and even inside the dog house.

  9. krista says:

    Wat van as julle julself met citronella-room insmeer? En ‘n Citronella kersie of 20 brand?

  10. demoerin says:

    Sjoe, dit klink nie lekker nie… en daar is NIKS so irriterend vir my soos vlieë wat ‘n oorlas van hulleself maak nie.
    Sterkte! Kry maar bietjie Deep Heat Arnica Gel vir daai byte… en ja vergeet liewer van die siektes wat rondgevlieg word!

  11. Pikkelik says:

    Kyk nou net!!! Die dae van wonders is nog nie verby nie!!! Ek het sowaar almal se kommentaar geantwoord! 😆 😆

  12. Die goed hier is wild hoor en het sulke racing stripes oor hul gatte geverf!

  13. Zee says:

    Pikkie…. ek het nou nie al die kommentaar gelees nie, maar ek het die beste raad gekry op my blog vir brandboudjies….. ja en dit werk sommer vir al die gejuk vir muskiet byte ook. BULBINE Plantjie. Ek vat elke aand ‘n stukkie saam kamer toe, en sodra dit begin juk smeer ek van die sappies aan… glo vir my, die gejuk en brand gaan binne ‘n paar minute weg.. En die plantjies kos maar so iets soos R20, gaan kry vir jou ene!
    Nella het hierdie raad vir my gegee…Sy het vir haar ‘n gesondheidsplantjie in haar tuin geplant. Sy groot naam is Bulbine – kry dit by enige kwekery (so R25). Sy blare is amper soos ‘n vetplant s’n. As jy ‘n blaar afbreek loop daar so ‘n sousie uit – glad nie taai nie en ruik ook na niks…. Probeer gerus, dit WERK!

    • Pikkelik says:

      Zee, ek het self so ‘n ou plantjie, maar jittetjie, ek wil iets hê dat die goed my NIE byt in die eerste plek nie…. En nou moet ek ook sê ons het damme, bly naby die kanaal, het baiie plek vir die pestelensies om uit te broei….

      • Zee says:

        Ek het ‘n briljante plan vir julle!!!!

        Vra vir Wipsnoet om elke aand daar van die maan af vir julle so muskietnet af te beam wat die hele huis bedek……. Probleem opgelos!

  14. Pikkelik says:

    Whahahahahaha! Zee!!! Briljant!!! Jitte, jy moes nou nog net Engels gepraat het!

  15. Ek dink julle moet van daai suits aantrek wat die “bee keepers” dra… of julle moet begin tobasco eet sodat hulle kan ontplof as hulle julle bloedjies waag uitsuig!

  16. heartbroken says:

    I struggle now 9 years of moskito and flea bites-notice I am alergic and nothing helps-it get worst and I cannot even wair shorts or skirts as it is like a blanket over my leggs-makes me embarrest to walk and hang out my friends-and I don’t find any cure who could help me get rid of this marks and itching-if you know of any I would be so blessedm thank you for reading and make time.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: