Al weer by die gelukkig storie….

Gisteraand lê ek in die bed en doen weer daai ‘selfondersoek’ ding….  Ek hou nie baie daarvan nie, maar so met gereelde tussenposes is dit vir my noodsaaklik, my grootste vrees in die lewe is om balans te verloor…   Nou lê ek vir myself en vertel dat ek gelukkig is…

Gaan doen gou hierdie toets en kyk watter soort gelukkig             :roll:                 jy is:


You Are Peaceful


You are feeling very serene and centered. You’re content with your life.
You have a clear head and a peaceful spirit. You are relaxed enough to appreciate what you have.

You are able to let go of your fears. You are trusting and generous toward others.
You live a quiet, mellow life. It may not be dramatic, but it’s very fulfilling.

What Kind of Happy Are You?

Gelukkig, hoekom???   Want ek het my man, en my kinders….  Ouers wat nog lewe en gesond is, ‘n broer…  ‘n nuwe sussie teruggekry…   kos, klere, ‘n lieflike, lelike dak oor my kop.  My kinders is gesond (ek praat nie nou van verkoue of diarree nie…). My man is gesond.  My man het ‘n werk, ek het ‘n werk.   Die kinders is baie gelukkig in hulle onderskeie skole.  Ons het twee voertuie, weluswaar horingoud, maar altwee is nog in ‘n lopende toestand.  Ek het vriendinne, wat rerig omgee.  Ek geniet my werk…   so kan ek seker ‘n hele klomp ander goed ook opnoem.  Die punt is, maak nie saak hoe bitter donker omstandighede is nie, die Here voorsien daagliks.   Maar heelaas, dit is nog steeds nie hoekom ek ‘gelukkig’ is nie…

Ek dink my gelukkig wees gaan baie dieper as die oppervlak.  My een vriendin sê altyd ek steek ‘n duisendpoot onder my hemp weg.  Daar is altyd ietsie wat my maag kielie.  Maar dis ook nie waar nie!   Ek dink iewers in my lewe, nie baie lank gelede nie, het ek net die genade ontvang om te kan terugstaan, ‘n saak kan evalueer en dan ‘n doelbewuste keuse te maak om die positiewe daarvan raak te sien.   Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek kan ook depro raak, ek kan ook kwaad raak, ek kan ook hartseer wees, bekommerd wees…  Ek kies net om dit nie my denke te laat oorheers nie.   Ek lewe nie rerig in Lalaland nie, my wolke het nie almal silwer randjies nie…    My glas is nie halfvol water nie…  Die feit van die saak is eenvoudig my glas het water in.  Punt.  Maak nie saak wat die hoeveelheid is nie, daar is water in.

As ek nou nie sin maak nie, blaai maar aan, maar op hierdie stadium is ek net besig om te probeer sin maak van my eie brein.  As mens eers daar kom weet jy dis nie meer lank nie, so hou maar net uit.  Een van die dae verstaan ek myself….

16 Responses to Al weer by die gelukkig storie….

  1. Kokkewiet says:

    Sjoe ja, ek voel baie soos jy, ek verkies ook om die positiewe raak te sien. Het wel nou deur ‘n ‘donker’ tyd gegaan, maar ek is daardeur!🙂
    Hier is my soort gelukkig…..

    You Are Affectionate

    Your life is full of love and friendship – and you always have more to give.
    You have an open heart. You are willing to take that leap and put your faith in people.

    You see the good in everyone and everything. You are a very sympathetic person.
    The people you love make you very happy. You feel warmly toward those around you.

  2. Kokkewiet says:

    Ja, my lewe is vol liefde en vriendskap – maar waar is die man??????😦

  3. dianamonroe says:

    Altyd goed om terug te staan uit die lewe, jouself te verskoon en te gaan self ondersoek doen Pikkie!! 😉

    En binnekort gaan jy aan die vlieg gaan😆

  4. Louisa says:

    Ek het ook jou toetsie gaan doen (vind die goed mos onweerstaanbaar)…myne se^ You are Excited!

    You are vibrant and lively. You bring passion to everything that you do.
    You are very animated and energetic. People find you dazzling and charming.

    Beyond being happy, you are optimistic and enthusiastic.
    There’s so much life to live, and you’re eager to experience so much!
    😆 Weet jy Pikkie, van die gelukkigste tye wat ek kan onthou is van die tye wat ek die minste goed gehad het. Dis soos jy se^ dit maak nie saak hoeveel water in die glas is nie, daar is water in. Dis moeiliker om die klein goedjied te waardeer vir die wonderwerke wat hulle partykeer is wanneer jy omsingel is.

  5. netjane says:

    Mens moet jou eie brein verstaan!! Klink of jy op ‘n goeie plek in jou lewe is.

    Hier’s my tipe: (ek stem baie saam!)

    “Engaged” – You feel completely absorbed and intrigued right now. You’re cheerfully busy.
    You’re alert and completely involved with everything you do. You don’t walk through life half-asleep.

    If you’re interested and engrossed, then you feel incredibly happy.
    You are constantly curious and never bored. There’s too much to be fascinated with!

  6. Adrie says:

    You Are Engaged

    You feel completely absorbed and intrigued right now. You’re cheerfully busy.
    You’re alert and completely involved with everything you do. You don’t walk through life half-asleep.

    If you’re interested and engrossed, then you feel incredibly happy.
    You are constantly curious and never bored. There’s too much to be fascinated with!

    Nogal waar

  7. boendoe says:

    Pikkie, ek gaan nie jou toetsie doen nie. Op die oomblik is ek onvergenoegd en galbitter. 😉

    Maar, jy is ‘n ou sterretjie. Ek kan nie genoeg lessies by jou leer nie. Ek baklei soms omdat ek nog ‘n klein seuntjie het op my ouderdom. Dit voel partykeer of ek die enigste ou vrou met ‘n bybie het. Dan kom lees ek by jou – en besef weer HOE ek veronderstel is om dit te doen.

    Ek weet die ‘delete’-knoppie is nie nou ter sprake nie, maar vir my, persoonlik, beteken dit die wereld om te lees van ‘n ma wat met TWEE woelwatertjies moet…cope…klink ook nie na die regte woord nie, maar hopelik weet jy wat ek bedoel.

  8. poplap says:

    My Liewe Pikkie

    Jammer ek was so still, dankie vir my mooi boodskapies, my email is my naam _ _ _ _ _ _ _ . pelser@gmail.com daar is n dot tussen my naam en van… ek kan dit nie sms nie want my sim is nie lekker nie… ek het onlangs uitgevind… dat jy n regte mooi mens is en ek praat nie net van looks nie… wens as ek GROOT word dat ek net halfde van jou eienskappe kan he…

    Baie lief vir julle… Lekker daggie…

  9. Dis miskien `n cliché maar ek glo tog dat geluk in die klein dingetjies in die lewe lê. Tog, as die groot dinge nie reg is nie sal jy sukkel om geluk te vind.
    Wat ek wel weet is dat daar nie geluk te vind is in negatiwiteit en `n kritiese houding nie.
    So elke nou en dan staan ek ook terug en beoordeel wat goeie goed in my lewe is en wat die slegte. Al die klein kakkies waaroor ek moan laat ek dan gaan en werk aan die groot goed. Ek moet sê, as joernalis het ek gereeld te doen met mense wat baie pyn het. Dit leer `n mens vinnig-vinnig om jou sëeninge te tel.

  10. Ogies says:

    You Are Affectionate

    Your life is full of love and friendship – and you always have more to give.
    You have an open heart. You are willing to take that leap and put your faith in people.

    You see the good in everyone and everything. You are a very sympathetic person.
    The people you love make you very happy. You feel warmly toward those around you.

    HIERDIE TOETSE IS VIR MY SO NA AAN DIE WAARHEID – DIS SCARY!!

  11. Zee says:

    Boendoe… jy is nie die enigste een met ‘n klein baby nie, onthou dit. Maar ek weet presies hoe jy voel want ek voel ook partydae so. Dan sê of doen hulle net daardie een klein ietsie en dan maak dit dit alles weer die moeite werk! (((Boends)))

    Nou ja, ek is maar ook ‘n sucker vir hierdie toetsies, so hier is myne, en nogal waar ook

    You Are Affectionate

    Your life is full of love and friendship – and you always have more to give.
    You have an open heart. You are willing to take that leap and put your faith in people.

    You see the good in everyone and everything. You are a very sympathetic person.
    The people you love make you very happy. You feel warmly toward those around you.

    Ogies… nee ek glo dit nie, lees nou net toe ek submit wou druk dat jy ook Affectionate is… ek dink ons het meer in gemeen as wat ‘n mens besef!

    Maar aan die anderkant, dit vat regtig nie baie om my gelukkig te maak nie……

  12. Zee says:

    moeite werk! = moeite werd!

    Ai, ek moet vir spel en tiklesse gaan!😆

  13. Dellie says:

    Pikkie, ek is ook so dat ek kyk na ‘n situasie, en dan besluit om die positiewe raak te sien. Life is too short to be negative!😉

    You Are Joyful
    There’s so much fun and joy in the world. You can’t help but be jubilant.
    Life is good, and you can’t help but be reminded of it at every turn.

    You are grateful for everything you have. More than grateful, you’re downright delighted.
    Even when you’re having a rough time, you’re always happy to be alive.

  14. Nelba says:

    Ek is soos jy ook veronderstel om “peaceful” te wees😉 Weet nie hoe waar dit op die huidige moment is nie, maar oor die algemeen is dit seker redelik naby aan waar.

    Dit is so dat ons baiekeer niks aan ‘n situasie kan verander nie, behalwe kies om dit positief te benader. En dit is ‘n wilsbesluit.

  15. Jy maak heeltemal sin Pikkie totaal en al.

    Van die antwoorde het nie een my gepas nie, toe kies ek maar die een wat die naaste is. Ek het uitgekom op: engaged.

  16. Sonkind says:

    /me also excited – ek join jou Louisa!🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: