Want kinders moet nog kinders wees….

Kleuterskool is goed en noodsaaklike, georganiseerde aktiwiteite is belangrik.  Riglyne en spanspeletjies goed vir die persoonlikheid.  Al hierdie dinge is baie baie belangrik, maar soms moet ons nie vergeet dat kinders net moet kinders wees nie!!!   (Meestal met katastrofiese gevolge….    )

😈         😆

9mrt09-122‘n Tupper hoed!!!

9mrt09-130♪♫♪♫  Sonbrilletjies, oe-hoe wat gaan ek maak???  ♪♫♪♫

9mrt09-161Die nuwe verbeterde nag-en dag room – “Strawberry yoghard”

9mrt09-163Kyk net hoe verbeter dit die kompleks – jou mond trek sommer outomaties in ‘n glimlag en jou oë kry goeie skreef-oefeninge….

9mrt09-167Dit wil voorkom asof dit selfs vir goed is vir die hare en ore….

😆

9mrt09-172Wat????   Moes mens dit eers bak???  Watter bak???    O daai een wat ons uitgeëet het????

9mrt09-371Hou tog net daai wilde ene hier weg mamma!!!  Ja, daai klein enetjie met die krulkoppie!!!  Sy breek alewig my damme….

9mrt09-366Kom dans tog hierdie dansie saam met my, saam met my…..    MAMMA!!!  Dans!!!!

20 Responses to Want kinders moet nog kinders wees….

  1. Adrie says:

    Jou kinders is regtig gorgous

  2. Ouma Rosie says:

    Sjoe hulle het groot geword Pikkie!!! Ja kinders moet nog kinders wees, jy doen dit reg!!! 😉

    Hulle is so pragtig, gee vir elkeen ‘n stywe drukkie!!!

  3. oopkop says:

    Hulle het die mooiste mooiste ogies.

  4. BB says:

    Hmmm… verlang ek nou sommer na my kleinkinners😉

  5. neykie says:

    Hoekom raak ek meer en meer broeis??? Jou dogtertjie is pragtig

  6. Daar is niks lekkerder om kinders so te sien speel nie!

  7. Roer says:

    Te pragtig Pikkie! Ek stem, kinders moet nog kinders wees.

  8. Bottertjie says:

    Aai, die krulkoppie is te gorgeous vir woorde!
    Hey, dankie vir die sms, ek waardeer dit baie.

  9. boendoe says:

    Ek stem saam met Anja, daai ogies is regtig iets besonders.

    Pik, jy’s ‘n goeie ma. Nee, die BESTE ma. 😉

  10. Dellie says:

    Te dierbaar! Ek gaan ook daai nuwe! verbeterde! verlroom try…😆

  11. Ogies says:

    My genade. Kyk net hoe groot is die 2 kies!!!!! Mwah!!!! Gee vir hulle groot drukkies en soene. Hulle is pragtig! Pikkie, ek kan sommer sien jy ‘s ‘n ma uit een stuk! Jy weet wat belangrik is vir daai twee van jou en skroom nie om hul toe te laat om dinge te ontdek nie!!!!

  12. Dis goed om te sien kinders speel nog. Ek het gedink hulle sit voor die Playstation of DVD-speler. Punte vir jou as ma, jy het reggekry wat ander nie kan nie!

    C.

  13. Pampoen says:

    Hulle is pragtig.

    As jou kinders gelukkig is, is jy as ouer gelukkig, maak nie saak hoe hulle lyk aan die einde van die dag voor bad-tyd nie. Na bad-tyd wat hulle hul jammies aanhet in ini bedjie slapies, is hulle maar net weer eens mamma se engeltjies……..

    So ek stem….. laat kinders kinders bly

  14. Zee says:

    Ai, ek sien my aanstaande skoondogter hou net so vannie brille ding!!

    Pikkie, kyk nou net hoe gelukkig is hierdie twee mensies daar op Lelik! Wat meer kan hulle vra as soveel ruimte en 2 wonderlike ouers wat vir hulle soveel omgee!

    Ek dink ek trek daar na jou en Pampoen se wêreld toe…

  15. Zee says:

    O ja, en so what as die hele pak Rice Crispies op die vloer lê, daar is mos sulke gediertetjies (honne kinners) wat al te lekker kan kom smul! Lê jou tupperware ook orals rond behalwe in die kas waar dit hoort?

  16. Pikkelik says:

    Nou praat jy ZEE!!! Daardie kas is ‘n nagmerrie. Nou moet ek ook vertel dat Ouboet eenkeer, hy was omtrent so groot soos Poppedyn ‘n ‘refill’ pak Aromat in ‘n boks Piesang pronutro ingegooi het!!! JIGGGGGG!!!

  17. Oulike krulhare!!
    Ek onthou goed dat ek die eerste 3 dae by die kleuterskool ongeskreeu het. Ek is nooit weer terug nie🙂

  18. […] as’t ware die pouse in julle huishoudings. Maak tyd vir die kinders, en laat hulle toe om nog kinders te wees! Los die kwaad wat by die werk hoort uit die huis uit, sorteer dit by die werk uit met jou […]

  19. Agnes says:

    Eish, die miesies het die mooi kinners.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: