Happy, happy, birthday Bloggie!!!

1166429c7l6s4gx8o

Gun my die geleentheid om ‘n paar gevleuelde woorde te spreek…   Vandag is my verjaarsdag ek is EEN jaar oud!   Hierdie bloggie het ‘n vêr pad gekom van daardie eerste, sku, versigtige inskrywing.  ‘n Paar keer het ek gedryg om die outjie te delete maar dankie toggie ek het nie!   Sonder hierdie werfie voel ek of ek ‘n arm verloor het of soos Boendoe die ander dag vir my gesê het, of sy ‘n kind verloor het!

Ek kry die idee julle gaan nog ‘n hele paar jaar met my opgeskeep sit, so aan almal wat opgewonde wag dat die blog moet sluit….   Lekker wag….  Dankie aan almal wat deel uitmaak aan hierdie blog.  Dankie vir almal se saamkuier…  kommentaar, die inloer, die saamhuil en die saamlag!   Sonder almal wat lees sou hierdie blog in elke geval nie eers bestaan het nie!   Dit is tog waarop dit neerkom…

So sonder ‘n verdere woord!   Laat skiet daai vonkelwynproppe!   Vat vir julle elkeen ‘n stukkie koek of ‘n souttertjie en geniet hierdie dag saam met my!!!

1036557xwvks43bac

Ampertjies vergeet ek die musiek!!!!   Whahahahaha!!!!

😳

Skies BB’tjie…   Eat your heart out!!!

697272vournvpy3z1781748rr6rfd0579

1503663uws2i3j29x

23 Responses to Happy, happy, birthday Bloggie!!!

  1. BB says:

    Hêppie-Hêppie Pikkelikkie-se-blikkie!! And many MANY more!!
    Cheers!! *MWAH*
    /me scroll op en af virrie koek😕 Niks, nothing, zero, zilch, nada….😦

  2. Zee says:

    Baie geluk Pikkie… mag daar nog sommer baie wees!

    Bwhahaha BB, ek het al alles vroeg verober..

  3. Pikkelik says:

    BB – Ek het dit gou gaan regmaak… Ongelukkig het Zee al die souttert opgeëet, toe het ek sommer maar pizza gekoop… 😳
    Zee – Stoutgat!!!!

  4. Adrie says:

    Baie geluk. Ek hoop dat jy not ‘n 100 jaar sal blog.

  5. Adrie says:

    En ek se^ dit nie net omdat ek ‘n vraat is nie.

  6. Emil says:

    Baie geluk! Kan jy glo hoe vinnig die tyd verbygaan!!!!

  7. Baie geluk Pikkie! Ek dink ek het my verjaardag vergeet….oh well….hier’s op nog ‘n jaar van blogging!

  8. Mefri says:

    My beurt om ‘n laaaang WOW vir jou te bring. Baie geluk Wipp, MWHA!! Jou skattige ding!

    Hehe, my gekloutery doer annekant het my nogal aan jou apie met die kamera laat dink (l uur vanoggend) gisteraand. Lekker krul my tone nou om van pure plesier. Die koek lyk Mmmmmm, ek kan die tjokkies ruik. ‘sug’😉

  9. Kokkewiet says:

    Baie geluk!!! Hoop jy gaan nog vir baie jare saam blog!!!

  10. BB says:

    Ek wil nou nie hoes, p*ep, skinner of paniek saai nie – maar ‘n mooi koek bly maar ‘n mooi koek nê?!:mrgreen:
    Gee jy my nou ‘n plan!!
    /me verkas om ‘n ode aan die tuisnywerheid en sy anties te loop skrywe…😉

  11. Dellie says:

    Baie geluk Pikkelik se Blik! Sorry dat ek nou eers hier opdaag, maar iemand het my vir uuuure in die hondehok toegesluit….:mrgreen:

    Cheers girl! Op lekker lag, op die lewe en op many happy returns!😉

    me/ doen ‘n happy dance!

  12. Jaco says:

    Hêppie Hêppie Pikkie se Blikkie!

  13. Jo-Ann says:

    Op nog ‘n jaar… en sommer op baie meer! Hiep-hiep… ek kan ook maar net nie wegbly nie. 🙂

  14. maxie says:

    Baie, baie geluk!!!

  15. Krista says:

    Happy Blikkie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  16. Sammi says:

    Ditto, ditto en ditto op almal se kommentaar – Pikkie jy het groot skoene om in te stap – so ‘n rukkie terug was daar ‘n inskrywing van iemand wat totsiens sou sê vir 21 dae – en daardie dae was afgetel deur menigte van ons en jy weet gladnie hoe baie ons daarna uitgesien het om Pik-se-blik weer te sien nie! Onthou jy, hmm?
    So dan, moet ons never-te-ever weer verlaat nie – gehoor!?
    Nog baie baie meer verjaarsdae vorentoe!!

  17. Wipneus! says:

    Baie geluk (((((Pikkie)))))

    Mag jy nog baie jare se blogging geniet!!!

  18. flippiefanus says:

    Hiep-hiep … ! Pikkie ek is so bly jy is in ons midde. Ek geniet al jou stories … selfs wanneer ek nie spoortjies laat nie.

  19. Sonkind says:

    ♪ ♪ Baie geluk Pikkelik! ♪ ♪

    Maar dit voel vir my of jy maar nog altyd hier was😉

  20. Louisa says:

    Veels geluk Pikkie!😀

  21. Ogies says:

    Pak vir my ‘n lemon meringue uit en ek is daar!!!

  22. boendoe says:

    Ek was saam met Dellie in die hondehok – net uitgelaat om ‘n draai te stap elke dan en wan. 😆

    Baie geluk, Pik-se-Blik! Bly WEG van daai delete-knoppie, ne?! 😉

  23. Paula says:

    Baie geluk Pikkie! Mag daar nog vele wees!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: