Die virus….

Dit het verlede week begin…  Eers het Poppedyn ‘n nag lank opgegooi, toe het dit oorgegaan na diarree….   Twee dae later was sy beter en het die hel vir Ouboet getref…   Hy is nie ‘goed’ as hy siek is nie!   Ek was amper van my verstand af!!!!   Dis boontoe en ondertoe en intussen verander my amper 5  jarige in ‘n 5 maande oue babatjie!!!   En ek bly goed, en geduldig en lief….    En twee dae later toe gaan dit beter…

Toe kom Saterdag en Mynick gaan amper dood.   Hy en Ouboet is uit dieselfde hout uitgesny….   Hy verander in ‘n 5 jarige….  Gaan ampertjies dood en ek bly goed, en geduldig en lief….   Tot Sondagaand toe die virus sy kloue in my ook inslaan.   Toe is ek nie meer goed, en geduldig en lief nie!  Maar ek moet aangaan, want die huis kom tot stilstand as ek nie aangaan nie!!!   Kan ek vir julle ‘n grooooot geheim vertel???!!!!!!

EVOLUSIE BESTAAN NIE!!!!!   HOEKOM ANDERS HET MAMMAS NOG STEEDS NET TWEE ARMS EN TWEE HANDE?????

Ek sit hier by die werk maar jitte ek is nog bitter bewerig en die voel of iemand ‘n swerm vlinders in my maag losgelaat het!!!

Maar kom ons los die nare geselsies.   Ek het ‘n paar foto’s by die huis afgesny en saamgebring!  Ek raak nou uiters vindingryk of hoe???

9mrt09-048Die sonsondergang van ons deck af!  Dis flippen asemrowend!  Ek is nog steeds verlief op lelik.

9mrt09-074Ons het net kanaalwater wat deur nogal ‘n komplekse sisteem moet gaan voordat ons dit kan gebruik.  Hierdie is ons tuindam.  Dit is sommer net vir natlei!

9mrt09-075Hierdie is ons huisdam, hiervandaan word die water opgepomp deur ‘n suiwerings sisteem op na ‘n watertenk.

9mrt09-0731Die twee tenks aan die regterkant is die water wat ons in die huis gebruik.  Hiervandaan gaan dit dan huis toe waar dit eers weer deur ‘n suiweraar gaan voordat dit bruikbaar is!   Die twee linkerkantste tenks is ook vir die tuin.  Die water gaan uit hulle uit na die voortuin.

9mrt09-182Ek het in my agterdeur gestaan en die maan afgeneem!!!  Nou nie Wippie se kwaliteit foto’s nie, maar dit was so mooi!

9mrt09-323Die son gaan onder, ook van agter die huis af!

9mrt09-325Min of meer van die selfde plek af, net uit ‘n ander hoek!

Ek wil julle nog honderde goed vertel en met julle deel!   Ek wens net ek het meer tyd gehad!   Lief julle en more vertel ek julle van ons Kanaandruiwe, Ouboet se eerste atletiek en sommer nog baie ander goed!

17 Responses to Die virus….

  1. Adrie says:

    Ek hoop jou virus kry vinnig voete!

  2. BB says:

    Mooi-mooi daar van jou dek af, ja Pikkietjie xx

  3. Pikkelik says:

    BBBBBBBBB!!!!!!!!!!!!!!!!!! Sien jy die vuurwerke en sterretjies.. Jy was my 3500ste comment, seker nie amazing in ander se boeke nie, maar Damn ek is amazed.. deur myself of klink dit nou ydel want dit is nie hoe ek dit bedoel nie… damn, miskien moet ek nou dadelik ophou skryf…

  4. Daardie sonsondergange is baie mooi! Ek kan nie wag vir die volgende stories nie…

  5. Emil says:

    Lekker lag ek nou vir daai evolusie bestaan nie een!! Ek sê ook net hello!

  6. Alda says:

    Dis bitter mooi daar waar jy bly! “Plaas” in die dorp nê! My ou holrug gesegdetjie is dat ek sal besig wees om my laaste rukke te gee, dan sal een van die kinders vir my sê ek kan “nou” doodgaan, maar ek moet nog net eers hierdie soom of daardie knoop aanwerk!

  7. demoerin says:

    Sjoe, is ek ook nou amper aan die slaap. Lanklaas hier geloer. Dog jy wag nog….
    Jou keikies is baie cool! Gooi maar nog!

  8. Krista says:

    Ons kan nie wag nie!

  9. Huisvrou says:

    Kannie wagnie!!
    Kanaandruiwe- groot? Soet?
    Atletiek… Hopelik voor die virus.

    Jou foto’s is pragtig…

  10. Wipneus! says:

    Pragtige foto’s Pikkie!! Veral die maan 😆

    Ek dink Lelik kan nou maar ‘n ander naam kry, dis vir my glad nie lelik nie!!

    Lekker dag! 😉

  11. Ogies says:

    Ek kan verstaan hoekom jy so verlief is op die plek!!!

  12. White Knight says:

    Dagse Pikkelik
    Uit eindelik kan ek jou weer lees. Welkom terug en doen so voort. Gee nog van jou fotos dis baie mooi. Kan sie hoekom hou jy van die plek.
    Groete

  13. Dellie says:

    Die sonsondergange is pragtig! En daai dam lyk lekker genoeg om in te swem… die water word mos gesuiwer? :mrgreen:

  14. LOL! evolusie bestaan nie, want mans kan nog nie vi hulself sorg as hulle siek is nie!!!!

    daai siekte het my een keer in die middel van nerens in ‘n vreemde lafrika-and getref. wassie mooi nie 😉

  15. LOL! evolusie bestaan nie, want mans kan nog nie vi hulself sorg as hulle siek is nie!!!!

    daai siekte het my een keer in die middel van nerens in ‘n vreemde lafrika-land getref. wassie mooi nie 😉

  16. […] gebly het.  Swartkop – die hoewe se naam was sommer ‘Lelik’.  Ek het hier en hier daaroor geskryf. Dit was die enigste gedeelte van Upington wat vir my sin gemaak het, die enigste […]

Leave a reply to BB Cancel reply