Nog niks…. Nog net mooi niks!

Nou ja, dis nou al iewers in die veertig dae… ek het lankal opgehou tel….   en opgehou hoop en opgehou voel asof iemand een van my arms gesteel het, want werklik dis hoe ek sonder my bloggie voel….

Ek het toe maar ‘n ander plan gemaak….   Whahahaha, ek het ‘n werk gekry met ‘n baie vriendelik werkgewer wat glad nie omgee dat ek so ‘n bietjie op sy rekening rondkuier nie, so vir nou, ‘Baby I’m back!!!!!’    Volgens Helkom sal ek heel moontlik teen Maandag my lyn hê so ons hoop maar vir die beste!   Dis sommer ‘n ou klomp Ja-Broers daardie…  so ontoereikend, onhulpvaardig en onbevoeg het ek in my dagtes lewens nog nooit tee gekom nie.  Maar dit daar gelaat.  As ek alles gaan sê wat ek graag wil sê gaan hulle sweerlik ‘n lastersaak teen my aanhandig maak…

Ek gaan later vir julle ‘n lekker laaang inskrywing maak met baaaie foto’s en baaaie nuus…  Wees tog maar net so ‘n klein bietjie geduldig…  Ek het darem gister eers begin werk en wil ook nou nie die dam heeltemal onder die eend uitruk nie.   Alle wiel, ek is darem mos opgevoed!

Maar jummy dis lekker om weer terug te wees en ek het sooooo baie om in te haal so hou maar hierdie plekkie dop.

O ja, voor ek vergeet, loop kyk bietjie watse soort kind jy was….   Hiers ek!

You Were a Creative Kid
When you were a kid, you always had to be doing something with your hands.
Whether you were painting a picture or just doodling, you had to be creating something.

You were too busy thinking about your future creations to listen in school.
It’s likely that every part of school was a challenge for you, except for art class.


22 Responses to Nog niks…. Nog net mooi niks!

  1. Adrie says:

    Ek se maar eerder niks.

    The achiever kid.

  2. Wipneus! says:

    Hellooooooooooooo dis lekker om jou terug te hê. Alhoewel jy was nooit te vêr weg nie. Maar ek soek jou hier langs my! 😛

    Watse kind was ek? ‘n Stoute kind 😈

    Welkom terug “My Piksie”

  3. Krista says:

    Piiiiikkkkkiiiiiieeeeeee . . .!!!!!!!!!!!!!!!

    Welkom terug, ek wou al ‘n soek geselskap uitstuur!

  4. Pikkie says:

    Adrie, eerste seg jy???? Whahahaha, ja wat, ek sal maar tevrede wees met 132ste! Moes kon dink jy sal nou weer die uitblinker wees.
    Wippie, ai dit is sooooo lekker om weer terug te wees! O ja, ek weet jy is ‘n stoute kind, maar loop doen tog net die toetsie!!! Stoutgat!
    Krista, ag maar jy is dierbaar. Die soekgeselskap sou my in alle geval daar tussen Moedverlore en Bloedbedroef naby Demoerin gekry het….

  5. Zee says:

    WELKOM WELKOM TERUG!!!

    /me were an Outgoing Kid

    When you were a kid, you had no problem expressing yourself.
    There’s a good chance you started talking early – and never stopped!

    You had a lot of friends, and unlike most kids, you weren’t shy around adults.
    You were well adjusted and confident. You enjoyed speaking up and participating.

  6. Pikkie says:

    Haai ZEEEEE! Hoe gaan dit met my skoonseun???? Hie, hie!

  7. Sonkind says:

    Outgoing Kid – Gmph!

    Pikkie – as jy weer so lank wegraak, kom ons almal Upington toe en kom plak op Telkom se stoep! 😈

  8. Pikkie says:

    HEEEHAAAAA!!! Sonkind, jy sal maak dat ek opslag weer spoorloos verdwyn!!! 😆 😆 😆

  9. Ek is soooooo bly jy is terug! Ek dink nog steeds jy moet by Telkom gaan plak met ‘n piekniekmandjie en ‘n flessie, dalk gebeur daar dan iets 😈

    Ekke is ook ‘n kreatiewe kinners en doodle nog steeds! Ek kan mos nie stilsit as ek skryfgoed in my hande het nie!

  10. BB says:

    Heita!!!!!!!!! *MWAH* *MWAH* *MWAH* – en WELKOM terug!!!!
    /me maak i paar wawiele ini Pik se Blik ~ O ~ O ~ O ~ _____ oops!!!

    Ehhhmmmm – waar was ek??? Og dis nou cool dat jy ok weer met ons is….
    ek kannie onthou watse kind ek was nie – sal die toetsie later gaan doen… ek weet net ek was baie stil en teruggetrokke en op my plek (my ma het ‘n vreeslik vinnige linker plathand gehad :mrgreen: )

    Ha!! en daar’s die toetsie sommer klaar ook (my kinda toets – 5 vrae – en jy KAN NIE verkeerd antwoord nie 😆 )

    What Kind of Kid Were You?
    You Were an Active Kid

    When you were a kid, you were happy as long you didn’t have to sit still.
    You were very hyper, and it was hard for you to sit through class or finish your homework.

    It’s likely that you were a natural athlete and a natural entertainer. You loved to play outside with your friends.
    You were an outgoing, popular kid. Put you in a sports game or a school play, and you really shined.

    Het ek al gesê WELKOM TERUG???

    Nie??? 😯

    Wel, WELKOM TERUG Pikkie!!!! :mrgreen:

  11. Ogies says:

    Stuk ek nou in my koffie toe ek daar by Wip sien jy’s terug!!! Ag jinne mens maar ek is bly jy is terug!! Jy moet gou fotos opsit. Ek dink jou spruite is sekerlik al byna Matriek!!! Of hoe lank was jy nou weer werg gewees?????

  12. Wipneus! says:

    O Ok, ek het dit gedoen, maar ek sê nogsteeds ek was eerder stout!! :mrgreen:
    Outgoing kid
    When you were a kid, you had no problem expressing yourself.
    There’s a good chance you started talking early – and never stopped!

    You had a lot of friends, and unlike most kids, you weren’t shy around adults.
    You were well adjusted and confident. You enjoyed speaking up and participating.

  13. flippiefanus says:

    Hi Pikkie bly om weer hier by jou te kan lees. Daardie toets werk nie vir my nie. Meeste van die goed kan ek nie meer onthou nie. Te lank terug. Voel my ek het net die heeltyd boelies gedodge. 😉

  14. Louisa says:

    Kan nie wag nie – ons het jou gemis Pikkie! 😀

  15. Paula says:

    Pikkie is terug! Hiep hiep hoera! … e nog ‘n hiep! Ons het jou vreeslik gemis jongie! Welkom terug … sien uit na die baie nuus en fotos! 🙂

  16. boendoe says:

    Jinne!

    Ek’s sprakeloos. 😯

    Iemand moet hierdie inskrywing aan Telkom wys. 👿

  17. Dellie says:

    Hello, hello, hello! Ag, dis pure lekker om weer ‘n inskrywing van jou te kry. Ek moet sê, die comments wat jy die afgelope tyd gelos het, was nice, maar dis heerlik om jou terug te hê. Dit voel soos daai windjies na die reën, wanneer mens so diiieeep inasem en sê: ag, hoe lekker! 😉

    Sal nou gaan kyk watse kind ek was – moes net eers groet! 😉

  18. Maar ek is bly jy is terug!!! moerse bly.

  19. Dellie says:

    Selle kid as jy…. :mrgreen:

  20. Mefri says:

    Ek het jou verskriklik gemis. ((((Pikkie))))

  21. Kokkewiet says:

    Welkom terug!!!!

    You Were an Outgoing Kid

    When you were a kid, you had no problem expressing yourself.
    There’s a good chance you started talking early – and never stopped!

    You had a lot of friends, and unlike most kids, you weren’t shy around adults.
    You were well adjusted and confident. You enjoyed speaking up and participating.

Leave a reply to BB Cancel reply