21 Werksdae…

Nou ja, Telkom is toe baie hulpvaardig toe ek by die regte persoon uitkom.  Nou wonder ek net hoekom kon die eerste een my nie gehelp het nie en hoekom moes dit 16 oproepe vat voordat ek ordentlik gehelp is.   Maar dit daargelaat, die feit van die saak is dat my hele rekening net so oorgeplaas kan word.  Ek behou my telefoon nommer en my e-pos adres, MAAR dit sal tot 21 werksdae neem om die hele gedoente afgehandel te kry.

Ek sal maar nie kla nie, ek is tog net te dankbaar vir my lyn.

So vir nou, gedra julle, wees goed vir mekaar, ek hang julle met ‘n voëltjiederm aan die naaste boom op as julle baklei.  Deel baaaaie drukkies uit.  Wees verdraagsaam.  Wees ordentlik en ek hoop julle mis my vreeslik baie, want ek gaan na julle verlang.  EN die heel belangrikste, moet asseblief nie julle bloggies delete nie.   Dis so ‘n wrede ding om te doen….

Words

Smile an everlasting smile, a smile can bring you
Near to me.
Dont ever let me find you down, cause that would
Bring a tear to me.
This world has lost its glory, lets start a brand
New story now, my love.
Right now, therell be no other time and I can show
You how, my love.

Talk in everlasting words, and dedicate them all to
Me.
And I will give you all my life, Im here if you
Should call to me.
You think that I dont even mean a single word i
Say.
Its only words, and words are all I have, to take
Your heart away

353592ojnt7v6td1

63 Responses to 21 Werksdae…

  1. Wipneus! says:

    Ek gaan jou vreeslik mis!!

    Ek baklei gelukkig nooit😛 (Een van my nuwejaarsvoorneme is om minder te baklei!!) whahaha

    Ek soek jou dringend 😯

  2. Sammi says:

    Pikkie
    Ek gaan jou ook vreeslik mis! Praat van delete WAAR is BOENDOE??? Dit kannie wees nie😯 Daar’s fout!!

  3. Mefri says:

    Pikkie ek kon ‘nog nie’ die regte liedjie vir jou kry nie, maar ek soek nog – ek het jou nie vergeet nie.

    Dis moeilik, want jy is soos ‘n jack-in-the-box; eers spring skattig uit, dan diep, dan skreeusnaaks en so tussendeur loer baie, baie dierbaar oor die rant van die box. Nou waar kry ek daai spesiale ene om by jou te pas?

    Ek hou van ‘Words’, sommer baie!

    ((((Pikkie)))) mooi loop kindjie en pas jouself op!

  4. maxie says:

    Oi, gaan jou vir seker mis!

    Voorspoedige Nuwejaar vir jou en jou geliefdes.

  5. attie says:

    Geniet die tydjie…

  6. lanaba says:

    Baie dankie vir die inloer op my bloggie – ek kuier tog te lekker hier by jou…….

    As ek reg verstaan gaan jy nou vir n tydjie nie op die lug wees nie….of hoe?

    Tjortsies
    xxx

  7. boendoe says:

    http://boendoe.wordpress.com

    Maar ek weet nog nie hoe om my nuwe blog aan my naam te link nie – dis nog steeds gekoppel aan my oue. (dink ek) ❓

  8. Tersia says:

    Hi, voorspoed vir julle! Ek weet jou nuwe plek gaan sommer baie lekker bly! Mag julle jaar vol liefde, vrede, vreugde, geluk en sonskyn wees! Daankie vir alles! Liefies

  9. Netjane says:

    21 dae is sommer tjoef-tjaf verby!

    Ons gaan jou vreeslik mis en ek belowe plegtig om myself te gedra…😉

  10. Ons hoop dat Telkom ‘n wonderwerk beleef en dit sommer baie gouer neem. Geniet 2009.

  11. Voorspoed virri nief jaar!

  12. boendoe says:

    Pikkie, gelukkige, voorspoedige, vredige 2009 vir julle!

  13. Nikita says:

    Voorspoedige Nuwe Jaar vir jou! Ek hoop al die telkom-probleme sal gou tot einde kom, ek hoop jy’s klaar ge”trek”, anders moet jy maar vanaand bietjie “getrek” raak…lol! net ‘n bietjie hoor!🙂

  14. Wipneus! says:

    Hiep hiep Hooray!!!

    Voorspoedige Nuwejaar vir jou, Mynick en my kaboutertjies!
    Mag jy baie lekker bly in jou nuwe huisie en mag die jaar vol liefde, geluk en magic vir julle wees!!😆

  15. flippiefanus says:

    Lekker vakansie hou Pikkie (dis wat julle seker doen) en voorspoedige 2009.

  16. hang my maar op aan ‘n voeltjiederm aan ‘n tak….!
    baie, baie mooi jaar vir jou, jou liefman en jou kjinners.

  17. Mefri says:

    Pikkie die een is vir jou! Jy doen wat dit alreeds op soveel skattige maniere, dankie!

  18. merriemuis says:

    Jinne mens … Ek is mal oor die manier hoe die woorde en gesegdes van jou brein na jou mond en dan na die bladsy kom….

    Ek dink ons altwee kan op ‘n besonderse manier ons gevoelens en gedagtes op papier neer pen!! hehehe…. :o))

    Sal nou gereeld bietjie hier kom inloer

  19. Paula says:

    Sjoe Pikkie … ek gaan ook verlang! Ek kuier altyd te lekker hier by jou🙂

  20. meermin says:

    gaan jou mis!!

    Net die beste vir ‘n heerlike wonderlike ongelooflike 2009!!

  21. demoerin says:

    Hoeveel dae nog?
    Happy 2009 solank!

  22. White Knight says:

    Dagse Pikkie

    Alles wat mooi, vol liefde, genotvol en vreugde vure laat brand vir jou in 2009.

    Groete

  23. Bottertjie says:

    Hey Pikkie
    ‘n Gatskop, lek-lekker, awesome 2009 vir jou! Ek sal van volgende week weer begin blog!

  24. aventer says:

    Hallo hallo

    Ag pikkie…hoop jy het ‘n awesome jaar. Weet sommer dit sal goed gaan.

    Wou net kom hallo se

  25. BB says:

    Sometimes I sits and thinks… and sometimes I just sits…. today I sits and waits…. and waits… and waits…😦

  26. Bottertjie says:

    Eish, sista! Jy spraak geen sprook nie! Nogsteeds sonner die donnerse lyn? Mis jou!

  27. netjane says:

    Hoeveel dae nog!? Ons verlang!

  28. White Knight says:

    Dagse Pikkelik
    Sjoe maar dit is ‘n baie lang 21dae. Jy seker, jy het nie net van ons ander vergeet nie.😕
    Groete

  29. Roer says:

    Hallo Pikkie. Wa jy?😥

  30. Wipneus! says:

    Ek wag vir daai beloofde inskrywing:mrgreen:

  31. 21 dae? ek dink dit is al 41….

  32. Die Wolf says:

    Ek begin die gevoel kry daai 21 dae was dalkies ‘n liegstorie… Okaaay, dis 21 werksdae, sal nog ‘n rukkie moet wag. Sê daai techies van Telkom moet opskud.

  33. Pikkie says:

    Ai toggie, ek gee op!!!! Telkom se 21 werksdae is toe seker iets hier by die 210 dae… Blykbaar het hulle nou kabelprobeleme!!! Red nou ‘n land!!! Maar ek verlang baie, en as ek net my password kon onthou het ek gou ‘n inskrywing gemaak! Maar Postnet is duuuuuuur en AL my goed is agter. Ek verlang so baie na julle en gaan sommer nou weer vir Telkom bietjie moeilikheid gee!!!! Lief julle en pas julself mooi op!

  34. En ons verlang vir jou!!! Jy moet soos ek maak, tattoeer jou password onder jou voet🙂
    Kyk mooi vir jouself.

  35. Sonkind says:

    Nee a man, dis nou al 27 dae!!! Waar is jy? Ding wil ook weet.

  36. ding says:

    Jaaaaaa, veral wil Ding weet! Mensig! Dit raak amper tyd om ‘n soekgeselskap van stapel te stuur!

  37. ding says:

    Pikkie, WANNEER gaan jy vir Ding van ‘n adres voorsien, hmmmm???

  38. Krista says:

    Piiiiiiiiikkkkkkkkkkkiiiiiiiieeeeeeeeee . . . !!!!!!!!!!!!

  39. BB says:

    Ek wil nou nie hoes, poep, skinner of paniek saai nie… maar WAAAAAAAAAAAAAR bly jy dan nou allie tyd????
    Kom TRUG!!!

  40. Wipneus! says:

    HI Ding ek het vir jou die adres geposduif!!

    Pikkie sukkel nogsteeds met Telkom julle!

    Sy stuur liefde en groete vir almal!! 🙂

  41. boendoe says:

    Trek ons nie nou al by 40 dae en 40 nagte nie? 😯

    Toemaar, ons hou uit. Sterkte met Helkom!

    x

  42. ding says:

    Dankie, Wips – jy is dierbaar verby. Ding sal maar met Pikkie moet korrespondeer per outydse posduifstyl – selfs ‘n mikstok-hardlopertjie sal meer effektiewe kommunikasie verseker!

  43. merriemuis says:

    Rose is rooi
    viooltjies is blou
    Jy speel met woorde al te mooi
    Hoop jy kom terug… baie gou!!

    Ag nee man ou pikkelik
    wanneer gaan jy weer vir ons kom knik?

  44. […] 31, 2009 by Sammi Pikkie en Wip se sukkel met Helkom laat my dink aan ‘n artikel wat ek in ‘n vlugtydskrif […]

  45. Mefri says:

    Ek mis jou nou gans te baie, maak vuur onder die mense jong!

  46. Sjoe, ek is al moeg gewag! Wil nie weet hoe jy voel nie! Sien uit na jou terugkoms en hoop dis voor Kersfees😉

  47. Ogies says:

    Ag nee man. 21 Werksdae of 21 maande? Hulle moet vir hul nou roer. Ek mis jou!!!!!!!!!!!!!!!!

  48. nuwebegin says:

    Ek bly maar ‘n BeeGees fan. Kobus http://www.nuwebegin.wordpress.com

  49. DieWolf says:

    Lyk my Telkom het net een werksdag per week.

  50. Roer says:

    Nou wat nou wat?!

  51. Pikkie says:

    Ja, ja, ja…. Ek is op sê ek vir julle OP!!!!!!!!!!! Ek voel al baie naby aan hare uit kop pluk, katteskiet, op grond rondrol VLOERMOER!!!! Postnet doen dit net nie vir my nie!!!! My juices verminder saam met die metertjie!!! Ai, ek mis julle. Ek wonder of Helkom weet dat hulle verantwoordelik is vir my depressie!!!!!

  52. Sammi says:

    Nee Pikkie, dan MOET jy maar die 3G roete gaan – sal jou om en by R400 ‘n maand vir 2Gig kos – gaan belê dit vir jou sanity – sommer dadelik! By Vodacom – jy koop airtime en onmiddelik met daardie airtime ‘n data bundle. Vra sommer vir hulle om dit te doen. Jy kan mos nie SO aangaan nie! Jy kan jou 3G foon gebruik as modem OF jy koop daai toggle. Kom, kom – roer jou!

  53. Rustig says:

    Pik, waar bly jy dan in Upington dat daar nie telefoon lyn is naby jou nie? Kakamas?

  54. Ogies says:

    Pikkie, ek is nou gatvol. Gaan Helkom se kantore met eiers gooi!!!!!!! Magtig. Moet hulle nou die draadjies met hul tande aanmekaar sweis???

  55. Dellie says:

    Ha! Jy is ‘n mooi ene om met my te kom raas! Toe, toe, ons wag!😆

  56. Bottertjie says:

    Hoesit? Ek sien jy woerts-warts by almal in en uit, maar wat gaan hier aan? Geen nuwe possie nie?

  57. Rustig says:

    Die tyd wanneer jy weer op lug is dan is jou kinders al middeljarig en jy sit in jou wiegstoel met stywe bolla op die voorstoep en wonder wat het verkeerd geloop met jou telefoon lyn.

  58. Bottertjie says:

    Het vanoggend ‘n SMS van Pikkie gekry. Sy stuur groete vir almal!

  59. Pikkie says:

    Hie, hie, Fotofirst is die helfte goedkoper as Postnet en sy rekenaarskerm is twee keer so groot…. Mense die groooooot fight is nog aan die gang en vir een keer in my lewe gaan ek so waar as wieletjies nie die handdoek ingooi nie…. Mark my words….

  60. Zee says:

    ……… Telkom maak Pikkie lam! Kry nou julle alies in rat Telkom👿

  61. Ek het ‘n idee! Pak ‘n paar toebies en ‘n fles met koffie en gaan plak by telkom vir ‘n hele dag!
    Dit het vir ‘n vriendin van my gewerk om haar polisieklaring te kry in Pta. Dit vat gewoonlik 1-3 maande en sy het sommer 2 mense sin binne 15 min gekry! hehehehe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: