O die ‘pyn’!

Ek is ernstig, besig om in te pak, alles kry ‘n plek in ‘n boks…   of dit wil of nie, en of dit pas of nie, in moet dit in ‘n boks…  So ek moet bieg die kinders is ietwat aan hulself oorgelaat, en dis nou net hier waar die spreekwoordelike, pawpaw toe die fan strike!

Dis doodstil in die huis, daardie stil wat elke ouer weet voorspel groooot marakas…  Ek soek vir Poppedyn want ek weet nou al sy het die gawe om vir groot moeilikheid te sorg.  My grootste vrees met haar is dat sy iets giftigs sal drink, want dis asof sy nie werklik omgee vir smaak nie.  Sy het selfs die anderdag haarself gehelp aan kookolie….

En ek kry haar toe, gelukkig nie ‘gedrink’ nie maar mens sou kon dink sy was in die oorlog!!!

171208-021

Die klein merrie het ‘n pak pleisters aan die hande gekry en het geplak en geplak en geplak…

171208-05

Kyk mamma, hier ‘seeeee’!

171208-07

Wel wat kan ek sê – Sy is merkwaardig selfstandig….                               😆

18 Responses to O die ‘pyn’!

  1. Mefri says:

    Sy is pragtig! ‘n regte blommetjie tussen blommetjies.

    LOL haar lyfie lyk soos Tannie Mefri sinne, veral die beentjies, armpies en handjies hehe EN die voetjies. Is ons familie Pikkie?

  2. Louisa says:

    😆
    Dis te oulik! As kinders het my ma eenkeer vir ons ‘n pakkie pleisters gekoop met prentjies van tekenprent monsters op dit – dit was omtrent ‘n kompitiesie tussen my en my broer wie kon die meeste “beserings” opdoen voor daai pakkie klaar was.

  3. boendoe says:

    Daar is verseker niks fout met haar fyn motoriese vaardighede nie… 😆

  4. Wipneus! says:

    Whahaha ek sê mos daar is geen vervelige oomblik nie!

    Dis soooo cute!!😛

    Kan ek nog pleisters stuur😈

  5. Dit is eintlik te cute vir woorde.

  6. bujanglahat says:

    hi.. I am From Indonesia beautiful country..how are you??….. introduction from my blog…..can we exchange link……add me here…thank very much ok……success always🙂

  7. Pikkie says:

    Mefri – sal nie omgee as ons familie kan wees nie!! Sal jy my aanneem??? 😉
    Louisa – ja nee, daai pleister hou omtrent een dag in my huis, nee wat deesdae koop ek sommer die goedkoopste…
    Boendoe – whahaha, verseker!
    Wipneus – Sy aard na jou, altyd aan die moeilikheid maak!! 😈
    Riaan –😳 Ek stem saam met jou!!! 😆
    Bujanglahat – Well sure, why not?? I will put you on my blogroll! 🙂

  8. bujanglahat says:

    Visit my blog to all blogger’s, I like this blog….
    Nice Blog…🙂

  9. Mefri says:

    Natuurlik sal ek Pikkie, boots and all!

  10. maxie says:

    😆

    Sy’s oulik! Wees bly dit was nie ‘n botteltjie naellak nie…

    Love die pers van die beddegoed…

  11. Pikkie says:

    Mefri – Ek druk jou sommer flenters….
    Maxie – O ja, ek is bly, baaaaie bly!!! 😆 BTW – beddegoed is my groot swakheid… Ek het 8 of 9 stelle wat ek elke week ruil…. 😳

  12. Wipneus! says:

    Pikkie het ‘n beddegoed siekte!!! 😛

  13. Ogies says:

    Ag mens!! Daai dingetjie is net te cute vir woorde!!

  14. Salome says:

    My ouma se altyd;
    “Is hul so stil soos ‘n muis, is als beslis nie pluis”
    Ek weet dit ok al vir ‘n feit. Jy moet baie vinnig gaan loer as dit so stil raak. Myne het weer die wit vloer teels met ‘n grys potlood beskryf. Gelukkig was dit net potlood . . .

  15. Pagoda32 says:

    Was jy besig om te trek Pik?

    Ek hoop nie so nie, want ek het self oor nuwejaar getrek! CHAOS!!!!!!
    NOOIT WEER NIE!!!!!

  16. Roer says:

    Sjoe, maar sy’t gegroei! Sy word net mooier Pik (en slimmer😉 ).

  17. Skoor says:

    In my dae was daar seker nie pleisters nie, want ek het met lipstiffie ‘van Gogh’ in die gang gespeel.

    Ook net een keer, want daai dae het kinders nog lekker pak gekry!

    Ek dink my ma het enige kunssinnigheid uit my uitgevoeter…

  18. Zee says:

    Pikkelik, hoe het ek hierdie ene gemis… Sy is te bleddie cute man..

    Hardloop sy ook so om die draai as sy weet sy gaan nou stout doen?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: