‘n Kalkoen vir Kersfees…

Drie jaar gelede, dag en datum besluit ek toe om ‘n kalkoen gaar te maak.   Skoonfamilie kom oor vir Kersete en ek moet uithaal en wys.  Mynick het agt broers en susters, maar gelukkig was daar net drie met hulle families wat oorgekom het.   Nou vir die van julle wat my beter ken sal dit nou nie vreeslik snaaks wees nie, want julle wèèt ek kan nie eers water kook sonder om dit te verbrand nie.

Maar so gaan die storie…  Ons bly in Amsterdam waar niks in ‘n ry staan om te gebeur.  So bel ek toe vir Hardus ons ‘local’ slagter en ‘demand’ ‘n kalkoen.  Hy lag my te heerlik uit en sê dat die bestellings al lankal almal uit is en daar is niks beskikbaar nie.  Gelukkig is dit toe nou so dat Connie – sy vrou – juis moet ingaan Ermelo toe en dan sommer vir my ‘n kalkoen sal saambring.1303272l6rgs8nqnr

Ek sit met sterretjies in my oë en droom drome van die heerlike goudbruin kalkoen wat ek gaan gaarmaak.  Sy pootjies mooi opgebind en met daai fênsie kappiekies op die punte.   Een uur die middag bring Connie my kalkoen, ‘n lieflike grote – 5.2kg net soos ek bestel het, en ek is in my Pikkie-hemel…

103666yct142nkgd

Die voorbereiding begin, ek was vir ou kalkoentjie met ‘n vaart, maar dit gaan bietjie moeilik want hy pas nou nie rerig in ‘n skottel nie, so wasbak skrop is die inding.   En ek skrop vir hom te mooi.  Daar is nie ‘n veertjie of ‘n donsie in sig toe ek klaar is nie.  Toe die vulsel…  Maalvleis, tiemie, grasuie, pietersielie en ‘n tikkie rooipeper vir skop.   Die druk ek toe nou in sy watsenaam in en werk die nek en watsenaam gedeelte met ‘n stuk tou vas.  Ek sout en spice toe nou ook vir Kalie vir ‘n vale…  Mens wil darem nie ‘n vars kalkoen aandurf nie.

Die goue stroop en suurlemoensap staan gereed om hom so ‘n lagie oor te verf as hy nou so halfpad gaar is, net vir daai mooi ‘blink-goue’ kleur.

Daar haak ek toe bietjie vas, want nou weet ek ook nie hoe lank ‘n mens ‘n kalkoen in die oond moet druk nie.  Ek bel toe vir buurvrou wat vir my sê sy het nog nooit kalkoen gaargemaak nie, maar sy weet diè ding is taai en moet maar lank teen ‘n lae hitte gaargemaak word.

So gesê, so gedoen.  Ek besluit toe om die outjie oornag in die oond te laat gaarword, dat hy nou lekker sag en sappig is.  Agtuur gaan hy toe oond toe en kort daarna gaan ek bed toe….

112548tbdyv5klr7

Kersoggend….   Die huis is gevul met die heerlikste geur….  Dit ruik rerig lekker en ek trippel op ‘n wolkie kombuis toe.  Ek haal die pan uit die oond uit en daar lê my kalkoen…  Fyn en flenters, uitmekaar gaar….  Die hele pan vol…

Wel wat kan ek sê – die kalkoen het nie ‘n goudbruin kleur gehad nie, sy bene was niè opgebind nie, daar was niè kappiekies op die pootjies nie, maar hy was wragtig lekker….  Al was hy die hele pan vol…

Vir oulaas voor hierdie Kersfees nou uiteindelik sy opwagting maak, hier is ‘n ietsie vir julle…

Cherish His Christmas
©2004, Roger J. Robicheau

Christmas brings such a time of love
Each tender heart holds so much of

Unselfishness thrives, trust is strong
The purpose to give, send love along

A time of pleasantries, patience too
Good wishes to all, all feelings true

Thankfulness follows each fine deed
Gifts from our God, never from greed

Great the rewards that joy does bring
Like the beauty in hearing angels sing

We pray for our loved, each so dear
Especially those who can’t be near

Many leave home to bravely serve
All freedoms we have, they preserve

Do pray for our troops, as we should
And their families too, if you would

Give thanks to our Lord, His only Son
And cherish His Christmas, everyone

691863e3yw4mjtiq

(Vir die wat nog nie by BB gelees het nie, kliek op die prentjie en gaan lees…  Dit is die rerige erig…)

GESEëNDE KERSFEES VIR JULLE ALMAL…

Al my liefde


Pikkie

23 Responses to ‘n Kalkoen vir Kersfees…

  1. Louisa says:

    Hoor hier, gelukkig was die kalkoen gaar! Al wat saak maak is dat dit lekker was, of hoe?😆

  2. Wipneus says:

    Mmmm hoe water my mond nou vir daardie fyn en flenters kalkoen LOL

    Geseënde Kersfees ook vir jou en joune Piks. Ek het jou nou al 20 keer geseënde Kersfees toegewens. LOL Maar mens kan nooit te veel seënwense oor ander uitspreek nie!!

    Lovies
    x x

  3. demoerin says:

    In stukkies of nie…ten minste gaar en sekerlik lekker.😆 Oulike storie. Beste Seënwense vir ‘n wonderlike Kersdag!

  4. Mefri says:

    Geseënde Kersfees liewe Pikkie, Kersfees is ‘n vreugdefees en my Mefrihart ervaar vanoggend vreugde; die vreugde wat jy vir my gebring het met jou pragtige pienkvarkie en my feetjie. Hartsgeskenke het ‘n manier om telkens daardie vreugde te laat opwel en dan herleef mens dit asof dit nou-net gebeur het. Dit bly altyd nuut! Mag jy Sy liefde in oorvloed ervaar op Kersdag, soveel so dat jy gloei daarvan.

  5. boendoe says:

    Hiehiehie…dit klink soos Dellie se flenters skaapkoppe! 😆 😆 Maar al wat saak maak, dit was ‘n hele bord vol lekkerte! Hiehiehie…

  6. Dit is nie hoe hy lyk nie, dit is hoe hy proe. Hoe water my mond nou.

  7. lanaba says:

    Klink lip-af-lek-lekker…….wel die idee was daar en dit was damn lekker soos jy se….

    Merry kriekiemis….

    xxxxxx

  8. gianna5 says:

    Klink vir my ‘n rerige lekkerste lekker. Wonder of jy dit weer gaan probeer? Geniet dit en mag hierdie Kersfees geseënd wees.
    Liefde van huis tot huis.

  9. BB says:

    Hmmm – gaan vanaand by Moeder kalkoen kry en gammon en aaaaahhhhhhh poeding, poeding en nogmaals poeding (Helge diet, en BB laat NIKS to waste gaan nie – ek drool al vir die Pavlova!! – (stiefpa is ‘n international chef – ain’t I just the lucky one?!?!:mrgreen: )
    Vir jou ook Pikkelik – this XMas consider yourself loved!!
    xx

  10. Paula says:

    Pikkie … jy het baie moed gehad om daardie kalkoen aan te durf! Jy is my een voor met daai een!🙂

    Ek wens jou en jou gesin ‘n uiters gesëende Christus Fees toe!

  11. Emil says:

    Kalfboud en Gammon vir ons!
    Pikkie, ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees toe, en ‘n 2009 vol met liefde en vrede.
    Rykste seën!

  12. Sammi says:

    LOL Pikkie!
    My pa eet nie hoender OF vark nie! So kalkoen was nog NOOIT op die menu nie – kan jy oorvertel? Dis bief OF lam OF bief EN lam OF braaivleis??!!
    Lief jou vorige inskrywing !

  13. Pikkelik says:

    ♥♥♥♥((Louisa)),(( Wipneus)), ((DMI)), ((Mefri)), ((Boendoe)), ((Riaan)), ((Lanaba)), ((Gianna5)), ((BB)), ((Paula)),
    ((Emil)) en ((Sammi)) ♥♥♥♥

  14. netjane says:

    Geseënde Kersfees vir jou Pikkie!

    Jy is die bloggers se eie kersvader, maar jy bring liefde die hele jaar deur! (Dankie daarvoor)

    ((Pikkie))

  15. Sonkind says:

    😆 ‘n Kalkoen Kersfees vir jou PiKkelik!😈

  16. Rustig says:

    Lekker Kersfees vir jou op Upington! Hoop nie die hitte maak joulam nie!

  17. Sandra says:

    Ek weet nie of ek ooit braaf genoeg sal wees om ‘n kalkoen aan te durf nie … maar vir jou en jou gesin
    n wonderlike geseende Christusfees en ‘n baie goeie 2009!

  18. eilandkind says:

    haha, my man het ook ‘n kalkoen gaan koop die jaar en hy sal dit self moet gaar maak, want ek het geen clue hoe nie.
    Om alles te kroon is ek ‘n vegetarier, so ons gaan tonne vleis he!

  19. eilandkind says:

    O ja, Geseende Kersfees!

  20. Salome says:

    Ek doen beslis nie weer die kalkoen ding nie. Koop liewer ‘n 3 kg hoender en ek weet wat ander kant van die gaarmaak proses te wagte is.

    Mag jy en jou mense ‘n sappige kalkoengevulde Christusfees beleef en ek hoop jul nuwe jaar is net so lieflike sukses.

  21. Nelba says:

    Is halftwaalf te laat om ‘n potroast te begin gaarmaak? Toemaar ons het laat ontbyt geëet. Patattert en dekadente sjokoladepoeding is ook op die spyskaart.

    Julle moet lekker eet en ek hoop julle het ‘n geseende Kersdag!

  22. hehhehe, het jy al gesien hoe kook Mr Bean ‘n kalkoen?

  23. flippiefanus says:

    😆 Pikkie jy laat my lekker lag met jou kook stories. Maar dit klink my daardie flentertjies kalkoen van jou kan ‘n nuwe resep word. Jy moet dit bietjie instuur vir Huisgenoot se wenresepte.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: