Opsies???

Ek het nounet uitgevind die area waarheen ons trek het nog nie DSL lyne nie… Ek sluk sommer ‘n ontwurmingspil… Enige voorstelle?? Ek is ernstig, julle daar buite, help my, wat sal my volgende stap nou wees, sonder dat ek my oretjies van my kop af betaal???

15 Responses to Opsies???

  1. White Knight says:

    Dagse Pikkelik

    Eish daai is nie my beste veld nie. Probeer uitvind dan oor I burst en vergelyk opvangs en prys met ander.

    Groete

  2. Wipneus! says:

    Stik donkernag my vriendin …… ek het my ore van my kop af betaal toe ek nie adsl gehad het nie. Ek hoop net iemand kan ons help anders gaan ek ontrekking simptome kry sonder hierdie blik van Pikkelik!!! 😆

  3. Pikkie says:

    Ridder – Ek het gou gaan loer – nog nie in Upington….
    Wipneus – Die gevoel is wederkerig!!! 😈
    Axxess – Is ook nie ‘n opsie nie, DSL lyne…

  4. Eich, Eich, Eina wat nou…?????

  5. TristonJ says:

    Hi hi, kom se gou geseende kersfees voor als te dol gaan, hoop die jaar wat kom net goeie dinge vir jou in hou. en oor die net probleem… aarde ek het nie n clue nie… alle ander opsies is maar aan die duur kant.

  6. Pikkelik says:

    Kop – mengbak – koekmeel – eiers – klitser…… 😛 Ek het nou bietjie rondgebel en rond ge-alles en ek wil dit nie eers hard sê nie…. Lyk my die beste opsie gaan Vodacom wees…. EINA!!!! Of natuurlik ophou blog wat GLADNIE ‘n opsie is nie… Is daar dalk iewers iemand wat ook met Vodacom deel wat my bietjie op die regte pad kan sit???

  7. BB says:

    LOL@ontwurmingspil!!! Hahaha!! Ai, jy darem!!
    Ek het altyd so baie fun gehad met ontwurming in die ou #sssb chat… LOL – sweet memories nogal daai…simpel simpel gewees…

    Ek het ‘n dongle/foonkaart van Vodacom wat ek op my laptop gebruik. Ek kan nou nie van kostes praat nie – dis gekoppel aan my MTN kontrak (en my foon rekening is gewoonlik in any case sky-high – onthou ek het 3 bloedjies wat please-call-me’s stuur), maar ek het nog nooit (touch wood) connection problems gehad nie… hmmmm – kan mens dit op pay-as-you-go ook doen??

  8. Sammi says:

    Aha Pikkie
    Jy gaan dan in dieselfde bootjie as ek sit die laaste paar maande. 3G is jou voorland ongelukkig
    R1500 vir die dongle
    Daarna vir 2G R389 per maand (jy moet dit binne 30 dae opgebruik) Jy sal nie met minder as dit regkom nie. Elke maand moet jy dan “airtime” koop en daarna ‘n databundel – vat mens bietjie terug in tyd.
    OF
    Jy doen die maandelikse kontrak dan is die dongle “gratis” Vodacom is maar die beste…die probleem hiermee is jy sit dan vas vir 24maande – niemand het gesê blooging is goedkoop nie!

  9. Pikkelik says:

    Goed dan, ek is besig om my polse van my pinkie af te kou…. Ek bel toe nou weer vir Helkom om te hoor wanneer daar dan nou eendag DSL lyne sal wees, Lindiwe sê toe vir my: “But ‘ME’ ((wat vir ‘n woord is dit nou eintlik?)), there is ADSL lines in that area….” Nou gee ek op, seker maar ‘n kwessie van mogge troffe….

  10. boendoe says:

    Shame, Pik! 😆 Ek doen maar nog al die tyd die MTN en Vodacom ding. Wetie van beter nie. Helkom het my op ‘n keer so ‘afgerip’, dat ek van hulle niks wil weet nie. So, Me, ek hoop jy kom reg! 😉

  11. netjane says:

    Sterkte sterkte sterkte!! Ek sal crack sonder internet. Net die “downgrade” van Sweedse super vinnige unlimited internet na SA standaarde het my al mal gehad.

  12. XYZ says:

    Hier is Tekom se Adsl Checker. Tik ‘n telefoonnr van iemand in Upington in – ek weet nie of dit sal werk nie.
    Probeer maar. Soos ek verstaan gaan dit glo oor hoe ver ‘n Telkomsentrale van jou woning af is.
    Sterkte vir julle in Upington!

    https://secure1.telkom.co.za/adslchecker/check.htm;jsessionid=a58f995130e844079069848f437f87f1f75deb86500e.e3uSbNqSahmLe34MchqTb30Paxr0n6jAmljGr5XDqQLvpAe

  13. boendoe says:

    BTW, ek dink jou avatar is te cute! Dierbare gesiggie wat jy het! 😆

  14. Pikkelik says:

    Dankie vir almal se raad en bystand, ek waardeer dit vreeslik baie…
    XYZ – Jou ou dierbare ding!!!
    Boendoe – 😳 Dierbaar???!!! 😆 😆 Kon jy nou nie maar ‘intellegent’ of ‘geleerd’ gesê het nie??? 😈

  15. lanaba says:

    SELFOON – ek blog soms van my foon af en mxit en bing en skype en facebook en gmail en ek het maar net n Sony ericsson K530i……..en server die net ook nog!!!!

    En dis baie mobile en lekker….anywhere anyplace….

    Tjortsies
    xxxxx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: