‘Skies Wolfie

Eerstens, vir die wat nog nie agtergekom het nie, as jy IE gebruik as jou browser is my gravatar net een groot swart gat!  Vir die ander wat Opera of Firefox gebruik is ek blykbaar duidelik sigbaar, tsk….

Ek lê gisteraand in die bed en skielik beleef ek hierdie hengse beklemming.  Ek het iemand vergeet, wel om eerlik te wees ek het baie vergeet, en daarvoor vra ek by voorbaat om verskoning.   Die ding is, soms vergeet ons alles wat agter die skerms gebeur…  Ons kyk vas teen dit wat voor ons aangaan, wat ons kan sien en ervaar.

Maar ek het vir Wolf vergeet!   Nie vergeet, soos vergeet nie…  Net vergeet om dankie te sê.  Dankie vir die ure wat hy en sy AFBot vriendin ingesit het om ons bloggies te laat groei en op die ‘map’ te sit.  Dankie vir die vierkantige ogies en laat nagte.

Wolfie dankie ook dat jy altyd gereed is met antwoorde as ons nie weet nie, ek het al gesê ek weet nie of jy so slim is en of jy net weet waar om te gaan soek nie.  Ek glo egter dis nommer een.  Mag jy ook ‘n wonderlike nuwe jaar beleef en ek is bly daai sexy AFBot het vir jou ook ietsie in die sak gebring!

So nou sal ek seker weer moet sê dat julle ‘n wonderlike Geseënde Kersfees moet hê.   Hiehiehie…  Maar ek doen dit met graagte want ek glo mens kan nie genoeg kere ander mense iets goed toewens nie!

Silent Night – Michael Bolton

728880hb1l2rv07h1

Tot later dan, wees gelukkig!

9 Responses to ‘Skies Wolfie

  1. Adrie says:

    Pikkie

    Ek gebruik ook IE en ek kan jou Avatar sien.

    Wanneer ‘n avatar verander word, neem dit soms ‘n rukkie voordat almal dit op almal se blogs kan sien.

  2. Pikkelik says:

    Thanks Adrie, dit gee my moed, maar kan dit 3 dae neem, En ek het die dingetjie verander omdat ek skielik die Groot swart Gat was… Sal hom maar ‘n kansie gee.. Wie weet…. Moontlik eendag!! 😆 😆

  3. lanaba says:

    Geseende kersfees en n beautiful nuwejaar vir julle……

    Geniet elke oomblikkie wat oor is van 2008.

    Liefdetjies

  4. Pikkie says:

    Vir jou ook Lanaba… Ek is seker hierdie 2009 gaan vir jou ‘n baie beter, wondelike jaar wees!!!

  5. Wipneus! says:

    Hi Piksie,

    Michael sing dit baie mooi!

    Geseënd vir jou Piksie!

    Bly om te sien jy is uit die swart gat! 😆 Amper het jy my nagmerries gegee! he he

  6. Pikkelik says:

    Vir jou ook Siamees…. Alles wat mooi is en ek bid hard vir julle dat julle ‘dieskelm’ probleem ook spoedig iets van die verlede gaan wees! 😉

  7. Ek gebruik ook IE en kan jou Avatar nog oral waar ek rond krap sien.

  8. Pikkelik says:

    Dankie Riaan, dit lyk of die probleem besig is om homself so stelselmatig uit te sorteer. Blykbaar is dit nou nog net ek wat myself nie kan sien nie!! 🙄

  9. Emil says:

    Pragtige liedjie, pragtig! My gunsteling deur die jare. My oupa het op my 13de verjaarsdag so ‘n wonderlike boekie met ‘n wit omslag gegee met al die moontlike vertalings van daardie tyd van die lied. Dit het my belangstelling in tale gevestig! Ek het die boekie steeds en het begin om vir Robert voor te lees. Dis soms ‘n gestoei wat hy wil dit eerder eet! Maar ek hoop hy besef ook eendag die boodskap daaragter.

    As ek in die bed lê, dink ek darem nie aan wolwe nie!!

    Pikkie, ‘n geseënde kersfees vir jou ook en almal om jou. Be safe!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: