Dis rerig die laaste een….

en ek slaat die volgende een katswink wat my weer tag hierdie jaar…  Ek moet rerig nou klaarkry, my trek is oor 18 dae en ek is nog nie naastenby gereed nie…   So try my!!!!   

Noem ses dinge oor jouself wat die ander nie weet nie…   Louisa, jy is ook sommer ‘n merrie!!!, almal weet omtrent alles van my af!!!!!   Maar goed, hier gaan ek:

1020715dx6u8d5fvo

1.     Ek lief dit om ander gelukkig te maak, nie ten koste van myself nie, maar ten uitbouing van myself.

2.    Ek slaap altyd aan die linkerkant van die bed op my linkersy.

3.    Ek sal nooit ooit iemand doelbewus seermaak of iets sê as dit maar eerder kon gebly het nie.  Stilbly is ook ‘n antwoord en ek is goed met daai ene…

4.    Toe ek swanger was met Poppedyn het ek na S26 (babamelkpoeier) gecrave en actually blikke vol opgeëet…     😳

5.     Ek maak graag vir myself ‘n toebroodjie met Bovril, Melrose Kaasmeer en Sandwichspread alles bymekaar.

6.     Ek hou van wyn.  Semi-soet wit of ‘n Rosè.  Die eerste halwe glas sal ek net so drink en daarna word die glas eenvoudig heeltyd met ys volgemaak totdat ek later net water drink.   Ek sal dalk nog my mond aan ‘n Savanna waag en ‘n Reds (kry mens dit nog???) sal ek ook drink.  Laasgenoemde twee drink ek egter ‘n hele dag aan….

Die reëls:

(Ek copy en paste, ek’s moeg man…)

The Rules:

– Link to the person or persons who tagged you.
– Post the rules on your blog.
– Write six random things about yourself.
– Tag six people at the end of your post and link to them.
– Let each person know they’ve been tagged and leave a comment on their blog.
– Let the tagger know when your entry is up.

Nou moet ek ses ander tag, gmf, dis vakansie, maar laat ek sien….

Adrie

Bottertjie

Demoerin

Kruppelkriekie

Jo-ann

Rosa

Daarsy daar gaan julle, as ek moet huiswerk doen, kan julle ook maar gerus bietjie skouer aan die wiel sit!!!

Toedeldoe!!!

30 Responses to Dis rerig die laaste een….

  1. Bottertjie says:

    Aai-jai-jai! Sal dit more doen! Ek sal ok die volgende persoon goed opdonner wat my weer tag! Sjoe!

  2. Bottertjie says:

    Jeek, S26? Hoe het jy geweet dis na DIT wat jy crave? Ugh! Met Blommie het ek Guavasap gecrave asook plaatkoekies met baie stroop. Verder niks vreemds nie.
    Juk! Bovril en kaassmeer en sandwichspread?! Sjoe, is jy nie dalk WEER swanger nie? Dit klink soos ‘n craving daai (hie-hie). Ek laaik nouweer toast met botter en tamatiesous op! Njammie!
    Oe, ek is MAL oor my Rosétjie! Met ys, ja!

  3. Pikkelik says:

    Bottertjie, my broer se suster se dogter (wat sal sy nou van my wees???) maar in any way, sy het kom kuier en haar baby het S26 gedrink. Toe sy daai blik oopmaak en ek vang die reuk was dit verby! Ek moes opslag ‘n blik gaan koop….

  4. Sammi says:

    Hmm Pikkie
    Op jou linkersy seg jy? Dit beteken rugkant na die baas toe? Ok, noujatoe! 😆

  5. eet melkpoeier, is nie so erg nie, kon waspoeier gewees het!

    my aarde julle weet al klaar alles ….

  6. Wipneus! says:

    testing 1 2 3 4

  7. Pikkelik says:

    Siamees – Kan jy my hoor? Ooor????

  8. Wipneus! says:

    Hi Pikkie jy moet lekker huiswerk doen, hoe lyk dit as jy iemand katswink slaan!

    Daardie broodjie is nie baie lekker nie, ek sal dood moet wees van die honger!!!

  9. Pikkelik says:

    Sammi – ons bly in Upington, hier slaap niemand naby mekaar nie, promise!!! 😆 😆
    Rosa – my oupa het altyd gesê as mens so kan lieg kan jy sn*t ook eet!!!! 😈

  10. Wipneus! says:

    Daarsy dit lyk of dit nou werk! Dankie dat jy my uit daardie spam mandjie gered het, ek hou soooo nie van spam mandjies nie! LOL

  11. Pikkelik says:

    Siamees – haai nooit!! Sodra jy kom kuier maak ek vir jou ene!!! Dis ‘to die for’!!!

  12. Sammi says:

    😆😆
    En daar dog ek dis die ouderdom!

  13. Pikkelik says:

    Sammi – Haai nee man!!! 😆 Dis die hitte!!!

  14. Sammi says:

    Wippie
    Jy moet my asb kom nuus gee – niemand anders het lus nie!

  15. Sammi says:

    Hu uh Pikkie Thou protest too much! 😆 Komaan bieg man!
    Trek jy alweer?

  16. Pikkelik says:

    Sammi – Wip se lyne is gesteel. Sy probeer nou met ‘n gewone modem regkom en blykbaar is dit maar ‘n gesukkel…

  17. Pikkelik says:

    Ja Sammi – Na ‘n kleinhoewe toe!!! Uiteindelik kan ek weer bietjie asemhaal. Al hierdie mense versmoor my!

  18. Sammi says:

    O jel, arme Wip, ek verstaan die gesukkel sonder ADSL – het julle darem in Upington?
    Hier innie bos gebruik ek 3G – skop mens aanmekaar uit 👿
    Is daar dan baie mense waar jy nou bly?
    Dit klink opwindend, die kleinhoewe – gaan fantasties wees vir die kinners😀

  19. Pikkelik says:

    Ja, dis ‘n lekker gemeenskap… Natuurlik is daar ook seker maar al sy nonsens, maar ten minste hoef ek nie te hoor hoe die bure mekaar se rue breek, die kinders se strotte toedruk en winde los nie! Wippie sê ek is erger as Nina, ‘n regte boskind!!! 😆

  20. Mmmm. Nou weet ons meer van jou. Lekker verder pak

  21. Louisa says:

    😆
    Dankie Pikkie dat jy so pligsgetrou is, ek gee jou sommer volpunte vir die huiswerk hoor!

  22. Emil says:

    Sjoe, vir iemand wat binnekort trek, is jy voorwaar baie besig😆

  23. Nikita says:

    nr 2 en 3 stem ons ooreen…ek’s net nie goed met “stilbly” nie…is weer goed met ‘n wit leuentjie om gevoelens te spaar…wat seker ook nie altyd reg is nie! maar die stilbly dalk eerder….arme jy…bly altyd ge-“trek”…lol! sterkte met dit! o ja, gee my soet wyn/semi-soet, maar rooi!

  24. LOL….die baie mense op upington versmoor vir pikkie🙂

    flipppppp dis snaaks

  25. ding says:

    Rooskinta, as jy in ‘n sauna van 3×3 sit met 3 anner asems saam met jou, sal jy kan verstaan dat dit dieselfde kloustrofobiese gevoel ontlok as jy deinserig warmkry op Upington – daai hitte maak vir manman sommer nounou so moeg, jy wil net grom vir wie enigeen binne sig, al is dit jou eie mirage-beeld wat jy in die hitte sien, want onthou, innie somer is daar mos net ‘n sifdraad tussen Upington en die hel, sien jy nou😉

    Pikkie, Sonson het vir Ding dood voor oge gesweer as Ouding sy gewone mensskimmelsku raak op Oujaar. Ouding het al klaar sy streke probeer strik en vir Sonson geprobeer vertel om sommer Piet se mynick vir jou te loop oorhandig, maar daai ene laat haar mossie sê nie.

    So, ouding sal saam met die son by jou kom inloer en dan wil ouding regtigegtig net van jou se yskoue water hê – Ouding vrek vir lekker water, dankie.

    Gee tog asb. net jou nommer vir Sonson, want ouding skryf die goete nou neer, dan breek die trekker en more loop soek hy daai nommer as ‘n trekkerpart by die kakkerasie.

  26. Pikkelik says:

    ROSA – Jy moet hierdie ene ook doen!!!! Whahahaha, ek sien nou ek tag jou sommer twee maal in ‘n ry!!!! Net omdat jy vir my lag!
    Ding ding, ek belowe vir jou ek gee vir jou ‘n tamaai vet klap as jy ‘n disapearing act op my trek. Die water SAL reg wees en ek maak so met die nommer.
    Nikita – Jip,heeltyd getrek…
    Dankie Louisa en Riaan.
    Emil – dit hou nie op nie… Dit laat my dink aan die fliek “Racing Stripes” op ‘n stadium se die ‘gangster’ pelikaan: “Everytime I think I’m out, they drag me back in!!!”

  27. Nelba says:

    Ek kan nogal insien dat daai broodjie kan lekker wees. Miskien moet ek dit probeer… S26 is lekker. Marco het Loren s’n geeet en toe my sussie ‘n baba was het ek en my pa hare so geeet. Witwyn akkordeer nie met my nie. Ek voel siek en die volgende oggend vra my man my wie’s Johan, want ek het hom so genoem. Deesdae drink ek so min wyn dat enige wyn reguit kop toe gaan. Sad.

  28. ding waar val jy uit, ek trek vir pikkie se stert, nie oor spasie nie maar oor daar nie so baie mense is in huffington nie….

  29. Pikkelik says:

    Rosa – Ai, jy en my stert darem, die ding is al net geraamte soos jy aangaan!!!!! Maar dit voel of hier kiljoene mense bly, net waar jy kyk en loop en sit is mense… Come to think of it, ek dink ‘n 100 mense sal nog steeds te veel wees vir my….

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: