Die drie nee vier goed en toekennings.

Ek is getag deur ‘n Doringmerrie om drie nee vier goed te noem waaroor ek wonder.  Nie maklik nie, want eintlik wonder ek nie oor te veel dinge nie…   Ek is eerlik te besig om my lewe te LEEF…  Ek wonder oor iets, kyk of ek ‘n verklaring kry as ek dit kry, 10 punt vir my, as ek dit nie kry nie, ag wel, daar gaat jy.  Mors nie my kosbare breinkrag op goed wat in alle geval nie veel waarde het nie.   Ek is mos die ‘naiewe’ een!!      😆

1.   Ek wonder hoekom my brein en my vingers ‘n beter verstandhouding het as wat my brein en my mond het!  As ek ietsie tik is daar ‘n direkte konneksie.  Brein – vingers – no problem.   Maar probeer ek nou iets sê…  Brein – mond – terug na brein – mond – terug na brein – mond – brein:  “Verdomp mond dis niè wat jy moes sê nie!!!!”

2.   Ek wonder hoekom dit vir mense nodig is om ander te verneder, sleg te praat en af te kraak net om hulself te laat beter/groter/ouliker lyk.  Elke mens is tog uniek met sy eie gawes en talente, werk eerder aan jou eie as om ander seer te maak net om jou eie ego so op te pomp!

3.   Ek wonder wat sou gebeur as ek ‘n miljoener was en dan in alle geval nog alles weggegee het?  

4.   Ek wonder hoekom betaal ons nog steeds amper R10.00 per liter brandstof as die ru-olie prys met amper ‘n R100.00 geval het?

Nou vir die ander huiswerk.   Bottertjie het my gebless met ‘n blogtoekenning.  Hier is wat sy sê: 

Wow, wat kan ek sê? Pikkie is een van die goedhartigste mense wat ek ken. Sy sê altyd “dankie” vir als en almal. Haar blog is ‘n lekker plekkie om te besoek, want dit voel so homey, warm, plat-oppie-aarde. Pikkie, dankie vir al die dankies wat my hart laat doef-doef van blydskap!

Ek buig laag en sê weer baie dankie.    😆

Die voorwaardes vir die toekenning is dat ek dit moet terugverwys na haar en dan vyf ander bloggers benoem.   Maklik – never.  As ek kon sou ek elke liewe een benoem het!

blog-toekenings-b

1.      Attie se koffietafel.   Want hy hou my op my knieë.  Hy weerspieël altyd die waarheid, selfs sy seer en sy smart.  Hy is eerlik en nederig en het al vele kere vir ander om verskoning gevra.  Selfs as ek gedink het dit is beslis nie nodig nie.

2.    BB.   Want sy bly ALTYD getrou aan haarself en in wat sy glo.  Ek het al menigmaal gesien dat sy op ‘n mooi, volwasse en nederige manier haar standpunt stel wat verskil van die skrywer, en nog nooit het iemand aanstoot geneem nie, want sy doen dit met liefde en respek.

3.    Roer.   Want sy is enig in haar soort.  Sy skryf eerlik, gee vrylik en mens sukkel nie met iemand wat ‘n mol oor die kop probeer slaan met ‘n graaf nie!

4.  Rosalind Franklin.   O aarde wat moet ek sê.  Sy het my al laat gril tot in my kleintoontjie, my laat lag dat ek van die stoel afval.  Sy het my al tot trane gedryf en sy was die HEEL eerste blogger wat een van my comments geantwoord het!            😈

5.  White Knight.   Want daar is ‘n vars uitkyk op alles.  Hy is eerlik in wat hy skryf en hy laat hom nie aan die neus rondsleep nie.  (En nou vra ek om verskoning as die uwe dalkies ‘n dame is, want ek is self nou so deurmekaar soos ‘n trapsuutjies op ‘n smartieboks…)

Ok dis al vir nou.   Ry veilig as julle ry, werk stadig as julle werk, shop spaarsamig as julle shop, rus goed as julle rus en geniet net alles wat julle doen.

13 Responses to Die drie nee vier goed en toekennings.

  1. Adrie says:

    Oe!!!! Wipneus het my omtrent ‘n merrie gemaak. (Ek het ‘n Herriemerrie blog – volgende keer as ek dorings bedank, trek ek daarheen.)

    1 – Dan is jou tande nie in die pad nie. (Ek het dieselfde probleem. Ek het al goed gelees wat ek self geskryf en kon dan nie glo dit is ek wat die goed kwytgeraak het nie.

    2 – Geen pille vir minderwaardigheid nie.

    4 – GELDIGE PUNT. Kom ons toi toi.

    Baie geluk aan die wenners.

  2. Jy het ‘n baie spesialie plek in my hart. My dag is leeg sonder ‘n inloer by jou. Dankie.

  3. spesiale….en van die dinge…ek tik voor ek lees. daai brein-ding van jou🙂

  4. attie says:

    Dankie – Pikkie – deur die loop van die dag doen ek my ding.

  5. BB says:

    Jy weet, dit voel altyd of ek vir my ‘n virtual drukkie hier kom haal… Dankie skat! x

  6. White Knight says:

    Dagse Pikkelik

    Dankie vir jou uitkyk op alles. Waardeer opreg die vriendskap wat ek hier kan bou.

    Groete

    Ps Hierdie Ridder is ‘n man en die Koningin se ook so.😯

  7. Pikkelik says:

    Doringmerrie – Nee wat, ek gaan nie in vir voete stamp nie, sal maar vir Poppedyn stuur, as sy kan toi toi soos sy ‘n tantrum gooi, sak daai prys binne ‘n uur… en dankie vir daai email, amper het ek moeilikheid! 😆
    Rosie – Ai, jy en die spelling… ek dink jou brein hol weg vir jou vingers – jy is net so spesiaal ou Firstname Lastname!
    Attie – My plesier!!!
    BB – Ek druk vir jou sommer stukkend!!!
    White Knight – As die Koningin so sê is dit so! Plesier en lekker dag vir jou!

  8. Carina says:

    1. Want jy het nie jou brein getrain nie!
    2. Want party mense is net gebore met issues wat hulle op ander probeer afstoot deur hulle net so sleg te wil laat voel as wat hulle doen.
    3. Dan sou jy ‘n miljardêr gewees het!! Wat jy weggee, kry jy dubbel terug.
    4. Omdat ons in Suid-Afrika bly! 🙂
    en ek wag nog altyd vir jou posadres…
    Geseënde Kersfees. Ek hoop dis ‘n goeie een.

  9. eilandkind says:

    Jy kan weer daai vraag oor die petrol vra, die ru-olie prys het geval met ‘n 100 dollar, nie net R100 nie.
    Ons petrol het afgekom van $4 tot $1,70 ‘n gelling, sedert die ru-olieprys geval het.
    Dit is ‘n skreiende skande dat brandstof so duur is in Suid-Afrika.

  10. moet ek nou die ene doen of die ander een. ek is nou baie deurmekaar.

  11. Roer says:

    Ag dankie Piks!😉 /me bêre graaf maar eerder oor krismas en gee vir mol ‘n breek (maar SLEGS oor krismis)

  12. Pikkelik says:

    Ai, jai, jai Rosa – Die blogtoekenning ene vir jou!!!!
    Roer – Whahahahahahaha, hiehiehie…. Lekker Krismas mol!!!
    Adri, ja toe, watse gegrrrrr is dit met jou????
    Eilandkind!!! 😯 Wat kan ons sê dis die nuwe SA….
    Carina – ek het jou ge-e-pos. Geseënde tyd vir jou ook!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: