Argimedes, Onskuldige Roxy en Pottytraining

Die onderhoud was heel positief,  NATUURLIK moet ek vir ‘n tweede onderhoud gaan…   Aarde toggie, asof ek nie goed genoeg is nie…                          😈

—- o O o —-

Argimedes – Ja dis wat Mynick besluit het om ons karretjie te noem!  So die outjie het ‘n naam, soos almal my aangeraai het!   Die outjie ry asof hy nie ‘n einde het nie…  Ons is baie tevrede met sy ‘ratwerk’…   Meganies is daar rerig geen probleme nie.

101208-211

Wat die arme siel se ‘bodyworks’ aanbetref,  ja, ag siestog…   ‘n Facelift is sy voorland!

argimedes

Maar die grootste pluspunt is natuurlik die ingeboude ‘AIRCON’!!!   Whahahahahahahahaha!!!!   Nie baie effektief nie!

101208-19

—- o O o —-

Toe ons hier intrek het ons ‘n kleinerige, groot opslaanswembad gekoop wat die kinders in kan speel, maar Poppedyn is so wild ek het die water laat uitloop en die dinge mooi gebere…  Gister maak ek toe weer die ou klein opblaas swembadjie vir die kinders vol om in te plas.  Die hitte is werklik ondraaglik op hierdie stadium in hierdie stukkie wêreld.   Nadat alles rustig in die huis is gisteraand, gaan ek uit om die water uit te tap, en ek skrik my pitte los.  Die swembadjie is weg!!!   HUH????     Na ‘n paar minute se verdere soek, kry ek toe swembad en die skuldige….  

101208-13

Sy lyk darem so onskuldig, en as dit nie vir die duidelike bewyse was nie, sou ek dit seker ook nie geglo het nie!   

101208-17

Terloops, dit is waar sy verkies om te slaap, bo-op die tuinstoel!

—- o O o —-

Poppedyn se dagmoeder is besig om een van die groter dogtertjies te ‘pottytrain’.   En op een of ander manier is die ding besig om af te vryf.  My dogtertjie het nou besluit dit lyk na groot pret en by elke moontlike geleentheid (wat sy skep as dit nie daar is nie…) bring sy die pottie en sit vir ‘n vale!   Nie dat daar al iets gebeur nie, maar ek geniet dit vreeslik!   Natuurlik kan ‘n mens ook nie ‘n toilet gebruik as jy nie ‘n boek lees nie!

101208-02

101208-04

 

—- o O o —-

Adrie, ek sal more my huiswerk inhandig.  My brein funksioneer net-net op hierdie stadium.   Ek sal hom eers moet kick-start!

15 Responses to Argimedes, Onskuldige Roxy en Pottytraining

  1. Dellie says:

    Lief daai aircon!😆

    Is daai swembad nog heel nadat Roxy dit gedrain en opgerol het?😆 Honde en hulle dinge – ek lag so vir Spike die ander aand, Blou Oog se kat het onlangs kleintjies gehad en ons het die een mandjie vir haar geleen. Toe die klein katjies almal huis gekry het, gee sy toe die mandjie terug en los sommer die kombers wat die katte gebruik het daar binne. Jy moes vir Spike sien!😯 Hy het vir ure daai kombers omgedolwe, en moenie dink jy gaan dit wegvat nie, o nee, dan word daar sommer vir jou gegrom! Eventually het hy homself toegemaak daarmee en seker heelnag gedroom hy jaag katte, want die geluide wat van sy kant af gekom het was nogal onaardig!😆

  2. Adrie says:

    Pikkie

    Jou hoeveelste kar is dit?

  3. Adrie says:

    En Poppedyn is te cute vir woorde.

  4. Pikkelik says:

    Dellie – Nee wat, daai swembad lyk soos ‘n sif!!!
    Adrie – My sesde, die eerste was ‘n pienk Mini – jip, ‘n pienke, ek is soooo spyt ek het hom nie meer nie. Toe het ek ‘n Austin Apache gehad, toe ‘n Polo Classic en ‘n BMW (maatskappy voertuie) daarna ‘n City Golf en nou vir Argimedes.
    Carina – 😉

  5. Dit lyk of Argimedes nog baie pret gaan besorg. Sterkte met daardie facelift.

  6. Ogies says:

    Ai, soveel dae, soveel dinge! Jou meisiekind is darem net te pragtig!

  7. BB says:

    LOL!! is daai aircon by die lighter ingeprop???

  8. BB says:

    Ek kan so goed onthou toe my Puppeline (sy’s darem nou al 23!! – ek noem haar steeds so…) haar potty so die huis volgedra het (ongeag of ons gaste gehad het of nie), potty in die een hand – ALTYD ‘n Heidi en Peter boekie onder die arm en haarself daarop tuisgemaak het… (gelukkig darem altyd die doek aangehou😀 ) dan sit sy so op die ‘troon’ en dan sing sy “hhhhhhhhhhhheidiiiiiiii……. hhhhhhhhhheidiiiiiii…”

  9. attie says:

    So ‘n rakker van ‘n hond met so ‘n onskuldige gesig. Sterkte met daai onderhoud!!!!

  10. boendoe says:

    Ek dink Argimedes is verskriklik cute! Aircon or te not!

    Roxy…daai hond lyk of sy die wereld se sorge op haar skouers dra! Kyk net daai ogies…😆

    Poppedyn is vreeslik slim! En oulik! BTW, Pieter is darem nou genadiglik oor sy dinge. Klim self op die loo, hou self sy neus toe, sit self sy oorfone op. Ek moet net afvee. LOL!

  11. Krista says:

    Tannie Krista is vreeslik jammer Roxy laaik van plestiek . . .😆

    Maar oprol en bêre as jy klaar is. Ek wonder of Roxy eers ‘n swem gevat het?

  12. Eendjie says:

    Lyk my dis mode by die Upingtonse honde – my Wollie slaap ook op ‘n tuinstoel!!

    Poppedyn – 😆 😆

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: