Slaap my kind

Slaap my kind

Kurt Darren

Slaap my kind want dis Kersfees nag
En al ons land se liefde is gebêre in Sy hand
Slaap my kind gaan slaap nou sag
Gaan droom dis ‘n dag van vrede in ons mooiste mooiste land

Ek sien hulle stap uit die noorde
Na die grootste kremetart boom
En daar sal die mense al die liedere sing
Van die magtige Nkosi oom

En die aandstêr die kom al hoe nader
En die oumense sing van ‘n stad
En net soos ons voorvaders al jare gedoen het
Volg hulle lankal die pad

Ek sien hulle stap na die suide
Na die skaduwee van ‘n berg
Waar die ritme van wind en gedruis van die see
Die strande vir ewig sal terg

Hulle kom na die plek van die kind
Want dis hier waar jy leer om te loop
En as jy gerus het en kalmte vind
Dan is dit tyd om te hoop

So kom laat ons stap uit die noorde
Na die grootste kremetart boom
En daar sal die mense al die liedere sing
Van die magtige Nkosi oom

Kom saam na die plek van die kind
Want dis hier waar jy leer om te loop
En as jy gerus het en kalmte vind
Dan is dit tyd om te hoop

4 Responses to Slaap my kind

  1. attie says:

    Wat ‘n besondere lied.

  2. Ou Kurt doen hierdie een glad nie sleg nie

  3. boendoe says:

    Nou ja toe. Dan doen ou Kurt IETS reg! :mrgreen:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: