In herrinering…

My laaste twee kaartjies is baie na aan die hart.  My twee groot blogeinas vir die jaar. 

Vir Nathan:

nathan

En vir Zonika:

zonika

Soos Zonika gevra het:

(In haar eie woorde:)

O, onthou my vir my sprankelende self – dis nou die dae wat ek ‘n depro-pilletjie gesluk het;  

onthou my vir my behulpsaamheid die dae as my spiere lus was daarvoor – en dit het ook al minder gebeur;

onthou my vir die bekers tee/koffie wat ek altyd bereid was om te maak – sodat ek rede het om tog ook weer te kan koffie drink;

onthou my vir my altydregvirluister-oor – hoe anders as ek dan so vrek nuuskierig is?;

onthou my vir my breë afpak-rug – hy’s klaar krom, dus kan jy maar laai;

onthou my boek-in-die-hand – het ‘n slim oom dan nie gesê hy wie lees verkeer in die beste geselskap nie?;

onthou my maar vir al die ander goeters wat ons gewoonlik nooit sê nie, of heeltemal te laat wil sê.

Solank iemand my darem net bietjie gaan mis – al is dit ook net vir al my nonsens praat…

———-  o  O  o  ———- 

Zonika, EK sal jou nooit vergeet nie, en glo my ek mis jou baie…  My enigste spyt is dat ek julle nie langer en beter geken het nie.   Rus in Vrede

7 Responses to In herrinering…

  1. Emil says:

    Jip,😦

    Pragtige huldeblyke!

  2. Ek kan nie veel meer as Emil sê nie

  3. Paula says:

    Sjoe, dit is ‘n pragige huldeblyk aan twee besonderse mensies!

  4. Zee says:

    Pikkie, wat ‘n wonderlike tribute vir hierdie 2 baie spesiale mense!!

  5. boendoe says:

    Dis hartseer, maar pragtig.

  6. Ogies says:

    Jou hart is van suiwer goud my maatjie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: