Let the truth be told…

Eerstens, voor ek by enigiets anders uitkom, wil ek graag vir Ding en Piet van Wyk de Vries baie, baie dankie sê vir my CD!   Dis amazing!   En julle weet net nie hoe nie!   Dis is die tweede iets wat ek in my LEWE wen en ek is rerig nie meer 30 jaar oud nie.  Die eerste ding wat ek gewen het was in 1997 toe ek ‘n rugby telling amper reg geraai het.  (R63.50)  Agterna het ek gehoor die punt wat ek geraai het, kan nie in ‘n rugbywedstryd behaal word nie, maar ek was darem die naaste aan die eindtelling.   Oi….    ignoramus ek.  En die tweede natuurlik die tweede plek in die Ding – Pietpyl kompetisie, en weereens het ek dit ampertjies nie gemaak nie!   Nogmaals dankie vir julle….   Mwah!

Nou by die ander storie, waaroor ek sekerlik gestenig gaan word, maar die stoutgat Pikkie het vir ‘n oomblik die oorhand gekry, ek kon haar nie keer nie…   Sy het my gedwing!!!   Die ding staan so, die donkie prentjie wat ek vir julle van Upington gewys het, is nie rerig erig  DIè donkie nie!   Dit is sommer net ‘n kwekery donkiekie….   Maar ek moes julle bietjie ‘n streep trek…  Ek vra nederig om verskoning….   Hier is die regte, egte donkie wat voor die Kalahari Oranje Museum staan!

upington-donkie1

WEEREENS, DIT WAS NET ‘N GRAPPIE!   DIE BEDOELING WAS NIE OM ENIGEEN TE VERNEDER NIE!!!!

 

Naskif:   Ek weet nie van julle nie, maar ek is redelik tot matig keelvol vir hierdie ‘moderation’ storie!!!!!!!!!                                                 👿

19 Responses to Let the truth be told…

  1. ding says:

    **Ouding hou sy trombose stewig met altwee hande en arms vas – hy gaan homself uit lid uit skudlag. Die trane loop al en die hoed is lankal afgelag.**

    Neeeee, Pikkie man! Ding gaan nog minder op HIERDIE donkietjie se rug pas – hy’s weer helemal te groot! Trek hom nader aan die stoep dat Ding van die hoogste stoeptrappie af kan opklim, dan kan Ding daai probeer!

    Kostelik – Ding wou onthou dat hy ‘n ander koerantfoto – destyds in die Gemsbok, ja? gesien het van die vaaltuin-monument, maar wat, ouding kon nie besluit was hy destyds gedrink of was hy gedrink toe hy jou eerste vaaltuin gesien het of ly hy net aan Alzheimers nie. Nou weet Ding ten minste dis nie een van die drie nie – lekker ene, Pikkie. Ding vrek vir ‘n stoutgat!

    Hou die biere koud – ons sien tussen 27ste en Oujaar!

  2. Adrie says:

    WHAAHAHAHAHAHAHAHA

    Ou Pik, jy het my gevang. Hook, line en sinker. Hie Hie Hie – ek het nogal gewonder hoekom doen hulle moeite om dit te adverteer.

  3. flippiefanus says:

    Ja jou stouterd.😉😆 Ek het tog gesien die donkie waarop Ouboet ry is ‘n een van hierdie tuin ornamente.

  4. carina says:

    Ek is ook gevang. En dis nie eers April nie!

  5. Pikkelik says:

    Whahahaha, ek het lekker in my mou gelag, maar tog ook nie, ek dink daar is min mense wat al in Upington was en nou is dit mos so dat mens se geheue nie sulke dinge reg onthou nie. En dan is ek mos nou nie iemand wat so ‘n ding sal staan en doen nie, of hoe? 😉 Ek dink die enigste een wat ERG getwyfel het aan my donkie was Dellie. Ek was SOOOOO bang sy ontmasker my!!! En natuurlik Eendjie, as sy darem toe hier kom loer het was my slinkse plannetjie heeltemal na die maan!!!
    Ding – die biere wag in die yskas….

  6. Wipneus! says:

    Ja, nee dit laat my dink aan my Ouma se woorde.

    “Ek weet nie waar het ek jou gekry nie, in ‘n Checkers sak” 😆

    Jy is die stoutse meisiekind wat ek ken! 😆

    Ek gaan net so paar dae weg, gesels gou weer met jou (((Pikkie)))

  7. Paula says:

    Ek het gedink die donkie lyk n bietjie klein🙂 Gedog jy verwar hom met die regte een🙂

  8. Pikkelik says:

    Agge nee Wippie! ‘n Checkers sak 😯 dit klink so cheap!!! Eerder ‘n Woolies sak, asseblief!
    Ai Paula… jy is darem so ordentlik, wil ook nie ‘n vriendin ontmasker nie! 😈
    Thanks Riaan…
    WAT my net verstom is dat ek vir Adrie gevang het!!!!! Sy is dan ‘n meester met Wikipedia!!! 😈 😯 😆 😆

  9. Ogies says:

    Stoute Pikkie!

  10. demoerin says:

    😆 En die kwekery donkie was dan soooo cute!

  11. boendoe says:

    Gmf! NOU is Upington se donkie groter as Pietersburg s’n! 😆 Jy’t my uitgevang!

    Geluk met die cd…ek’s baie jaloers… 🙄

    Oor die moderation-ding: dis ten minste nie spam nie! En dis altyd ‘n lekker verrassing om te sien daar kruip nog ‘n commentjie weg… 😉

  12. Adrie says:

    Pikkie

    Ek sal jou nou nie so in jou gesig vat en alles wat jy op jou blog se gaan opcheck op WIKI nie. Wel, ten minste nie elke inskrywing nie.

    Lyk my ek sal nou maar moet👿 Jy het my lekker gevang, maar daar is iemand wat my al erger op my neus laat kyk het. 😆

    I don’t get mad, I get even.

  13. BB says:

    Wel, ek wil net seg ek het geweet dissie die Upington donkie daai een in die sloot – maar ek het ook nou nie geweet hóé om vir jou die nuus te breek nie Pikkelik😆 – ek wou jou nie ontnugter nie – ek dog “Shame, die arme ou Pikkelik kom ook nooit ‘bietjie uit’ nie – so, laat sy nou maar glo wat sy wil – as sy ‘n lendelam sement-tuinbeeld donkietjie wil aansien as haar ‘claim to fame’ – then let it be…😀
    LOL!!!
    Dankie vir daai foto’tjie met die ware Jakob!! ‘n Donkie bly vir my een van dié awesomeste animals – gee mens so ‘n lekker nostalgiese gevoelente… Helge sê as hy ooit wéér langs ‘n grondpad moet stop sodat ek sit-sit so al met die oupa en ouma en 5 stuks kleinkinders kan aansukkel en hy teen 3km/h moet agterna-idle los hy my net daar en kry my die volgende dag in die lokasie!!!😈 (as ek ‘n donkiekar sien – is ek óp hom!!).
    (Kannie wag om te kuier daar by jou nie!! ek gaan daai donkie (hoe sê Delsch nou weer so lekker…: bloots ry!!!:mrgreen: – al ini rondte!!! Hiiiiiiieeeee-haaaaaaaaa!!

  14. Pikkelik says:

    Whahahaha – haha – ha…. OOOOO BB, daar draai die skelmstreek op my!!!!!!!! Whahahahaha, sal my leer nè?!!!! 😯

  15. Dellie says:

    Whahaha! Hie-hie-hie @ BB!😆

    Dit was ‘n baie snaakse trick, ek wou jou op ‘n stadium e-mail om te hoor of jy seker is jy het die regte donkie beet?😆 Ek is nou ook nie meer 30 nie, maar jinne, my geheue is noggie sooo sleg nie…😆

    Geluk met jou CD! Ek het eenkeer many moons ago ‘n beesboud gewen…:mrgreen:

  16. Dellie says:

    En daar gaat die moderation alweer!👿

  17. demoerin says:

    😆 amper dog ek my oë is REGTIG moeg, so om by my brein aan te pas…..maar dit is sekerlik sneeuvlokkies!

  18. Pikkelik says:

    Haai DMI!!! Het jy nie geweet dit sneeu in Upington nie!!!! 😆 😆 NOT!!!!!! Maar mens mag droom nè?!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: