‘n Kersgeskenk vir jou!

Wat ‘n jaar!  Ek het soveel nuwe vriende gemaak.  Saam met ander gelag, gehuil, gefilosifeer en verspot gewees.  Hoe sê mens dankie?  Sommer so….

aventer1

Aventertjie jy is so oulik, bly net so, ons is almal lief vir jou!
adrie
Adriana, jy dryf my teen die mure uit!  Maak my gek, maak my woedend kwaad, maar ek het jou nog lief…..
bb
BB – Ons eie ‘showgirl’ met die wysheid sonder weerga!
boendoe
Boendoe, die vrou met ‘n hart vir die bosse en haar mense!  Wat my in Angola inskryf!
botteretjie
Bottertjie – omdat sy altyd tyd het vir help.  Dankie weereens vir my header!
bruinogies
Bruinogies!  Ek het besluit jy het sommer baie ‘GLITTER’ nodig!  So hiersy, net vir jou!
carina
Carina, dit was vir jou ‘n bitter jaar!  Ek haal my hoed vir jou af en glo my as ek sê ek het nog nooit opgehou om vir jou te bid nie!
dellie
Dellie – altyd net daar, staatmaker, regmaker, heelmaker….   Sommer net die Koningin van blogging!
demoerin
Demoerin. omdat jy my kan laat, dink, lag, kwaadword, lag….  lag…..
ding
Ding, ek moes vir jou bietjie op groen grasvelde laat sit en dink het…  Ek is bly jy is terug in die blogwêreld.  Een van die dae lees ek weer jou inskrywing een keer en verstaan en nie vierkeer voor ek agter die kap van die byl kom nie!
eendjie
Eend se kind, op jou rustige onverstoorbare manier gaan jy maar net jou gang!   Dis lekker om by jou te kuier!
eilandkind
Eilandkind, wat hierdie jaar selfs ‘n tornado deurleef het….   Ek lees jou graag….
emil

Emil – Omdat ek meestal te bang is om by jou te comment want ek weet ek gaan my naam met ‘n plank slaan….             😆                        Ek word wys by jou!

flippiefanus

FlippieFanus, omdat jy op jou stil manier jou plek kom volstaan het en ‘n goeie ‘job’ daarvan doen!

ice

Ice – sommer net omdat jy jy is!

kaalvoet

Kaalvoetertjies!   omdat jy die mooiste foto’s neem en altyd eerlik is!

louisa

Louisa – Omdat ek sooooo lekker kan lag vir jou inskrywings!   (Sien jy ek het vir jou fairy ‘n kersvader hoed opgesit???)

nelba

Nelba – omdat jy ‘n omgee mens is wat net is wie jy is.   En omdat jy so mooi kan skryf!

netjane

Netjane – waar die romanse nog so hoog loop!  Jou trourok was ongelooflik mooi!  Wees altyd gelukkig, werk hard en speel hard…  Die huwelik is gemaak vir gee en vir neem….

125neykie

Neykie, omdat hierdie jaar so baie van jou blywees gesteel het, mag al die jare wat voorlê bestrooi wees met liefde en lag!

paula

Paula, omdat die swaarkry amper verby is!   Volgende jaar gaan ‘n besondere jaar vir jou wees!

riaan

Riaan   –   Ons aanlyn prokureur….   Dankie vir al die raad en opmerkings.  Dankie dat jy vir my gewys het dat daar wel nog eerlike prokureurs is…..

roer

Roer – my mede naiewe vriendin….    Wees gewaarsku sy vatiekakie…  Of jy nou ‘n mol of ‘n mens is…  Gedra vir jou!

rosa

Rosa – dit was damn moeilik om vir jou ‘n fairy te kry!!!   Omdat jy altyd die waarheid deurgee… en ook soveel emosie kan deel!

rustig

Rustig – want jy laat my lag en huil alles in een sin…

sandra

Sandra – want jy sit iets by wat iewers gekort het!

111-sonkind

Sonkind – want jy is so anders eenders….

148wipneus

Wipneus – wat altyd bereid is om tussen die maan en sterre uit te kom om met my te kom praat.   Wat altyd raad het en so kan lag dat ek naderhand ook lag!  ‘n Kosbare pêrel wat ek teen my bors troetel!

krista-en-jaco

Die Wosonki’s – omdat julle so onbehoorlik spesiaal is!

 

zee

Zee – ‘n kryger…  Wat veg vir haar mense en vir wat reg is!  Vir my ‘n rolmodel…  Iemand om na op te sien!

Ek weet dit is nie almal nie, en ek weet as ek vanaand in die bed klim gaan ek my backside skop oor hierdie of daardie ene….  Maar dis ‘n begin.  Ek gee nou al julle geskenkies want baie gaan met vakansie of gaan nie lees nie!   As jy weggaan, ry veilig en rus lekker uit!

 

46 Responses to ‘n Kersgeskenk vir jou!

  1. EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  2. Dellie says:

    Pikkie, jou dierbare ding, dis pragtig! Ek het sowaar trane in my oë, dis rerig ‘n baie spesiale geskenkie. Baie dankie!

    En baie dankie vir die “ander” dinge ook, jy weet waarvan ek praat. Jy het ‘n hart van goud, en ek is so bly dat ek jou kon leer ken hierdie jaar. Eendag kom gryp ek daai donkie in Upington aan die ore, en ry hom bloots! 😉

  3. Adrie says:

    Genade, Piks. Ek dog jy pak. Jy het darem baie moeite ingesit.

    Baie dankie.

    Dit is spesiaal, al raak jy gereeld briesend vir my. 😆

  4. Hi Pikkie.

    Baie dankie. Ek het daar op Nuustak vir jou mooi dankie gesê. Hê ‘n wonderlike Christusfees.

  5. Pikkie!!!! Ek is gek-gek-gek oor my fairy, is pas by my. dankie dankie dankie maat, dit was en IS heerlik om jou hier raak te geloop het.
    Jy het goed gekies die feetjies en kabouters pas by die mense.
    Alles wat mooi is vir jou.

  6. Wipneus says:

    Jou dierbare ding!! Jy weet mos ek hou van fairies en nou het iemand vir my ‘n spesiale fairy gemaak! Ek gaan hom print en by my kersboom en ook op my kersfees blog sit :mrgreen:

    Baie dankie, ek waardeer dit (((((Pikkie))))

  7. Roer says:

    Pikkie, hoe maak jy my aand. Dis pragtig en ek waardeer die moeite wat jy daarin gesit het. Jy en jou gesin moet ook lekker rus en veilig reis na 2009. Nog net ‘n klein bultjie oor. (((Pikkediks)))

  8. Adrie says:

    Ek moet gou eers weer kom kyk. Ek dink ek gaan myne ook uitprint.

  9. Pikkelik says:

    Ek is bly julle hou van julle geskenkies!!!! Dis julle s’n. Print dit uit, sit dit aan jou Kersboom. Of sit dit op jou blog! Whatever! Dis joune!!!!

  10. maxie says:

    Sjoe, dis pragtig!
    Dit pas so mooi by almal.

  11. Louisa says:

    Dankie Pikkie, dis pragtig! Ek love it… 😀

  12. boendoe says:

    Dis nou ‘n lekkerder as lekker verrassing! Dankie, Pik. Dit moes jou ‘n leeftyd gevat het! 😆

  13. Zee says:

    For me are speechless….

    Pikkie baie baie dankie. Wow, my eerste kersgeskenk.

    /me gaan print dit gou en steek dit aan haar kersboom vas!

  14. Paula says:

    Pikkie! Dit is absoluut kosbaar en pragtig! Baie baie dankie vir jou vriendskap! Jy is ‘n ster duised! Mag God jou seen in die nuwe jaar met voorspoed geluk en vrede!

  15. flippiefanus says:

    Baie, baie dankie Pikkie. Dit is so spesiaal. Vir elkeen ‘n gepasde boodskap en ‘n spesiale prentjie daarby. Dis kosbaar. Dit moes jou ure gevat het om alles te maak. Ek hoop vir jou ook alles wat mooi is in hierdie Kerstyd.

  16. BB says:

    Niemand het my nog never ever ooit as ‘n fairy aangesien nie – en daar’s ek nou ook een – dis nou ‘n behoorlike ‘affêre’ vir my!! Jy’t my nou stil! Al die inskrywings en byskrifte is so stunning en mooi bedink… dis baaaaaie spesiaal!! Dankie skat! x

    Hand in hand, with fairy grace,
    Will we sing, and bless this place.
    ~William Shakespeare, A Midsummer Night’s Dream

  17. BB says:

    Zee, wat ‘n wonderlike idee!! Ek ditto daai een!!

  18. Krista says:

    Dankie baie Pikkie. Dis baie cool!

  19. demoerin says:

    WOW…dankie man! My eerste pressie!

  20. aventer says:

    *bloos*

    dankie jy

    ek is net so baie lief vir julle ook, shame. Julle moes met die beangste tienerdae opgeskeep sit

    Dankie Pikkie

    Lief jou baie en geniet jou vakansie 🙂

  21. Emil says:

    Dankie, Pik. Geniet jou rus en die seisoentyd ook. Ek is mal oor my elfie / stoute kabouter 😆

  22. neykie says:

    Pikkie

    Dankie vir my geskenkie, jou woorde het my sommer in trane laat uitbars. Dit was vir my ‘n voorreg om in hierdie jaar mense te leer ken sonder gesigte. Maar dis julle wat my altyd moed in gepraat het.

    ek huil sommer weer.

    Lekker naweek
    😆

  23. Ogies says:

    Goed, ek sien jou plan. Jy gaan ons almal snot en trane laat huil sodat ons die nuwe jaar met ‘n moerawiese smile kan binnegaan!!! Dankie Pikkie. Waardeer dit meer as wat jy kan dink!

  24. ICE says:

    Thanx vir die nice Fairy geskenk Piks!

  25. sasports says:

    Alles goed en wel, maar wie gaan die krieket wen?

  26. Pikkelik says:

    Aarde toggie Sasports, dit is nou so naby as voertsek aan spam…. 😈 Maar ek sal vir jou hierdie keer oorsien, want dis Kersfees. Maak dit maar jou kersgeskenkie! Miskien moet ek bysê jy vra die verkeerde persoon… 😯 Ek is ‘n volslae sportidioot! 😈

  27. […] Pik.  Toe ek vandag sukkel om uit die moeras te kom, het die gedagte aan jou  en jou geskenkie my weer laat dankbaar […]

  28. Sonkind says:

    Pikkie – dit is die mooiste, mooiste iets wat jy hier gedoen het! BAIE, BAIE dankie vir my feetjie present 😆

  29. aaaag pikkie ek mis jou klaar.

  30. Pikkelik says:

    Maar Rosarasie! Ek gaan nerens heen nie!!!! 😯 Ek sê mos ek gee net solank julle geskenkies voor die gelukkiges met vakansie gaan!!!! 😆

  31. Netjane says:

    Haai Pikkie! Die hele week kerm ek al vir by almal wat wil luister en hier sit ek nou met NET SO ‘N GROOT glimlag!!

    Jy’s amazing!! Ek is mal oor my feetjie – jy’t soveel moeite met al die bloggers gedoen. Die persoonlikhede en style kom regtig deur!

    /me gee jou sommer ‘n klapsoen!

  32. […] off, I’d just like to say a big thank you to Pikkelik for this lovely fairy she made me. How cute is that?! It’s even got the Christmas hat […]

  33. ding says:

    Pikkie!!
    Baie, baie tienemiljuisende dankies! Dis die mooiste ’bouter ooit! Gits, Pikkels, ouding is nou soos ‘n kind by die Kersboom!
    Dankie vir jou dierbaarheid.
    En Pikkie, mag Ding maar net sê – Ding se ’bouter is vir Ding die heel ougatste van almal. Wat vir Ding wel treffend is, is dat elkeen se geskenkie perfek pas! Dis asof Ding die mense in die geskenkies kan SIEN – rappadapdap – jy’s geseënd met al die talent!
    Ding gaan nou met sy ’bouter speel….

  34. Rustig says:

    Baie dankie Pik. Alle seën vir jou en familie in die feestyd.

  35. Mefri says:

    Pikkie, wat ‘n fees, ek kan my verkyk aan die oulike feevolkies. Hulle is almal skattig en dierbaar en die sorg en liefde waarmee jy hulle geskep het, straal uit elkeen van hulle uit.

  36. Sandra says:

    Baie dankie ook vir my feetjie sy is pragtig. Beste wense vir jou en jou gesin en ‘n wonderlike Christusfees!

  37. carina says:

    BAie dankie Pikkie! Dis baie sweet. 🙂

  38. eilandkind says:

    Hi Pikkie!
    Baie dankie vir die Kersgeskenkie, ek kom nou eers hier uit.
    Baie geseende Kersfees vir jou.

  39. […] ook aan Pikkie vir my kersgeskenk. Jou woord het my trane in my oe […]

  40. Mefri says:

    Pikkie, jy is PRAGTIG!! Ek lief dit om jou oral raak te lees soos nou-nou daar by Flippiefanus. Kan jy onthou? Ek het laaaaank terug vir jou kom dankie sê omdat ek my byna dood gelag het vir jou pittige sêgoed daar by die Gestorwe Sodaat? Ek geniet jou skattige skreeusnaakse natuurlike-self oor ʼn honderd.

    Dankie ((((Pikkelik)))) vir die goudgeel sonskyn waarmee jy soms onwetend my somberhart verlig het en die weer die glimlag kom terug plak het waar dit hoort; in my oë en blinkplesierig op my mond.

    Jy laat my aan ʼn ondeunde kabouter-vlinder met grootronde smaraggroen ogies dink, wat woeps op my neus kom spring; skewebek – skeel-ogies trek, sommer net omdat dit is wie jy is.

    Ek sien ook jou sagte dierbare, innemende meer ernstiger JY ook raak, die ene wat omgee en haar blog-maatjies se menswees in so mate ken dat sy vir hulle nommerpas kunstige kosbare hartsgeskenkies kon skep, soos net ‘n ware vriendin sou kon vermag.

    Geseënde Kersfees liewe Pikkie, en mag die belofte van voorspoed vir jou waar word in 2009..

  41. Eendjie says:

    Baie Dankie vir die geskenk Pikkie! Jy is ‘n mens van vele talente – is daar iets wat jy NIE kan doen nie??!!

  42. […] dankie aan Pikkie vir hierdie baie besonderse geskenk, ek sit hierdie kosbare geskenkie ook onder my boom […]

  43. Pikkelik says:

    Eendjie… Ek kan NIE kos maak nie, brousels en houtskool is jou voorland as jy by my eet!!! 🙄

  44. Ek het uiteindelik hier uitgekom en baie dankie vir my geskenkie!

    Ek is so ver agter met leeswerk dat ek seker nie gou sal doodgaan nie 😉

    Ek wag net vir ‘n comper dan kan ek weer skrywe vanuit die Ooste! Ek mis my lekker warm dae by die see! Hier kan ek die see sien, maar dis blerrie koud!

    Geseende Kersfees vir jou en jou familie!

  45. […] Pikkie my Siamesie het vir my ‘n feëtjie van Fairyland af ingevoer! […]

  46. […] Pikkie my Siamesie het vir my ‘n feëtjie van Fairyland af ingevoer! […]

Leave a reply to ICE Cancel reply