Moontlike ontnugtering!

Hierdie plaas ek vir almal wat nog altyd gewonder het oor Upington se ‘Donkie’ monument.  En vir BB wat gevra het.   Ja dit bestaan rerig, daar is rerig so een en op toeriste foto’s lyk dit rerig ‘impressive’.  But the truth be told….

 

image681

image682with-corner-copy

Hier sit Ouboet op die donkie, twee jaar terug toe ons hier vakansie gehou het.  Hy was toe twee jaar oud.  Ek het al groter sement donkies by kwekerye gesien, maar Upington het rerig ‘n ‘Donkie’!  Dit staan by die Oranjerivier-museum. 

Nou gaan ek julle nie verder ontnugter nie!   Ek sal bietjie later vir julle ‘n foto post van wat vir my die ‘amazingste’ landmerk in Upington is, maar tot dan, wederom, ek pak!

19 Responses to Moontlike ontnugtering!

  1. boendoe says:

    😆 😆

    Ek wil darem net se…Pietersburg het OOK ‘n donkie! ‘n Proper groot donkie! Simpel ma’s wat ons is, Pik! Ek het my twee ook oppie donkie laat pose vir ‘n foudie…jarre gelede!

  2. Paula says:

    Jittetjie tog … ek onthou van die donkie monument! Toe my skoonouers daar gebly het so ‘n paar jaar gelede het hy ons die donkie gaan wys!

  3. Pikkelik says:

    Hallo Boendoe, bly jy is weer op die lug, al ‘werk’ jy van 5 tot doodval!!! Maar nou het jy weer in die spambox gaan vassit!
    Paula – funny nè! Daar’s dinge wat die brein vergeet tot hy weer in rat geskop word!

  4. ding says:

    Ding HET al minder aanskoulike vaaltuine gesien, moet Ding bieg!

    Ding sal hom Oujaar loop soek, maar Ding sal soooo nie op daai donkietjie sit nie – is net daar waar Upington twee halwe donkie-monumente sal hê!

  5. Pikkelik says:

    Ding, ek is ook nou wragtig nie ‘n swaargewig nie, maar sit sal ek ook nie op hom nie! Shame, die arme ou diertjie! 😆 😆 (Jou hmmmm……, boude sal brand as jy nie Oujaar ‘n draai by ons ook maak nie!!!!) 😈

  6. flippiefanus says:

    Ek is baie nuuskierig wat hierdie ‘amazingste’ landmerk in Upington is. Jare terug toe ek self nog ‘n tjokkertjie was het ek gereeld in Upington gekom want my ouma en oupa het daar op Klippunt gebly. Maar ek sal seker nie hierdie landmerk herken nie. Ten lank terug.

  7. Wipneus! says:

    Ok ek dink ons moet ook maar ‘n donkie kry:mrgreen:

  8. roer says:

    Monument?😯😆

  9. Dellie says:

    Ek onthou iets van die donkie in Upington – maar somehow onthou ek dit so effens groter…

  10. Rustig says:

    So ek neem aan ons gaan almal die Kersfees by Pik afpak en dan die donkie kyk en ry in 40C hitte. Boude blase brand op die donkie.

  11. Pikkelik says:

    Flippie Fanus, net nog bietjie geduld, ek moet net die moed bymekaarskraap om in my kar te klim en ‘n foto te gaan neem, maar dis darem so lekker in die huis met die aircon.
    Ja, Siamees!!!! Dan voel jy sommer nader aan my! 😆 😉
    Dellie, miskien was jy toe kleiner???? 😉
    Rustig, oggie toggie, help my!!!! Afpak kan julle afpak, maar wees gewaarsku, julle gaan ingepak word! Ons trek 29 Desember! 😆 😆

  12. Pikkelik says:

    Roer, daar kruip jy toe weg in my ‘awaiting moderation’ boksie! Dit was actually my eerste reaksie toe ek die ou dingetjie gesien het! 😯

  13. pikkie!!!! ek lewe!!! (gemaak om na toiletpapier te strewe,,,,,)

  14. Rustig says:

    Ons sal help pak vir die trek. Sorg net dat die biere yskoud is. Oranjerivier water is daremnet te louwarm vir drink.

  15. Nelba says:

    Sjoe, Pikkelik! Oulike donkie. En voorspoed met die pakkery…

  16. Pikkelik says:

    Hallo Rosa!!!!! Jeits, bly jy is terug… het al begin wonder!
    Rustig – OOOOO ek sal soooo dankbaar wees. Het ek al genoem dat Nic werk en ek die hele pak en trekkery (alweer) self moet aandurf???? Bier?, baie baie baie bier sal bedien word!
    Nelba – ag dankie, ek weet jy WEET hoe ek voel!

  17. ding says:

    Dat ‘n vaaltuin-gesels nou vir ouding so laat lag dat hy amper bo van die stoep af skaats!
    Hierdie geselse is almal so kostelik!
    Rooskind se toiletpapier … solank dit Superman prentjies op het! Ding kry sommer so ‘n sterk superhero gevoel wanneer Ding homself verlustig aan die idee dat hy hom selfs aan Superman afvee😳

    Roerie se gesels is prysloos.

    Pikkie, as ouding luister na Rustig, dan sien ouding sy boude gaan buitendien brand, waag hy dit in Upington! Maar ding stem saam met Rustig: as die biere kort duskant vriespunt is, kan ons gesels ja!

    Maar ja, as Oujaar volgens plan verloop, sal die Son skyn en Ding maar aldeur iewers naby aan die strale wees. So, Pikkie, stuur die woord son toe – dan word julle dalk gehelp trek😉

  18. BB says:

    LMGA @ Roer!!!🙄
    Ag ok Pikkie – ek sal in elk geval kom kuier – die donkie was net ‘n verskoning…😆

  19. […] vir die blik…Wie?Sarie – 28 Januarie 1970 Mej SA TagOutismeEnige beter beskrywing van liefde????Moontlike ontnugtering!Grrrrr […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: