Eendag….

Eendag lank, laaank gelede in ‘n reënboogland vol probleme en moeilikhede, wat geknel was in ‘n finansieële krisis, wat gebuk gegaan het onder kragonderbrekings, vuil water en baie klein salarisse wat moes betaal vir alles wat daagliks duurder geword het….

Was daar ‘n vrou wat nie vol nonsens was nie….

image0011vrou

 

Maar dit was laaaank gelede en dit was net EEN dag…..

Vandag is ek daardie vrou!!!!   Wanneer ons einde Desember na ‘Lelik’ toe trek sit ons met ‘n vervoerprobleem.  Mynick sal nie 8km grondpad met die Vucka (motorfiets) kan ry nie.  My senuwees sal dit nooit hou nie!   Met ander woorde, wie gaan ry en wie bly by die huis.  Hy begin 7 uur in die oggend te werk en kom nooit voor 7 uur saans tuis nie.  Daar is nie ‘n manier hoe ons almal kan saamry nie.  Verder kan ek ook tog nie daardie tyd van die aand terug ry dorp toe om hom te gaan haal nie.  Poppedyn slaap dan al!

Maar ons Vader was goed en my man het vandag vir my ‘n karretjie gekoop.  Dis nou nie naastenby soos Bib se kar van ‘n ruk terug nie, sommer ‘n regte ‘skorra’!  Ons kan nie ‘n motorpaaiement maandeliks bekostig nie, so wat ons koop moet ons kontant koop!   Weereens het my man my verras….   Kyk net hier….   Hiehiehiehiehie…..                                                         😆

chevy_1300_ls_3d_hatch_bw_south_africa_1978

Ek kry die outjie eers more so dit is sommer ‘n internet foto.  Maar dit is ‘n 1977 Chev Hatch.  ‘n Suid Afrikaans vervaardigde motortjie.   Ek dink nog steeds dis vreeslik oulik, en snaaks en ek dink die ander mense gaan my vreeslik jammer kry omdat ek so ‘n OU karretjie ry, maar ek is in die wolke!   Ons het gekry wat ons nodig het en dit is genoeg.  Ek kan net op my knieë gaan en baie dankie sê.  Ons is geseënd.

18 Responses to Eendag….

  1. Ogies says:

    Pikkie maar dit is ‘n cute klein karretjie!!

  2. Dit is cute en kontant is koning

  3. ICE says:

    Onthou net dis joune!

    Jy sal na so ‘n paar dae vir hom/haar ‘n naam moet gee!

    Ek hoop jy het duisende lekker kommervrye myle!! (of killo’s)😉

  4. Louisa says:

    Pikkie, solank dit jou van A tot B kry, ne?🙂
    Jou karretjie het soveel karakter ek reken jy moet hom/haar ‘n naam gee?

  5. lxding says:

    Pikkie – dis die mooiste mooi van jou: dikwels wil ons nie he wat ons nodig het nie. Ding hoop ons neem almal ‘n veer uit hierdie hoed: om die insig te he om geseend te voel omdat ontvang is wat nodig is. Mag julle nuwe toevoeging tot julle huishouding inderdaad nog baie veilige myle saam met julle afle!

  6. Jo-Ann Schou says:

    Pikkie,

    Ek mis baie dae my ou rooi Opel Ascona – sy was 21 toe ‘n ou man in ‘n Golfie haar buite die versekering se bereik flenters gestamp het.

    Sy was sterk, betroubaar, geduldig en altyd bereidwillig. Ek het haar vir min gekoop, bietjie gepoets en gediens en toe die wêreld vol gery en swaar vragte gesleep. Ek dink ons het 4 Rittelfeeste saam gedoen – gepak tot die dak met ‘n vol sleepwa aangehak en ons het twee keer Nam toe gery – die eerste keer al die pad Walvis toe. Mos gesê bereidwillig. Met 4 x 120 lugversorging….

    As ek die dag van die ongeluk in my huidige motor was, sou ek seergekry het. Skarumba het net so ruk en sidder gegee en ek was OK. Sy was nog van dik blik gemaak. Die Golf was in baie meer stukke en is afgeskryf.

    Jip ja, ‘n kar soos daardie het karakter en kan nie naamloos bly nie.

    Gee naam en nooi ons na ‘n virtuele doopplegtigheid….🙂

  7. Charmaine says:

    Dit is ‘n vreeslike oulike karretjie. Ek wens julle ook baie veilige myle met hom/haar. My karretjie is ‘n haar en haar naam is FROG… Fully Rely On God. Dankie vir jou inloer op my blok Pik. Ek het nou sommer lekker gekuier op jou blog. Ek is gek oor die inskrywing van die Skip wat nie kan sink nie. Hoe wonderlik gepas so voor die malligheid van Kersaankope om die belangrikste te onthou

  8. Krista says:

    Weereens mis ek my 1989 Mazda 323 – rooi Stoffel – verskrilik. Veral met Koos (1999) wat WEEREENS by die gulsige mense staan om gefix te word.

    Geniet jou tjorrie – ons wil ‘n naam hoor, hoor!😉

  9. Dis ‘n karretjie met karakter! Geluk!

  10. maxie says:

    Dis ‘n vreeslike cute karretjie!
    Lekker ry!

  11. maxie says:

    PS. Dankie vir “Skip van drome”.
    Presies wat ek nou nodig gehad het.
    ((Pikkie))

  12. Sonkind says:

    Pikkie, dis soos die ander se, hierdie karretjie kan jy nie laat leef sonder naam nie. Dis nie vandag se plastic karre nie, dis ‘n oumeneer van ‘n kar.

    Hy verdien respek – en ‘n naam.🙂

  13. Eendjie says:

    Cute verby!! Geniet hom/haar. 😀

  14. Antie Koekie says:

    hallo, Pikkie!!!!!!
    het nie eens geweet jy’s terug op lug en toe is jy al by 25 000 hits verby!
    you go girl!
    my finansies het my nie die afgelope tyd lans gegee om orals in te loer, maar ek was so bly toe ek by louisa sien jy’s weer met ons!
    lyk my eerder dis ek wat te lanj weg was?!
    geluk met jou nuwe plekkie en jou karretjie, myne is ook van voor noag!!

  15. carina says:

    En onmiddelik dink ek aan Stander (die movie). Te sweet maar ek voorsien ‘n probleem indien chev jou gunsteling bly as ouboet eers in die skool is….:)

  16. Nelba says:

    My ma ry ‘n ou Chev en getrouer kry jy nie sommer nie…

    Mag jou oulike karretjie en jy goeie myle opsit!

  17. silwermaan says:

    Niemand gaan jou jammer kry nie….die meeste gaan jaloers wees!!!

  18. Dellie says:

    Ag sy is pragtig, en die meeste van ons is jaloers! Hoop julle beleef baie voorspoedige kilometers saam. Het jy al aan ‘n naam gedink? Sy MOET ‘n naam kry!😉

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: