HULPKREET!!!!

AL JULLE HONDEKENNERS – HELP MY!!!!   

Ek sit met ‘n tamaletjie!  Nee wag, eerder ‘n kougom, want dit hou langer, julle onthou mos vir Roxy en Scooby Doo!   191108-20Nou die twee maak my gek!  En nee, hulle is groot vriende, speel die gras uit, hardloop die wêreld vol, skeur en byt alles stukkend, bemors die wêreld en slaap saam, die ding is hulle wil om de dood nie droë hondepille eet nie!  As ek kookwater opgooi en dit laat afkoel sal hulle dit maar so langtand eet, maar droog – huh-uh – hulle sit nie hulle monde/bekke daaraan nie!  Hulle het al tot vir twee dae sonder kos gebly, totdat my hart dit nie meer kon hou nie en ek maar weer die hele kookwater-episode deur is….

Ek is nou nogal bekommerd want dit kan mos nie goed wees vir hulle tande om net heeltyd sagte kos te eet nie!  My honde kry glad nie oorskietkos nie, net so een maal ‘n week ‘n lekker slaghuisbeen.  Ek was nog nooit in my lewe sonder ‘n hond nie, maar hierdie een het ek nog nooit teëgekom nie.

Groot asseblief, help my!

191108-30

(BTW – hulle het ‘n lieflike mandjie om in te slaap, maar verkies die grond, ek dink hulle kry dalk te warm in die mandjie!)

17 Responses to HULPKREET!!!!

  1. Paula says:

    Hulle is die twee oulikste gesiggies!

    My sussie koop ‘n sousie wat sy oor die hondepille gooi … en die honde smul baie lekker daaraan. Ek dink dit is ook Pedigree, maar is nie heeltemal seker nie. Heel moontlik sal hulle so oorreed word om die hondepille te eet. Verminder die sousie stelselmatig en hopelik werk dit!

    Sterkte vir jou!

  2. Tersia says:

    ‘n Hond is soos ‘n man…… een keer bederf, MOET jy dit altyd doen! Lekker naweek!

  3. Krista says:

    Jy moet maar afwissel aan die blokkies, koop eers net ‘n klein pakkie van ‘n soort/brand en toets eers.

    Ons honde vrek oor Vet’s Choice – hier kos dit R396.00/20kg.

    Anders, hou by die kookwater en kry vir hulle chews om aan te kou en hulle tande skoon te hou.

  4. meermin says:

    Hulle is pragtig!!

  5. Krista says:

    PS: daai pienk pokkelpensie van Scooby is te dierbaar!

  6. Wipneus! says:

    Shane is baie vol fiemies met hondekos hy eet net die gemengde soort. Ek weet nou nie wat jy dit noem nie. Maar jy sal sien dit is allerhande kleure op die sak.

    Jou hondekinders is te oulik Pikkie🙂

  7. Bottertjie says:

    O, nee, kyk, ek dink hulle is klaar bederf! Dalk moet jy maar die sous-ding probeer waarvan Paula praat. Anders kan jy bene by ‘n troeteldier-winkel koop waaraan hul hul tanne kan aanknaag.

  8. Nee, geen raad nie. Die twee lyk vir my heel gesond en baie gelukkig. Jy doen iets iewers reg.

  9. carina says:

    Bederf…daar is nie raad daarvoor nie! 🙂

  10. boendoe says:

    Nee, Pik, ek is nie bekend vir my liefde vir diertjies nie, maar common sense se vir my hulle sal na ‘n week of twee wel die pille droog eet! 😆

    Oukei, ek hol gou in ‘n grot in…koes vir die klippe!

  11. Zee says:

    Nee kyk, al raad wat nou oorbly is maar om vir hulle skaapboude te gaan koop….

    Jouse honnekinners is pragtig Pikkelik!

  12. Pikkelik says:

    Dankie vir almal se raad (of geen raad nie)! 😆 😆
    Ek is egter geneig om hoe erg dit ook al klink met Boendoe saam te stem. Ek dink hulle moet nou maar net honger bly tot hulle besluit om hulle pille te eet! Alla wêreld, ek doen nie eers soveel moeite met ons kos nie!!!! :mrgreen: So kom klippertjies kom, ek en Boendoe sal ons pantser!!! 😆 😆

  13. Ogies says:

    Dink Boendoe het die beste raad. Dis mos maar so met kinders ook. Hardkoppig oor kos totdat die hongerpyne net te erg raak.

  14. Dellie says:

    Jip, as hulle rerig honger word, sal hulle wel eet. Hulle sal nie vrywilliglik dooi van die honger nie. As jy nou bederf met allerhande sousies en goete, is jou drama beslis geboek!😉

  15. Roer says:

    Ek het sommer geweet Krista of Jaco sal kan help. Bly om te sien dit gaan nog goed Pikkediks.😉

  16. maxie says:

    Ek het dié raad by ‘n veearts gekry toe ons dieselfde probleem met ons Lab gehad het:
    Gooi’n paar stukkies knoffelpolonie tussen hul pellets, dit behoort jou probleem op te los.
    Laat weet of dit gewerk het….

  17. Krista says:

    Roxy se vorige mamma sê sy’t nie ‘n probleem gehad om Bobtail te eet nie – sy’t hare EN die ander s’n geeët. Miskien is dit die probleem – Scooby Doo is nie genoeg kompetisie vir die kos nie, daarom is sy nou lekkerbekkig!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: