Ek het hierdie e-pos vandag in my mandjie gekry en gedink ek deel dit gou met julle.
Kostes R25 per jaar om julle kinders se selfone te block teen pornografie. Ek weet ons kinders is onskuldig, maar die elemente kry enige nommer in die hande en kinders kyk, want hulle verstaan nog nie hierdie goed nie. Ons moet ons kinders beskerm. Ek het Bronwen al 3 jaar lank hierop en ek weet sy is veilig as dit by haar telefoon kom.
SMS 41333 en tik dan in “Block en dan die kind se telefoon nommer”. Die kinders weet ook nie julle doen dit nie, en hulle sms julle elke jaar om die subskripsie te hernu, dit is nogal cool vir ons ouers. Stuur dit ook aan na al julle vriende en familie wat ook kinders het. Saam sal ons die duiwel terug stuur na die donker dieptes van die hel!!!!!!!!
Groete
(Natuurlik gaan ek nie die naam hier sit nie!!!!)
Verder is my nuus nogal opwindend! Ek is alweer besig om te pak! Ons trek tussen Kersfees en Nuwejaar in Lieflike Lelik in!!! HEEEEHAAAAA!!!!! Ongelukkig is ons huis nog nie verkoop nie, maar ons gaan daar huur met die opsie om te koop. Niemand sal weet wat dit vir my beteken nie! Uiteindelik kan ek weer in die grond grou, in die veld loop en skree as ek wil – (nog steeds nie te hard nie, ons het darem bure!!! LOL), maar daar is genoeg plek om AL my meubels uit te pak, om al my bokse uit te pak en te weet dat ek nie weer binnekort hoef te trek nie!!! Ons gaan nie meer in ‘n tou staan om te PP nie, ook nie om te bad nie! Daar is vyf toilette, en vier storte, make your pick!!! En nou is julle almal sommer genooi om te kom kuier in die Groen Kalahari! Lekker week verder vir julle, ek gaan besig wees!!!
hi daar wat done jy nog als….?? wou net kom hallo seg
Pikkie
Lyk my jy trek in ‘n hotel in.
Geniet dit. As jy verveeld raak, kan jy by my kom regruk.
Pikkie, veels geluk! Lyk my jy het jou droom verwesenlik. Nou hoop ons net daardie huis van julle verkoop gou.
Groen Kahari?!! Hoop jy neem foto’s.
Ag, ek is so bly vir jou! 😀
Jy beter vir ons fotos wys…
Dankie vir die selfooninligting, dis great!
Lekker pak!
dankie vir die inligting! Ek is bly vir jul met lieflike lushof! Kan nie wag vir fotos! Onthou om plante te kom haal! Lekker pak! Hoop jul is baie gelukkig daar!
Dankie almal, ek is baie opgewonde, my Vader is goed vir my!
Pikkie, ek is so bly saam met julle. Ek kan net dink hoe daai twee spruite weer gaan “boer”. Ag ek is sommer net so dankbaar. God is groot!
Ek is bly jy het jou “lelik” gekry Pikkie, ek sal definitief vir jou ‘n naambord van pottery maak ! 😆
Ek is ook bly vir jou Lieflike Lelik! Hierdie is seker ‘n “lekker” trek? 😉
Lekker trek want vir my is dit aaklig, maar as jy eers ingestel is dan kan jy agteroor sit en jou huis geniet.
Lekker dag
Dagse
Trek die kleinste woordjie met die meeste werk. Wel dis darem beter as jy na ‘n plek toe trek waar jy wil wees. Geniet dit.
Groete
Geniet die trek en uitpak in die nuwe tuise! Ek weet hoe jy voel 🙂
Sterkte!