Verskoon my asseblief…

1032145kg6gtxxhfe

Ek is nie op ‘n lekker of goeie plek in my lewe nie….   Ek moet weer gaan soek na dit wat ek preek…  Ek gaan nie weg nie, ek gaan net vir ‘n bietjie stil raak.  Net vir ‘n bietjie weer myself soek, (en dit kan nogal ‘n mission wees…) en moontlik nog van tyd tot tyd hier ‘n geselsie kom aanknoop, maar eers gaan ek net weer myself ‘n breek gee…  Ek is moeg, die jaar was te lank, te veel het verander, te veel het gebeur, te veel het dieselfde gebly.   Ek begin al hoe meer te wonder wie “EK” is, en dit op sigself is nie ‘n goeie teken nie. 

Ter afsluiting, dit gaan goed met my man en kinders, dit gaan goed in my huwelik, dit gaan goed met ons almal se gesondheid.  Daar is niks om oor te bespiegel nie, ek gaan net bietjie rus.  En dankie vir die 25 000 hits wat ek iewers verlede week verbygesteek het.  Dit word opreg waardeer.

27 Responses to Verskoon my asseblief…

  1. Wipneus! says:

    Toemaar ek gaan ook binne die volgende paar dae afsluit vir die jaar!

    Sterkte Pikkie geniet jou breek!

    Geluk met die hits😆

  2. Tersia says:

    O Hel! Lyk my ek gaan alleen weees! Julle moenie my vergeet nie! Geniet alles wat julle ookal doen! Liefies

  3. neykie says:

    Ja hierdie tyd van die jaar moet ons so biekie rus voor kersfees kan begin.

    Geniet jou breek.

    Lekker week vir jou

  4. ICE says:

    Sterkte, en geniet die wel verdiende rus!

  5. Paula says:

    Geniet jou ruskansie … 🙂

  6. Bottertjie says:

    Dis goed om dit so nou en dan te doen. Ek het self by daai pad te staan gekom en het toe bietjie blog-stilte gehou net om weer my lewe reg te kry. Lekker rus.

  7. Dellie says:

    Ja nee, breek weg en vind jouself weer. Ons sal nie wegraak nie…:mrgreen:

    Geniet die ruskans, geniet jou man en jou kinders.😉

  8. boendoe says:

    Strongs, Pik. Maak maar vir jou ‘n Superwoman outfit, terwyl jy nou gaan rus. 😉

  9. flippiefanus says:

    Sterkte en Geseende Kersfees vir jou en jou gesinnetjie as jy nie voor die tyd weer terug is nie.

  10. Ek dink ‘n blogbreuk, so af en toe is ‘n noodsaaklikheid. Lekker rus!

  11. Krista says:

    Sterkte en kom gou terug!

  12. maxie says:

    Ons gaan jou mis maar ek hoop van harte dat jy die antwoord op jou vraag kry.
    Lekker rus!

  13. Bruinoog says:

    Lekker rus Pikkie.

  14. Roer says:

    (((Pikkie)))

  15. meermin says:

    Geniet die dag!!

  16. netjane says:

    Lekker rus – almal het dit so nou en dan nodig en hierdie tyd van die jaar vat aan ons almal!

    ((Pikkie))

  17. demoerin says:

    Geniet die blaaskansie.

  18. demoerin says:

    Jy is verskoon…moet net nie ‘n gewoonte daarvan begin maak nie.😆

  19. White Knight says:

    Dagse

    Mag jy die reis geniet en spoedig vind waarna jy soek. Lekker rus en alles wat mooi is.

    Groete

  20. Johan Swarts says:

    Baie geluk! Jy het die Silwer Ponie gewen!

  21. Kokkewiet says:

    Geniet die ruskansie!!

  22. Krista says:

    Is jy nog ok?

  23. Johan Swarts says:

    Skaamtelose selfpromosie: kom kyk wie het die eerste individuele Silwer Ponie gewen!

  24. Pikkelik says:

    KRISTA!!!!! Jy is spam!!!! Ek moes jou gaan uitvis!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: