Superman moèt hy wees!

980575zyfjhia9qi

Ouboet het hierdie ongelooflike superhero manie!  Hy het nou al Spiderman klere, Batman klere, Incredible Hulk klere maar nee, dis nou weer nie meer wat hy wil wees nie!  Nee, die klein ottertjie moet nou om de dood Superman klere hê.  Onwillige ek met ore wat nie meer kan oorleef nie, vaar toe die strate in op soek na Superman klere.  En hoe verder ek soek hoe warmer word ek, want sien, kan die mannetjie nie nou maar iets wees wat in die mode is nie!  Jy kry nie Superman klere nie. 

Einde ten laaste kry ek toe ‘n Superman suite – R350.00!  Nou kyk, daar is geen maar geen manier hoe ek R350.00 vir ‘n stelletjie klere betaal wat nie eers ‘n jaar gaan hou nie!  Noem my suinig, noem my ‘n slegte ma, maar dis nou net waar ek die streep trek.

My probleem is egter toe nog nie opgelos nie…   Superman het nog nie klere nie!!!  Soos Dellie altyd sê, ag fokkie toggie…. 

Ek maak toe maar ‘n plan en gaan koop materiaal by ‘n winkel.  R56.89, dit klink meer na iets wat ek sal betaal.  My omkapmasjien is in boks nommer 63, wat NIE uitgepak is nie.  Gelukkig is my Empisal nie meer ingepak nie en daar trek ek toe weg…

061108-9

 

Tot die wapen is opge-appliek!  

061108-8

Nou wonder ek vir hoe lank die gier gaan hou en wanneer die volgende Superhero die skerm gaan tref en ek maar weer moet gaan kopkrap… 

21 Responses to Superman moèt hy wees!

  1. Paula says:

    Sjoe Pikkie, maar jy is ‘n ou doring met naaldwerk. Die pakkie is pragtig! Hoop hy speel sommer lekker in hom.🙂

  2. Adrie says:

    Klop jouself gerus op die skouer.

  3. boendoe says:

    Ek willie hoes, poep of skinder nie, maar jy is jollie oulik. Dit lyk net soos Pieter se Superman pakkie, en gaan tien teen een baie langer hou as die gekoopte job. Syne het al gate waar die velcro begin losskeur het. (Vir die manteltjie)

    Welgedaan! Jy laat my net besonder beroerd voel. Ek kan nie bak nie, ek kan nie naai nie…. 😳

  4. Wipneus! says:

    Baie mooi Pikkie! Hier is vir jou ‘n tjoklit:mrgreen:
    Ek hoop Superman gaan baie dae se lekker vlieg in die klere hê!

  5. maxie says:

    Sjoe, dis impressive!

    Die feit dat jy dit self gemaak het, maak juis van jou ‘n goeie ma.

    Ai, hoe spyt is ek nou ek’t al die Engelse kind se Superhero kostuums weggegee destyds…

  6. Sandra says:

    Dis regtig baie oulik! Dis nie net ‘n supermn pakkie nie, hy sal altyd onthou dat sy mamma dit spesiaal vir hom gemaak het.

  7. krista says:

    Sjoe, jy’s goed! Kan ek ook maar nader staan virri pakkie?

  8. Pikkelik says:

    Paula – dankie jong, ja hy speel lekker…
    Adrie – Okey Dokey
    Boendoe – HUH?? Velcro??? Ek het die manteltjie sommer in die nate ingewerk…. Toemaar jy kan darem skryf…
    Wip – Dankie vir die tjokkie en asseblief net nie vlieg nie, ek sien nie kans vir gebreekte bene nie.
    Maxi – dis goed jy sê, ek sal tog ‘n punt daarvan maak om dit te bere.
    Sandra – ag dankie man.
    Krista – Superwoman??? Watter grootte? 😆 😆

  9. Dellie says:

    Jinne, maar jy is creative! Baie netjies gedoen. Pasop nou net dat Superman nie van die dak af probeer vlieg nie…😆

  10. Pikkelik says:

    Dellie – Daar sit jy nou net my grootste vrees in woorde uit!!! Weet jy nie mens sê nie sulke dinge hardop nie!!! 👿

  11. Dellie says:

    Ag skuus Pikkie,:mrgreen: maar ek het hierdie prentjie in my kop van my klein mannetjie wat met ‘n sakdoek as ‘n valskerm daai ene probeer van die garage dak af – en hy was nie eers ‘n superhero nie!😆 Klein seuntjies is baie braaf!😉

  12. boendoe says:

    😆 😆 Ja, dit was my vrees ook. Gelukkig het Pieter uitgevind van die ‘wit stokkies’ (bene) en ek vertel hom amper elke dag dat daai wit stokkies kan breek as hy van die balkon afspring. En dit lyk darem of hy my glo! :mrgreen:

  13. Jaco says:

    Om van die garage se dak af te probeer “vlieg” is deel van elke seuntjie se opvoedingsproses. Hoe kan julle dit nou van die mannetjie weerhou?👿
    Ek wil ook so suit hê ‘seblief Size small maar met ‘n ekstra groot cape, want ek is nie meer so aerodinamies soos in die ou dae toe ek self van die garagedak afgevlieg het nie😉

  14. cebella says:

    my suster se ene soek ‘n spiderman suit…wanneer kan ek die bestelling plaas?😆

  15. Ogies says:

    Seuntjie Kind is ook Superman, of hy bad, slaap of p-p! Pikkie, sy mates is….

  16. Tersia says:

    Dit is pragtig!! Jare terug was ek baie bly vir daardie klere….die dae as kleintjies nie koud kry nie en niks wil dra nie….is die superman of spiderman klere altyd ‘n wenner, selfs in die nagte as hulle hulself oopgeskop het!

  17. Nikita says:

    Toe Wilmie in die kleuterskool was, (5 jr oud), was daar die dierbaarste seuntjie saam met haar in haar klas, Corne, wat altyd met sy pakkie kleuterskooltoe gekom het, hy was gek oor haar (en ek oor hom!🙂 ..nou laat jy my wonder wat van die outjie geword het! LOL!

  18. Zee says:

    /me sit gou bestelling in vir spiderman pakkie!!!
    Ek weet dis nie meer lank voor hy gaan vra nie.. Dis nou spiderman alles, van tatoo tot toilet papier!!

    Pikkelik, jy is darem maar oulik jong!!

  19. Eendjie says:

    Pragtig! My Boeta was weer mal oor Spiderman. Hy is deur twee Spiderman suits. Die eerste een was maar van swak gehalte, het na ‘n paar weke letterlik uitmekaar begin val. Ek is seker jou “home-made” een gaan baie lank hou!

  20. flippiefanus says:

    Sommer spiekeries Pikkelik. Jou knapie gaan sommer lekker speel.

  21. meermin says:

    geniet jou dag!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: