Lyk my dit is landswyd…

Ek kan nie glo wat ek beleef nie!!!   Ek het eerlikwaar gedink dit is net die sotte in Amsterdam, Ermelo en Piet Retief, maar nou sit ek met presies dieselfde verskynsel in Upington.   1380km verder! 

My vraag is nou, waar de heng koop mense hulle lisensies????  Of moontlik het dit iets met die K53. 54, 55 of waar hulle nou ook al trek te doen!  Want toe ek my lisensie gekry het was daar nog nie sulke nonsens nie!  Jy het geleer vir jou ‘learners’, en as jy nie 98% gekry het nie, moes jy weer skryf.  Dan het jy gaan ry vir jou lisensie en glo my as jy een flippen fout gemaak het, het daardie man met die weglêsnor jou net daar afgelaai en jy moes weer gaan.

Nou kyk, daar is ‘n paar dinge wat my teen die mure uitdryf.

1.    ‘n Stopstraat is net dit – jy STOP!!!!!   Jy maak nie of dit ‘n toegee teken in nie!

2.     ‘n Rooi robot is rooi vir ‘n rede!!  Jy moet stop, nie links en regs kyk of daar dalk karre kom en dan met die spoed van witlig oorjaag nie!!!!

3.    Jy mag maar voor my indraai, ek KAN motor bestuur en my refleksies is goed, ek dink ek het al die helfde van my lewe op die pad deurgebring, maar om liefdeswil, as jy voor my indraai, verdomp, ry dan net, moet nie soos ‘n freaking trapsuutjies voor my poer-poer nie!!!!!

4.    Aan al die mamma’s wat se enigste ondervinding op die paaie is om net die kinders skooltoe en weer huistoe te neem, gaan ry bietjie ‘n langpad, of gaan weer vir jou lisensie…  Julle frustreer die kakkies uit my uit!  Ry!!!  Verdomp, dis nie ‘n blerrie sondagskoolpiekniek nie, dis ‘n openbare pad.

5.    As die krag af is, is ‘n robot ‘n vierrigting stop!  Ry, stop, gee toe, ry, stop, gee toe!!!!  Wat de moer is so moeilik daaraan!!!!

6.  En hier kry ek vir Dellie verskriklik jammer!!!!   Genade mense, ons het een sirkel in Upington en skynbaar is dit iets uit die buitenste ruimte!!!   Liewe kriek, wat is so moeilik daaraan.  Gee toe, die persoon wat eerste in die sirkel was het die reg om flippen eerste te ry, of hy nou drie maal om die sirkel wil ry of net by die volgende uitdraai wil uitgaan hy het die reg!!!!

Ek kan nou wragtig aangaan tot vanaand, maar teen daardie tyd sal julle my van die muur moet kom afskraap met ‘n ‘puttymes’ so ek los dit maar eerder hier….

Lekker blerrie dag verder vir julle…

14 Responses to Lyk my dit is landswyd…

  1. Dellie says:

    Hie-hie Pikkie, jy het my simpatie! Maar kom ek vertel jou ‘n geheim oor die sirkels – ons mense in Welkom het nie ‘n probleem daarmee nie, as dit net ons is, vloei die verkeer wonderlik. Ons kom basies nooit tot stilstand nie. En die spoedbeperking op meeste van ons paaie is 75km/ph. Ons beweeg! Dis daai ouens wat van buite kom wat ons moermeters ref, want hulle weet nie hoe om sirkels te ry nie en kom dons dan alles op!:mrgreen:

    ‘n Sirkel is eintlik baie maklik (onthou byna al ons paaie is dubbel bane) – as jy wil links draai of reguit aanhou, bly in die buite baan. As jy wil regs draai of reg rondom, bly in die binne baan. Gebruik jou flikkers soos wat jy in en uit die sirkel beweeg. Wat is nou so moeilik om te verstaan daaraan?😮

  2. Rustig says:

    Ek stel voor “anger management”!😆

  3. boendoe says:

    Ek deel jou frustrasies. Ek weet nie of anger management gaan werk nie! 😆

  4. Nikita says:

    Sterkte! Ek voel met jou! Common sense, dis wat by sommige mense ontbreek…

  5. Sandra says:

    Hier in die UAE is daar nie commen sense nie. Bv jy MAG van die binneste baan by die sirkel, by die volgende pad regs draai al is daar drie lane wat jy moet oor en al is daar motors in die middelste en buitenste baan. En dis nie van stupid wees nie, dis van deel van die padreels.

    Ek wil nie vir jou lag nie Pikkie, maar dis al wat mens kan doen en jy moet maar saamlag. Sterkte!

  6. Carina says:

    Eish…hoop jy voel darem nou al beter.

  7. Tersia says:

    En dit voel vir my of alles ook net elke dag erger en erger raak! Ag, hoop maar more gaan dit weer beter!

  8. Nelba says:

    Nee, ‘n sirkel sit my ook onder. Ek verstaan as dit ‘n enkelbaansirkel is, maar ‘n dubbelbaansirkel KAN NIE werk nie. Veral nie as daar vier uitgange (in Pietermaritzburg is daar ten minste een sirkel met vier uitgange) is nie. Gaan teken dit uit en kyk of julle saamstem. As ek bloot net dom is gee ek glad nie om as julle vir my so sê en ‘n oplossing gee nie. Ek sal julle ewig dankbaar wees en my medepadgebruikers ook.

    Dellie wat van ‘n possie met grafiese voorstellings van sirkels en al die moontlike scenarios?

  9. flippiefanus says:

    Die mense hier Pretoria jaag weer soos maniake. Die klomp kan vrekbly wees dit sneeu nie in Pretoria nie want ek will hulle so sien jaag op sneeu.

  10. Lekker giggel ek nou! Wees bly jy sit in SA. Hier hoet die ouens net en ry oor die rooi lig!!! Dis moer scary agter in ‘n taxi of bus for that matter!

    Ek verstaan egter die frustrasie!

    4-rigting stopstrate is vir my die ergste as dit by common sense kom! Ek kan my so wip vir mense wat dit nie snap nie!

  11. Paula says:

    Hoop more is weer ‘n dag vol vreugde en lag🙂

  12. Adrie says:

    Ek het nog altyd gedink dat n ware Piet Retiewer skeef parkeer.

    Ek moet bieg. Ek ignoreer die poeftertjie Stoptekens . . . Wel, soos stoptekens. Ek stop net as daar ander karre of koelte monsters is.

    Ek pes mense wat voor my poer-poer. Ek is n redelike mens, maar hoekom wil iemand 50 ry in n 80 zone wat almal as 100 lees? Ek was nou die dag amper dood . . . Van frustrasie. Was agter n trok wat 10 km/h gery het. Vir 4 km ver. Dit het my amper halfuur gevat om die pad te ry, waar dit my gewoonlik 5-10 minute neem.

  13. Wipneus! says:

    Hier in Centurion moet jy vir die ou langs jou ook bestuur en dink! 🙂 Anders gaan jy nie jou bestemming in een stuk bereik nie!

    Ek dink buitendien Taxi’s is die uitverkorenes, want hulle het hulle eie reëls.😯 Jy moet pad maak vir hulle!!! 😆

  14. demoerin says:

    Ek deel daai sentimente Pikkie. Ek het geen fokken idee waar baie van die mense leer bestuur het nie. Mense moet maar net wakker bly en vir almal op die pad dink, geen wonder ons is so moeg teen die tyd wat jy by die huis uitkom nie, al die pad huistoe moet jy jou brain share en ander mense se dinkwerk doen!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: