Hoe slim is jy?

Hierdie is nie sommer net nog ‘n quiz nie!   Hierdie is bitter belangrik.  Rerig….  

Daar is vier baie, baie hoë klapperbome en vier diere.

‘n Leeu –

 

‘n Apie –

 

‘n Kameelperd  –  

 

 

en ‘n Eekhoring  – 

 

Die vier besluit om ‘n kompetisie te hou en te sien wie kan die vinnigste ‘n piesang uit die boom uit kry…

Wie dink jy het gewen – die antwoord sal ‘n groot deel van jou persoonlikheid weggee so dink versigtig…. jy het 20 sekondes….

 

 

As jou antwoord die leeu was – jy is dof…

As jou antwoord die apie was – jy is ‘n moroon…

As jou antwoord die kameelperd was – jy is ‘n idioot…

En as jou antwoord die eekhoring was – jy is regtig nie baie slim nie…

‘n Klapperboom dra nie piesangs nie!!!!!!!!!!

Julle is duidelik almal uitgestres en oorwerk!!!!

Julle moet tyd afvat om te ontspan…

Gaan maak ‘n draai by die skoonheidsspa….

(Hierdie is net ‘n grappie) 

24 Responses to Hoe slim is jy?

  1. mockajava says:

    Ek is die apie, so noem my maar die moroon.
    In my wereld dra enige hoe freakin boom piesangs Pikkelik. Dis dinsdag en die week is nog lank. Maar dankie vir die grappie🙂 🙂 🙂

  2. boendoe says:

    Whahahahaha!!! Ja, ek’s ook ‘n moroon! 😆

  3. Dellie says:

    Hie-hie, ek is skynbaar ‘n idioot!😯 😆

  4. Wipneus! says:

    Ek sal definitief ‘n draai by die doggy parlour moet gooi!:mrgreen:

  5. Adrie says:

    Ek het die apie opgestuur met die piesang, terwyl die ander reg gemaak het. Die apie was nog besig om af te klouter, toe hap die kameelperd die piesang. Kroeker.

  6. Emil says:

    Gits, ek is ‘n idioot!! Ai, nou het ek my familie reg bewys😆

  7. Emil says:

    😆 Adrie, toe klap die Leeu die kameelperd dat jy net klapper sien spat!!

  8. Adrie says:

    Emil

    Hoekom sal die leeu dit wil doen?

    Leeus eet ook nie piesangs nie.

  9. flippiefanus says:

    😆 uitgevang! Is ek die enigste een wat die eekhorinkie gekies het? Gehoop die se^ iets moois van my persoonlikheid.😦

  10. Dellie says:

    Emil… welcome to the club!:mrgreen:

  11. Suz says:

    Ek is ook deel van die ape brigade

  12. Rustig says:

    Ek kan met eerlikheid sê die piesang in die kokosboom het alles weg gegee. Is ek nou ‘n spoil sport? Is ongelukkig nie een van die vier nie. Watse prys het ek gewen?

  13. Pikkelik says:

    Dankie vir almal se kommentaar… Ek moet bieg – ek is ook ‘n idioot!!!! 😳
    Rustig – Jy wen ‘n sneeuvakansie in Kairo!!! 😆 😆

  14. aventer says:

    ek weet ek’s nie baie slim nie jong…dis hoekom ekke SOOOOOOOOOOOOOOOO hard moet leer😆

  15. Paula says:

    Ja ne, ek was die idioot!!🙂

  16. carina says:

    Toemaar Rustig, hy het hom ook vir my weggegee!🙂

  17. Nikita says:

    Dis soos om te vra wat staan in Moses 2:3…🙂

  18. Op die stadium sukkel ek om 1 en 1 bymekaar te sit, so dis GEEN blerrie wonder ek is nie te slim nie! Kan die week nie maar einde kry nie???

  19. Krista says:

    Miskien help al die leerdery vir my . . . ek is nie uitgevang nie!

  20. DieWolf says:

    Ek het die apie gekies, want die apie het sy flippen piesang in die kalpperboom in gegooi. Stoute Apie.

  21. Zee says:

    😆 @ DieWolf

    Ek het gedink dat die apie die piesang in die boom gegooi het en toe het kameelperd die piesang probeer kry. Ok, nou hoe hoog is ‘n klapperboom?

    So dan is ek ook ‘n idoot!😛

  22. Zee says:

    Nee kyk, seker dof ook, kan nie eers spel nie!😆
    idoot ipv idioot!!

  23. meermin says:

    Hie hie ha ha ho ho excellent!! Geniet jou dag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: