My “Geliefde” Vriendin het gesê ek moet begin kreatief raak… In geen onduidelike taal is ek beveel om ‘n tafeldoek te verf vir Kersfees… Yeah Right, waar ek die tyd daarvoor gaan kry weet g’n mens, en ek moet Scrap, sy het tot vir my die link gestuur en alles. Nouja, as sy so vriendelik sal wees om vir ‘n dag of twee my huis te kom skoonmaak, kos te kook en die kinders op te pas sal ek by die tafeldoek uitkom, intussen het Poppedyn haarself aan Wipneus se kant geskaar en was sy die helfte van die nag wakker so ek kon darem hierdie klaarkry!!!!!
(Designs are freebies at ScrapbookFlair Designer Collections www.ScrapbookFlair.com)Die foto’s is van my Ma en my twee goetertjies….
Advertisements
Whaaaaa!!! dis pragtig, ek het mos vir jou gesê hoe maklik is dit!!!
Geniet die scrapbooking!
Die tafeldoek gaan net so vinnig gaan!
Elke vrou kort bietjie “me” tyd! Een uur terwyl die kinders by die skool is, is nie te veel gevra nie!
Hou die pad dop, ek stuur iemand om die huis te kom doen!! whahahaha 😆
Dis baie nice! Ek stem saam met Wip dat dit maklik is, maar mens moet die tyd he om dit rustig te doen! As mens kreatiewe dinge wil doen met klem op “WIL” moet mens darem bietjie rus en vrede ook om jou he. Wel, dis hoe ek daaroor voel! Dalk omdat hier so baie geraas om my is elke dag.
Geniet dit Pikkie en sterkte met daai tafeldoek!
Heel oulik, Pikkie! Ten minste het jy nou iets om te doen in die nag…
Jy’s baie slim, Pik! Twee cute goedjies van jou daai. 😉
Pragtig!!!
Wys nog! Moenie so suining wees nie!
Ek’s ook op SBF – Justjane. 🙂
Ek is ook by Scrapbook Flair. En as ek geweet het jy het gejoin kon jy LANKAL gaan loer het hoe sussie gelyk het. Ek het dit my lewenstaak gemaak om te weet waar jy elke digi freebie op die internet kan kry. So skreeu gerus as jy hulp soek.
Pragtig!