Ouers, Roxy en ‘n hengse verleentheid!

My ouers het Donderdagmiddag hier aangekom.   Hulle het dou voor dag uit Johannesburg weggetrek en die drie van hulle was baie dankbaar om hier te wees.  Die pad is lank en die pp-brekies was baie want Roxy het saamgekom!!!! 

 

Roxy is ‘n engel met die kinders….   Sy geniet dit veral as Poppedyn by haar kom lê en sy raas net met Scooby Doo as dit by kostyd kom.  Haar kos is haar kos en niemand karring daarmee nie!

Ek het ‘n heerlike naweek saam met my ouers gehad.  Ons het letterlik gekuier, geëet, gespeel, gekuier en geëet!   (Ek fluister – daar is niks so ongemaklik as ‘n opblaasmatras nie.  Die eerste en die tweede aand kan nog gaan maar die derde aand is moeilik en die vierde oggend wil ‘n mens se lyf nie meer saamwerk nie…  Hy kraak homself van die grond af….)

Nou seker die stukkie waarvoor almal wag.  My verleentheid.  Die ding het so begin.  Donderdagoggend staan ek op en bekyk my huis.  En ek vlieg hier deur soos ‘n wilde tornado!  my ma se bynaam is nie verniet Sersant Majoor nie!  Alles is eksie perfeksie (en ek weet dit gaan net hou tot die kinders van die skool af kom, maar nouja…)  maar daar kort iets….    Hmmmm, blomme!!!!  Vars blomme….   P & P se vars blomme se prys is R89.99 per bos en dis die middel van die maand….   Ons tuin is na twee maande hoegenaamd nie in die toestand om nou-al te kan blomme pluk nie, maar blomme moet ek hê.  Ek het egter met die kinders skooltoevat ‘n tuin gesien met die allerpragtigste blomme – sonder ‘n heining en daar is werklik BAIE!!!!  Dit lyk byna soos ‘n kwekery.  Ek dink toe by myself, hulle gaan nie ‘n paartjies mis nie, en ek scype vir Wippie ek gaan blomme steel…..

Gewapen met my snoeisker en hoëhakskoene is ek toe hier weg.  En daar is nie ‘n sterfling in sig nie.  Ek voel toe nou so half skuldig, en stap nader.  Ek lui toe maar die klokkie, maar niks.  Ek lui weer en wag…  Niks.  Wel, nou gaan ek myselwers maar help, besluit ek toe ietwat getroos!  En ek pluk lavender, en rose en irisse en loof en toe nog so ‘n paar rose en net toe ek besluit ek gaan net vir ingeval nog ‘n paar takkies lavender pluk, gaan daai mense se sproeiers aan….   Nie een of twee nie, seker ‘n goeie veertig van die goed.  Net waar ek trap, trap ek die sproeiers raak…..   Hardloop ek diekant toe (met hoëhakskoene wat in die grond insak) is dit nat, daaikant toe dieselfde…  Op ‘n manier vang my oog toe die huis en wragtig, daar staan ‘n omie agter die kantgordyne vir my en lag….  

Wel, ek lag toe maar saam, gooi vir hom ‘n groot smile en laat spat toe so vinnig as wat my skoene my toelaat daar weg.  MET MY BLOMME!!!!  Ek het dit verdien!!!!  

Lekker week vir julle!!!!

(Nog net ietsie….  Ek verlang na Plattie…..  Ek is sommer vies vir almal wat haar afgepiepie het….)

 

28 Responses to Ouers, Roxy en ‘n hengse verleentheid!

  1. Tersia says:

    Lekker week vir jou! Dankie vir al die ondersteuning en liefde! Liefies T

  2. Pikkelik says:

    Haai Ters!!!! Lekker om jou raak te lees!!! Ek weet sommer dit sal nou goed gaan!!!! HEEE HAAAA, vasbyt vriendin!!!

  3. Louisa says:

    Mwahahaha! Ek kan jou net imagine rondskarrel onder die sproeiers. Een manier om die stoffies van die blommer af te spoel huh? 😉

  4. Pikkelik says:

    Louisa – agterna het ek myself ook papgelag, maar oi, ek was ietwat verboureerd!!!

  5. Daai omie het dit seker baie geniet!
    Ek sou my ookslap gelag het….
    Van blomme steel kan jy my niks vertel nie. As mens ‘n student is doen jy snaakse goed!

  6. Pikkelik says:

    Kaalvoeters – dit was die eerste keer in my lewe dat ek iets so gewaagd aangevang het en ek dink dit was ook die laaste keer. Ek het ongelooflike kardiovaskulêre oefeninge gekry!!!!

  7. Ogies says:

    Die stoute omie! Dis natuurlik ‘n fyn uitgewerkte plan van hom daardie…

  8. Kokkewiet says:

    Whahaha ek kan my die prentjie voorstel hoe jy trippel tussen die blomme op hoë hakke!!

  9. Dellie says:

    Hie-hie, ek is seker hierdie storie gaan travel in daai omie se family… 😆 Kostelik! Ek is seker hy het die sproeiers aspris aangesit… dalk het hy jou afgeneem ook! Whahaha! 😆

    Dit lyk of Roxy mooi aanpas by julle?

    PS. Onthou om volgende keer kaalvoet te gaan blomme steel… 😆

  10. Wipneus! says:

    Whahaha ja!! jy wil mos :mrgreen:

    Ek het ook in water gespeel, maar natuurlik was dit reënwater!

  11. Krista says:

    Ek kan nie verstaan hoekom jy hoë hakke aangehad het vir blomme steel nie? Mens hardloop mos vinniger op plat hakke?

    Ek is bly Roxy pas so goed daar by julle aan! Gee asb vir haar ‘n soentjie van tannie Krista af?

    xxxxx

  12. ICE says:

    Puik man! 🙂

    Jy gaan seker weer terug soentoe? 😉

  13. White Knight says:

    Hello Almal

    Hoop jy vat volgende keer vir die oom ‘n blik koekies om dankie te se dat hy sy tuin so mooi hou vir jou blomme oes. 😉

    Lekker gelag nou. In vandag se tyd seker ‘n verligting dat hy jou met water gooi en nie bullets nie.

    Groete

  14. Pikkelik says:

    Ogies – Ek dink ook so! ‘n Conspiracy!
    Kokkewiet – As die goed net nie so weggesink het in die gras nie!
    Dellie – Ja, ek het ook agterna aan al die tegniese puntjies gedink…
    Wipper – OOOOO Romanties!!!!
    Krista – Ek was gedress vir my gaste se arrival!!! Ek soen vir Roxy 😉
    Ice – Verseker
    White Knight – Beslis koekies en koeksisters en melktert en wat alles…. Ek maak darem maar ‘n woeste slegte indruk in my nuwe dorp!!!

  15. Sonneblom says:

    Lekker nou gelag. Tip – volgende keer, trek plat skoene aan, jy sal vinniger en sonder sukkel weg kom 😀 😀

    Hoop jou blomme het mooi gelyk…

  16. boendoe says:

    Vader, Pik, jy is braaf. Maar mens moet gereed wees om te kan spaander: plat skoene, die kar moet reg staan…jy weet mos!

    Dit moes ‘n sight gewees het! 😆

  17. Blou says:

    Ek het nou lekker gelag . . . Ek is so bly sulke goed gebeur met ander mense ook . . . Lekker week !

  18. Carina says:

    Nou het ek lekker gelag Pikkie! What is the moral of this story???
    MOENIE MET HOE HAKKE BLOMME STEEL NIE!

  19. flippiefanus says:

    Aitsa Pikkelik dit moes ‘n prentjie gewees het om jou met hoe hakke en blomme in die hand tussen die sproeiers deur te sien dans. Miskien het die omie ‘n video daarvan geneem. Hy kan dalk ‘n prys wen daarmee 😉

  20. Nikita says:

    LOL!!!!! ek sien jou al!!

  21. Nikita says:

    o ja , die hondjies is te cute!!!!

  22. Wipneus! says:

    Pikkie se telkom lyn gee probleme! Hopelik kry hulle die ding vandag reg 🙂
    Want eish, ons weet nie eindelik wat aangaan nie!

  23. Meermin says:

    S H A R K S !!

  24. Dellie says:

    Ek het nou net begin wonder of jy weer gaan blomme steel het en dalk die keer gevang is! 😆

  25. Wipneus! says:

    Welkom terug op die lug!! Ek hoop jy het hulle vandag lekker gas gegee!!! 😆 ROFL

  26. Paula says:

    Ek sou graag daardie gesig tussen die blomme en sproeiers wou sien 🙂

  27. […] ‘n tamaletjie!  Nee wag, eerder ‘n kougom, want dit hou langer, julle onthou mos vir Roxy en Scooby Doo!   Nou die twee maak my gek!  En nee, hulle is groot vriende, speel die gras uit, […]

Leave a reply to Dellie Cancel reply