Geagte Meneer die Skoenontwerper…

Ek sê meneer want ek is oortuig daarvan dat jy nie ‘n vrou kan wees nie.  Die volgende stellings doen ek na gelang van intensiewe navorsing die afgelope 25 jaar. 

Een – alhoewel ek aan die hmmm, korterige kant is het ek geen maar geen begeerte om nog ‘n verdere 20cm langer te wees nie!!!   Moet asseblief nie weer sulke hoë hakke aan die skoene sit nie, ek koop dit nie!!!!

Twee – ek waag nie my lewe op spykers nie.  Of die hak of my voet moet breek as ek my volle gewig daarop sit!  Ek raak ook nogal moeg daarvoor om op my tone te loop…

Drie – dankie vir die lekker platvorm skoene wat mens nou weer kan kry, maar EEEEEUUUUUUWWWWW!  Dis freaking lelik!!!  

Vier – Ek hou van kleurvolle skoene, maar wat is die storie met die skokkende orange, pienk en groen skoene.  Niemand dra dit nie, selfs die gras krul op soos duisendpote as ek met daardie groenes naderkom!!!

Vyf – Plastiek haal nie asem nie!!!!!  Plastiek is vervaardig om asbliksakke en toebroodjiesakkies, selfs kosblikke van te maak – NIE skoene nie!

Ses – Daardie dun bandjies wat julle aan die sandale sit, dis ‘n groot NO-NO!!!!!   Dit sny in jou voete in, breek af en is damn ongemaklik!  Verstaan????

Ses – en moontlik die belangrikste!   MY TONE HET NIE ‘N DRIEHOEKVORM NIE!!!  Ek het normale voete met tone wat breër is as my hakke!!!!  Kry dit in julle koppe!!!  Daai punte maak my seer!!!!!!!  

So geagte meneer die skoenvervaardiger – alvorens julle nie besluit om “gesonder” skoene te maak nie, bevestig ek dan nou vandag dat ek elke liewe dag in hierdie jaar en al die jare wat kom, “Nationale Pantoffel dag” laat verklaar!!!!

Nie so vriendelike groete

28 Responses to Geagte Meneer die Skoenontwerper…

  1. Louisa says:

    Ja-nee, jy kan dit weer se^…meeste van die skoene wat mens deesdae kan koop is regtig AF! Pikkie, hoe sou jou ideale skoen gelyk het as jy hom self kon ontwerp?

  2. Wipneus! says:

    Geniet jou pantoffels vriendin.

    Ek is ‘n skoen verslaafde ek sukkel om saam te praat :mrgreen:

    Maar die lekkerste van alles bly maar kaalvoet, die eerste ding wat waai as ek by huis kom is my skoene!! 🙂

  3. Ek is glad nie een vir skoene dra nie! Ek werk hier in Korea met pantoffels (heerlik) en ek besit geen skoene met ‘n hak nie. Dis net ‘n ongeluk wat wag om te gebeur!
    Oor nr 4 Pikkie…mmm….ek dra daai skoene 😳 ek lyk maar gewoonlik soos ‘n smartieboksie 😆
    Ek het hoeka so lekker gemaklike paar groenes….

  4. Kokkewiet says:

    Goed gestel!!

    Ek stem saam Wipneus, my skoene waai ook eerste as ek by die huis kom.

  5. Sonkind says:

    Pikkie, jy’s my hero! Ek is ook kort en ek sukkel om skoene te kry waarin dit nie heeltyd gaan voel asof ek enige oomblik op my neus gaan val nie 😆

    Ek sou dood happy gewees het om ewig kaalvoet te loop. Dalk moet ek in die Bahamas gaan bly!

  6. Dellie says:

    Sê hom Pikkie, sê hom! 😆

    My liefie is mal oor spykerhakkies, hoe hoër, hoe beter – hy reken dit laat my kuite en boude mooi lyk! 😮 Maar hy hoef nie daarmee rond te wals nie! En toe ek klein was, kon ek nie wag om hoëhakskoene te dra nie… ek lief dit nogsteeds, maar dit werk beter as mens nie hoef te loop in die goed nie! Sit en mooi lyk is die ding!

    Kaalvoet is ek altyd, sodra ek ‘n kans kry. Ek hou rerig nie veel van skoene nie. Ek het eendag my vriendin gedare om kaalvoet Spar toe te gaan… sy het amper beswyk, die arme ding! Hie-hie! 😆

    Die studente weet ook al, ek HET skoene, maar dit lê daar langs die tafel, mooi, sexy en met oulike hakies…maar dis bitter min aan my voete! :mrgreen:

  7. mockajava says:

    Okay, so ek is die eerste man wat gaan hier kommentaar lewer. Ek hou van skoene, ek is van die min mans wat rerig baie skoene het. Maar ek is alte bly ons skoen is nie so weird soos vroue skoene nie. Pikkie, jy moet hier in korea n draai kom maak, as jy wil skreeu sien dan is dit hier, en party van my kids, ai hulle is freakin nie eers 10 jaar oud nie, maar die hakke is daar. 🙂

  8. Adrie says:

    Ek dra net hakskoene met Sisters en as ek die dag ‘n aandrok moet aantrek.

    Dit beteken ek het 8 keer al hakskoene gedra. 😆 Ek is in elk geval so kort, geen skoen sal ‘n verskil maak nie.

  9. Celeste Schoeman says:

    Ek VREK oor skoene. Maar ‘n ongemaklike skoen waai gou-gou. En as ek ‘n paar koop en hulle dra heerlik, sal ek nie twee keer dink om nog so ‘n selfde paar te gaan koop nie, want teen die tyd dat myne voos gedra is, is die spesifieke skoen nie meer op die rak nie!
    En ek moet erken: ek het sulke skreeu orange hoë hout hak gedoentes in my kas, maar dit pas perfek by een spesifieke rok!
    En ek geniet kaalvoet net so. As ek by die huis instap word die skoene gebêre en dan is dit kaalvoet of sulke lekker paar japanese pantoffel-sloffies.

  10. Zee says:

    So mooi hogere hakkie bly darem maar mooi. Ek dink my laaste paar hakkies was toe ek swanger was 😆 Nou is dit maar die plakkies, pantoffels en gemaklike skoene.

    Jinne Pik, maar jy het omtrent vir ons ‘n show van skoene hier opgesit hoor 🙂

  11. mmmm….wat sal ek nou se? ek wonder nou. miskien moet ek nie se wanneer laas ek hoe hakke gedra het nie, ek WAT die rede was nie.

  12. reisiger says:

    Ek wonder nou nog hoe ek dit reggekry het in my jong dae om met sulke hoë hakke te geloop het. Deesdae is dit, hoe platter, hoe beter. En kaalvoet bly die beste!!

  13. reisiger says:

    Baie nice header Pikkie!!

  14. Gelukkig dra ek net plat skoene

  15. Ogies says:

    Ek dood oor ‘n mooi skoen. Het net nie altyd die tjieng om by die begeer aan te sluit nie(gelukkig!!). Maar kyk, as ek my sin kan kry loop ek heeldag kaalvoet. Ek bly ‘n kaalvoet plaaskind! Maar kan jy jou daai skurwe voete indink!

  16. Carina says:

    Skerp, maar ek is lank so sal ook nie dood gesien word in daai hakke op jou foto nie (netnou sien iemand my vir ‘n guinness world record aan!!). Ek hou van sandale, verkieslik ‘n bietjie hoogte maar eerder die hele sool gelig as ‘n hak. Pantoffels bly ook maar my gunsteling!

  17. annedelicious says:

    i’m a lady,and as a lady, i like to do lady’s things,like……stroke kittens wearing high heels………swim in a frock wearing high heels….u know …lady’s things…..

  18. Paula says:

    Vaderland nee! Jy sal my ook nie in daardie skoene kry nie!

  19. juffer says:

    Ek dra skoene met ‘n effense hak om langer as die kinders te lyk (dit help min!) en dit klik-klak-klik-klak so ver as wat ek loop! Mooi skoene is ook nie altyd so gemaklik nie en gemaklike skoene lyk soms aaklig 😉 what to do? what to do?

  20. Roer says:

    Praat jy! Ek vrek ook oor skoene, maar gemak is belangrik.

  21. […] 16, 2008 Pikkie het my eindlik voorgespring, maar ek het darem ‘n ander invalshoek en […]

  22. […] oor dinge….maar dit het haar ook so bietjie eksentriek laat voorkom (wel dit en haar keuse in skoene). Haar drome van ‘n prins met ‘n rooi Ferrari was heel duidelik in die feit dat sy in […]

  23. Roer says:

    Wow. Check out the header! Baie, baie mooi. 😉

  24. Alta says:

    Ai jai jai.

  25. Nikita says:

    Hoe hakke was nog nooit deel van my skoenkas nie, baie ongesond…kaalvoet in die somer en lekker kort leerboots vir die winter…met plat hakke! heerlik, gesond en baie meer beweeglik/beweegbaar! 🙂 ek is baie mal oor jou header…jy raak nou “grand” 🙂

  26. Wipneus! says:

    Dis 9 uur, ons kan nie die hele tyd oor skoene praat nie, wat van handsakke? 😆

  27. Sonneblom says:

    Ek moet net een ding sê : DAAI SKOENE IS FLIPPEN LELIK…eeeeuw lol

    Ek dra ook net gemaklike skoene wat nie my voete seer en moeg maak nie. Punt. 🙂

  28. Thasia says:

    O genade Pikkie nou praat jy ek dra net plakkies ek hou NIKS van hoe hak skoene dis vir kerk sodat ek kan sit as ek dit aanhet!!

    Liefdetjies
    xxxx

Leave a reply to annedelicious Cancel reply