“Gewoon”

Wanneer is iemand ‘n gewone mens? In ons samelewing word iemand met ‘n gebrek gewoonlik geklassifiseer as abnormaal, maar tog wonder ek of dit nie dalk daardie mense is wat die normaalste van ons almal is nie. Ek kyk na die wêreld om my en ek sien bitter baie lyding. Daar is mense met fisiese gestremdhede wat dit moeilik vind om net te praat of te hoor of selfs om so ‘n simpel ding te doen soos om toilet toe te gaan. Dan is daar mense wat so afgetakel word deur ‘n siekte of siektes en ook nie al die ‘gewone’ dinge kan doen nie.
Daar is mense wat se psige versteurd geraak het. Mense met ‘sindrome’ en dies meer wat nog nooit en ook nooit sal ‘n ‘normale’ lewe leef nie. Grootmense wat vasgevang sit in ‘n kinderverstand. ‘n Nabye familielid het Outisme. ‘n Pragtige meisiekind van sestien wat die verstand van ‘n 4 of 5 jarige het. ‘n Ouer wat die res van haar lewe haar baba moet versorg. En haar dan nog moet bekommer oor wat van haar baba gaan word as sy die dag nie meer daar is nie. ‘n Ouer wat self aan spierdistrofie ly en party dae nie eers haar arms kan oplig nie, wat nog te sê haar 16 jarige kan help aantrek, hare kam, tande borsel, en gereed kry vir skool.
Waarby ek eintlik wil uitkom en wat vir my bitter opvallend is, is die feit dat dit juis hierdie mense ‘n wat ‘n lewensvreugde, ‘n dankbaarheid uitstraal wat my, my kop in skaamte wil laat sak. Ek sê nie almal nie, ek sê die meerderheid. Dis asof God hulle met die gawe van blymoedigheid in die hoogste graad geseën het. Ja, hulle beleef ook hulle donker tye, maar dit is asof daar altyd ‘n vlammetjie in hul lewens brand.
Uit hierdie mense se lewens het ek al die mooiste musiek, die pragtigste gedigte, die lieflikste skilderye gesien. God het nie vir hulle halwe gawes gegee nie, hy het hulle volluit geseën!!
Hierdie is van my skilderye wat ek by so ‘n baie spesiale persoon gekoop het. Ek maak ‘n punt daarvan om as ek iets nuut wil hê en ek het ‘n los geldjie, altyd by haar te koop. Sy het so 8 jaar gelede ‘n verlammende beroerte gehad, maar het iets van haar lewe gemaak. Thanx Nicky…


(Ek kannie eers ordentlike foto’s geneem kry nie…. )

Hier het ek nog ‘n dame raakgelees wat die allermooiste gedigte skryf. Sy het ‘n skryftalent sonder weerga, haar eerlikheid bring trane in my oë en ek gaan soek daagliks daar om te kyk of sy nie dalkies nog ietsie bygeskryf het nie. Syself ly aan Spierdistrofie.

Hier is so ietsie van haar blog af: (Zonika, vergewe my asseblief die plagiaat…)
Ek het die lewe tegemoet geloop
met agtienjarige alwetendheid
ʼn sak vol drome
en woelende ongeduld

Ek het die lewe uitgedaag
met jeugdige onbesonnenheid
al sy ure kaal gestroop
en hom móég geleef

En nou in my grysheid
by kalme waters en sielerus
is dit my herinneringe
wat brandhout teen die winter is

Hiermee bring ek dan hulde aan al daardie spesiale mense wat te goed doen en is om ‘normaal’ te wees. Ek buig laag, kap my hakke teen mekaar en saluut julle! Mag God in sy Almag en Genade julle moeilike paaie met die geur van roosblare verfris…

13 Responses to “Gewoon”

  1. Zee says:

    Ek klap my hakke saam met jou Pikkelik!!!

    En ja, Zonika skryf darem maar mooi hoor!!

  2. Carina says:

    Dit sal goed wees as almal dit kan onthou. Dankie

  3. Dellie says:

    Baie mooi inskrywing Pikkie. Ons kla so maklik oor onbenullighede. En hierdie mense lewe voluit en ontgin al hulle talente. Die skilderye is pragtig!

  4. Iets om te onthou elke keer as jy wil kla oor onbenullighede.

  5. meermin says:

    Dankie lekker dag vir jou, ekke is maar net ekke, plein dood gewone mens!!

    Tarra ekke ganan visvang!

  6. Roer says:

    Ou Pikka. Lyk my JY’t ‘n hart die grote van ‘n ertjie (soos Adriana sal se^). Die skilderye is pragtig en ek salueer saam met jou. (((Pik)))

  7. Eendjie says:

    Hierdie inskrywing het my weer baie diep laat nadink.
    Ek het dit nodig gehad! Dankie Pikkie.

  8. Wipneus! says:

    Baie mooi inskrywing Pikkie! 😉
    Mooi skilderye en gedigte!!!
    x x

  9. Kruppelkriekkie says:

    Hi Pik. Ekvoel dit waaroor jy vandag geskryf het omtrent daaglks aan my eie lyf… party dae gaan dit makliker as ander, maar mens leer oorleef. Nou’t jy sommer weer my iets gegee om oor te klets môre

  10. Nikita says:

    Mens besef ook nie elke dag waarvoor jy moet dankbaar wees nie! totdat jy iets lees soos hierdie inskrywing! dankie!! pragtige skilderye en gedig!

  11. eilandkind says:

    Dankie Pikkie, mens het nodig om jou seeninge te tel.
    Daardie skilderye is pragtig.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: