Verrassing of moes ek dit kon dink???

Nouja, blykbaar was ek die enigste een wat gister my oë uitgehuil het.  Die kinders het floreer.  Ouboet het verontwaardig gevra: ” Hoekom kom jy my nou-al haal???” Poppedyn het ten minste die ordentlikheid gehad om te begin huil toe sy my sien….   Tsk…  Die kinders darem!

Die wind het ons gister van ons voete af gewaai so van my fotonemery het nie veel gekom nie.  Sommer so paar foto’s van Ouboet in die kar geneem.  Dis darem beter as niks.

Eers weer bietjie hanswors wees…

Mamma se liefde, my eerste, my grootman, my Spiderman….

Hy het sy eerste maatjie gemaak – Robin Hood!!!  Ek sê niks meer nie, as Spiderman se beste maat se naam dan Robin Hood is, wel, wie is ek om te argumenteer.

Tussen 8 en 9 is daar vryspel tyd by die skooltjie.  Ek het die tyd saam met hom spandeer en toe dit ‘skool’ tyd is was dit eenvoudig, “Tatta Mamma, Sê groete vir Scooby Doo” en daar gaat hy!!! 

Hy is net verbitterlik verontwaardig oor die feit dat daar sulke “KLEEEEIIIIINNNN Toiletjies” by die skool is, sy boude willie lekker pas nie!!!

Daar is nie veel om te sê oor Poppedyn se eerste dag nie, buiten dat sy vir die hele middag, aand en nag aan my geklou het soos ‘n vlermuis.  Maar ek glo dat dit ook sal regkom.  Sy het blykbaar die maatjies vreeslik geniet, en die Tannie uit die huis uit geëet.

Als en als ‘n goeie dag, nou gaan ek maar net op my knieë bly en glo dat dit verder goed sal gaan….

16 Responses to Verrassing of moes ek dit kon dink???

  1. Adrie says:

    Pikkie

    Ek het nogal ‘n vermoede gehad dat hulle dit gaan geniet.

    Ten minste maak Poppedyn se tannie lekker kos.

  2. neykie says:

    Lekker dag vir jou Pikkie.

  3. The unpregnantmother says:

    Cool!

  4. Sandra says:

    Bly dit het so goed gegaan met hulle. Mens voel net soveel beter as jy weet hulle is gelukkig.

  5. ICE says:

    Ons moet net onthou dat ons hulle sterk genoeg groot gemaak het om die wêreld daar buite te trotseer!

  6. Wipneus! says:

    Ag dis te cute!

    Ek is regtig bly dit het goed gegaan!
    x x

  7. Roer says:

    Ag, ons weet ons kinders sal ok wees as ons hulle aflaai (meeste van die tyd), maar dis nou maar soos ‘n ma is. Ons worry en as ons nie worry nie, dan worry ons oor ons nie worry nie. 😆 En daar is vir my min dinge so lekker as om by die skool te kom en te sien, my kinders is in ekstase om hulle ma te sien. Ek is ook lekker verontwaardig as ek daai kyk van ‘ek wil nie nou al huistoe gaan nie’ kry. Gmf!

  8. Emil says:

    Dit het dan mooi en goed verloop. En sal net beter en beter gaan.

  9. Salomè says:

    Ek is so bly dit gan goed met julle almal. Sterkte!!

  10. Nikita says:

    Ma’s worry altyd “verniet”…maar dis deel daarvan om “ma” te wees…sterkte met die res! dis altyd makliker vir die kinders as vir die ma’s..

  11. Roer says:

    Piks, ek wou nog se^, jy’s pragtig.

  12. Ogies says:

    Stem saam met Roer. Jy is regtig pragtig. Ek is dankbaar jou kinders het dit geniet. Hulle is maar so klouerig met tye, maar ek weet jy sal weet net wat om te doen.

  13. Pikkelik says:

    Adrie – Jy was toe reg
    Neykie – lekker dag vir jou ook
    Unpregnant – Dit is eintlik cool, ek moet nog net daar kom
    Sandra – Jy is so reg. Hulle geluk is my geluk
    Ice – Ek wil saam met jou stem, maar oeeeee, die angs
    Wipneus – Dankie Siamees
    Roer – Ek weet jy weet wat ek bedoel!!! 😆
    Emil – Dis my grootste gebed
    Salomè – Baie dankie
    Nikita – Ek kry ook daai gevoel, hulle is sterker as wat ‘n mens dink…
    Roer – 😳
    Ogies – Ja ek weet presies wat om te doen, “pêppa” het nog nie ‘n beter manier gekry waar albei my hande ook nog oop is nie!!! 😆 😆

  14. Dis rerig ‘n beautiful pic van jou en kleinman!
    Ek onthou hoe my ousus gehuil het toe haar oudste die dag grootskool toe is en hy het net vir haar gelag en gese: “Dis ok mamma, ek is 12uur klaar met skool dan’s ek weer by die huis”

  15. boendoe says:

    Ag, dit was ‘n BAIE goeie dag! Ek is so vrekbly vir jou, Pikkelik!

  16. Skoor says:

    Ek like die klein toiletjies!!! Ek het nie geweet mens kry so iets nie.

Leave a reply to Sandra Cancel reply