Dit was nie…

Wat ek in gedagte gehad het toe my kinders gebore is nie…  Ek wou hulle teen my gehou het, by my gehou het….   Hulle is vandag skooltoe….

14 Responses to Dit was nie…

  1. Ogies says:

    (((((Pikkie))))) Sterkte maat.

  2. Celéste says:

    My ene is self eers hierdie jaar, op 5, vir die eerste keer skool toe. Dit was Januarie. As ek nou sien hoe sy die skool, haar maats, die ballet, ensovoorts geniet, voel ek baie dae skuldig dat ek haar so “laat” gestuur het, alhoewel ek steeds nie spyt is dat ek haar eers nou gestuur het nie.
    Maar ja, jy wil hulle altyd by jou hou en ek kry soms nou al angs aanvalle as ek dink sy moet oor 13 jaar uit die huis uit!

  3. Muriel says:

    ((((Piksie)))) sterkte vir jou! Ek het net so hard gehuil toe my kinders skool toe is, dis ‘n “ma” ding!

    Ek sal later bel om te hoor hoe dit gegaan het!

  4. Bottertjie says:

    (((((Pikkie))))) Sjym, dis hartseer. Ek het so gevoel toe my dogtertjie 1 jaar oud geword het Augustus. Aaai, aai…

  5. ICE says:

    Weet wat jy bedoel!

    My jongste is in September skool toe.

    Hier in die Ukay begin hulle op 4 jaar.

  6. Sandra says:

    Mens wil hulle so graag klein hou. Die een oomblik is dit hulle eerste dag van skool en die volgende dag maak hulle klaar met universiteit en die tyd tussen-in het net gevlieg!

  7. maxie says:

    Siestog Pikkie.
    Hulle sal okay wees!
    ((Pikkie))

  8. Nikita says:

    STERKTE!! Ek hoop jy het foto’s geneem!! Ek het hier by ons foto’s van Wilmie se eerste dag en dit juis nou die dag weer hier uitgehad…hulle is darem baie cute nog so klein op die eerste dag! Gelukkig vir haar was ek in dieselfde skool as sy wat dit seker makliker gemaak het aan die een kant. Laat weet ons hoe dit gegaan het!! Ek onthou nou nog die sekretaresse van my eerste skool, toe sy gebore is, se woorde…”geniet haar, hulle raak so gou groot..” (hare was toe 13 op daardie stadium)..hoe baie dink ek aan daardie woorde…want dit is letterlik so!! geniet die skool saam met hulle …elke stadium is eintlik ‘n nuwe “ontdekking” saam met hulle…ek dink aan jou!!

  9. boendoe says:

    Ai, jong, jy weet mos ek dink aan jou? Laat weet hoe die eerste dag afgeloop het.

  10. The unpregnantmother says:

    Sterkte Pikkie, dit sal ook beter word!

  11. Eendjie says:

    Moenie bekommer nie, hulle sal ok wees. Dis ‘n goeie ding en hulle kan net daarby baat. My Boeta is al 14 en praat nog steeds oor sy “Babbel en Krabbel” skooltjie en hoe gelukkig hy daar was. Elke keer as ons Hermanus toe gaan moet ons eers daar verby ry sodat hy die skooltjie kan sien. 😀

  12. sonneblomseplekkie says:

    Hi Pikkie,

    Dis so waar dat hulle so gou grootword. ‘n Ewigheid gaan in ‘n oogknip verby, en as hulle groot is, dan begin jou trane eers…glo my. Mens wil hulle so graag by jou hou en toevou in hul baba kombersies….

    Jy het ook nou weer met skool begin😀 Geniet elke oomblik😉

  13. Adrie says:

    Pikkie

    Hoe was die eerste dag toe? Het hulle dit geniet?

  14. Emil says:

    So het ons almal ook ons eerste dag gehad en tog oorleef. Dit sal alles goed uitwerk!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: