Om te glo of nie…

‘n Baie onlangse inskrywing van een van my gunsteling bloggers het my by hierdie vraag laat uitkom.  Ek gaan doelbewus nie link of die naam noem nie, want ek wil nie haar blog verder besoedel hê nie.  (En asseblief dit het niks te doen met iemand wat oor wetenskap blog of oor ‘donker’ skryf nie!!!!)

Wat glo ek en hoekom glo ek…   Dis eintlik bitter eenvoudig.  Ek is een van daardie gelukkige/ongelukkige- mense wat iets kan glo sonder om dit te sien.  Ek kan kies om iets te glo en daarby bly ten spyte van wat ander my probeer oortuig.  Ek kies om in God te glo, ek kies om in sy Almag te glo, ek kies om in die Ewige lewe te glo…  sonder bewyse…  Ek kies om in die Bybel te glo, omdat ek WIL.  

Ek kies om in die mooi goed van die lewe te glo…  Vriendskap, Vreugde, Vrede, Verdraagsaamheid – al bewys die wêreld daagliks die teendeel.  Ek kies om te glo dat die lewe goed is.  Dat daar nog mense is wat omgee en saamstaan.  Ek kies om te glo in goeie huwelike, wat hou ’till death do us part’ al bewys die samelewing daagliks die teendeel.  Ek kies om te glo dat daar in die donkerste omstandighede ‘n helder lig net om die hoek skyn.  Ek kies om te glo dat mense inhirent goed is, ten spyte van die verkeerde dinge wat hulle aanvang.  Ek kies om te glo in ‘n toekoms vir my kinders.

Ek is ingestel daarop om eerder die pragtige waterval as die dooie vis raak te sien.  Ek is ingestel om eerder die kleure van die sonsondergang as die lugbesoedeling raak te sien.  Ek verjeug my oor elke babatjie wat gebore word eerder as om te kwel oor wat van die arme mens gaan word….

Miskien is ek naief, maar ek sal wragtig nie toelaat dat die negatiewe samelewing of die wetenskap my van my lewensvreugde beroof nie.  Ek kies om aan die ‘nice’ dinge in die lewe te glo.  Ek is opgewonde as argeoloë beweer hulle het iets ontdek…   Nie omdat dit vir my iets bewys nie, bloot omdat dit interressant is.  Geen ontdekking van ‘n ark of ‘n stad of ‘n grot of ‘n kruis ‘for that matter’ gaan ‘n verandering in my geloof teweeg bring nie, maar dit is eenvoudig vir my ‘amazing’.

Maak dit van my ‘n slegter, dommer, eenvoudige mens….  Ek glo nie.  Dit maak bloot my lewe interressant, my hart gelukkig en hou my vlammetjie aan die brand.

Ek skryf nie hierdie dinge om ‘n vreeslike argument aan die gang te sit nie, ek skryf dit nie eers om kommentaar te hoor nie, ek skryf dit bloot omdat ek wil.  Ek wil nie van die teendeel oortuig word nie, so asseblief moenie ‘n slagveld van hierdie post maak nie.  Ek is versot op vrede….  Ek is versot op die mooi dinge in die lewe en meer nog ek kyk deur ‘n rooskleurige bril na die lewe.

Beteken dit dat ek nog nooit die donkerkant van die lewe gesien het nie.  As julle dit glo het julle nie ‘n idee nie.  Ek kan insetsels uit my lewe vertel wat mense se hare sal laat regop staan, juis daarom of miskien as gevolg daarvan, of moontlik omdat hierdie dinge in my lewe gebeur het en ek moes kies om ‘n rassionele, denkende, ‘normale’ mens te bly glo ek in dit wat mooi is.  Ek is nie onnosel nie, ek weet ons lewe nie in ‘lala-land’ nie.  MAAR weereens ek KIES om die mooi raak te sien, om my kinders van feëtjies en kaboutertjies te leer, om hulle te laat glo in Kersvader en die tandemuis, om hulle die mooi kant van die lewe te wys en dan wanneer die tyd reg is, hulle te lei en te leer dat hulle ook kan kies om positief te wees ten spyte van die gebroke, afskuwelike wêreld waarin ons bly…

24 Responses to Om te glo of nie…

  1. Ogies says:

    Pikkie, wat ‘n inskrywing! Ek is maar ‘n pesimistiese mens. Maar ek werk baie hard daaraan. Jy inspireer my om ‘n beter ek te wees. Dankie!

  2. flippiefanus says:

    Wat ‘n wonderlike inskrywing Pikkelik. Jy gee my sommer so gloed in my hart. Ek kan sien dat jy nie bang is om van nuwe ontdekkings te lees nie want dit hou vir jou geen bedreiging in nie. Jou geloof staan vas.

    Daar sal maar altyd diegene oor mens se pad kom wat gaan probeer om mens met allerande “slim” redenasies anders te oortuig, maar jy staan nie alleen nie. God gee sy wysheid aan diegene wat daarna vra. Daarteen delf al hierdie “slim” redenasies uiteindelik die onderspit.

  3. Kokkewiet says:

    Amen!!!!

    Ek voel net soos jy Pikkelik. Jy kon net sowel oor my geskryf het. Ek KIES ook om die mooi in alles raak te sien en HAAT negatiwiteit. Ek glo ook soos jy.

    Ek was self deur moeilike tye en al is ek nou alleen, glo ek met hart en siel dat ons Vader wel die regte persoon oor my pad sal stuur – op sy tyd en nie myne nie(al wou ek dit gister al gehad het).

    Ek word baie keer gevra hoe ek so positief kan bly na alles wat ek deurgemaak het en my antwoord is elke keer: Want ek kies om positief te wees!!

  4. Roer says:

    Hallo my mede naiewe vriendin. High five suster! Ja wat, die blogwEreld het nogal my ogies oopgemaak wat die goed betref. As jy net in die rigting van geloof BEGIN praat, is jy ewe skielik ‘n toebroodjie kort van ‘n piekniek, OF the latest… ‘n toffie. Dis baie maklik om jou geloof te VERLOOR. Dis nie so maklik om dit te behou nie en dis inskrywings soos joune wat ‘n mens wys ons is nie alleen nie. Dankie Pikkie.

  5. demoerin says:

    ‘n Mens se uitkyk op die lewe bly ‘n persoonlike keuse. Die feit dat mens kies om die mooi en goed raak te sien, en sodoende jou lewe so verryk, beteken geensins jy staar jouself blind teen die leliker realiteite nie.

  6. ICE says:

    Xcellent, Piks, Xcellent!

  7. Déjà-Vu says:

    Jy som dit so mooi op.

    “Want ek WIL!”

  8. Paula says:

    Ek admireer jou geloof Pikkie.

  9. Jaco says:

    Ek beny jou die feit dat jy hierdie stelling kan maak met soveel sekerheid. Ekself sukkel met die konsep.
    ‘n Baie eerlike en opregte stukkie skryfwerk Pikkie, goed gedaan!

  10. Dellie says:

    ‘n Netjiese stukkie Pikkie.😉

  11. Soos meeste dinge in die lewe, is geloof ‘n keuse en ek dink jy stel dit duidelik dat jy KIES om te glo. Ek deel jou keuse.

  12. eilandkind says:

    Dankie Pikkie!
    Ek stem 100% saam.

  13. Ek stem saam met demoerin hierso.
    Maar wat ookal mense besluit om met hulle lewe te doen, is hulle keuse.
    As ek kinders gehad het sou ek hulle ook van kabouters en feetjies vertel het,,, en EK dink glad nie jy is onnosel nie.

  14. Charmaine says:

    Nie die eerste keer dat ek hier inloer nie maar nou moet ek darem ook se jy praat so reg uit my eie hart uit Pik. Ons Vader het niks verander nie en Hy het alles goed gemaak. En om die positiewe raak te sien en die geloof te behou beteken jy sien met die oe van jou hart… en soos ‘n kleintjie glo ek nog Hy bly in my hart.. So lekker gelees hieraan.

  15. Sandra says:

    Ek stem saam met jou Pikkie en nie net omdat ek wil nie, maar ook omdat ek dit beleef!

  16. Pikkelik says:

    Dankie vir almal se kommentaar, ek waardeer dit en gaan nie elkeen appart antwoord nie, alhoewel ek net wil sê, Jaco ek was ook daar waar jy nou is…

  17. Nico says:

    Ek wens ek kon…

    Einstein het gesê,
    Science without religion is lame, religion without science is blind.

    Ek kan nie glo omdat ek WIL nie, ek wil glo omdat ek swart op wit bewyse gesien het… ek was nie altyd so nie, en ek wens ek het geweet waar dit verkeerd gegaan het.

  18. Sonkind says:

    Hierdie is ‘n pragtige inskrywing, Pikkie. Ek glo net soos jy en ek gee regtig nie om of ander mense met my saamstem nie. My geloof is sterk genoeg om alleen te staan, maar dis vrek lekker om mense raak te lees wat dieselfde as ek glo🙂

  19. Wipneus! says:

    Hi, hier val ook ook gou in, baie mooi inskrywing vriendin!

    Ek kom van La-la land, ek kan in alles glo en belangstel, my brein is maar op sy eie mission, jy weet mos😉

  20. Emil says:

    Pragtige skrywe!

  21. boendoe says:

    Mooi, Pikkie. Mens kan uit jy inskrywings sien dat jy ‘n positiewe mens is. Jy leef jou oortuigings regtig uit.

  22. Retha says:

    (((Nico)))

    ek dink nie jy het verkeerd gegaan nie. Krap bietjie in “geloof”en “apologetics”afdelings op my blog, en die “om Jesus te volg maak sin”-blad.

    Dalk sê ek iets wat jou help.

  23. Pikkelik says:

    Ek probeer nie sê of voorgee dat dit wat ander soek of opsoek enigsings minderwaardig is nie, en as dit so deurkom vra ek groot om verskoning. Wat ek geskryf het is ‘n persoonlike gevoel, dis wie ek is en hoe ek glo. Daarmee wil ek niemand affronteer of seermaak nie. Weereens dit is eenvoudig wie ek is en ek glo ek het dit so gestel. Verstaan asseblief dat ek nie wat ek lewe op ander wil afdwing nie. Hierdie is ‘n baie persoonlike gevoel. En ek vra om verskoning as dit anders ervaar word….

  24. Retha says:

    Nee, Pikkie, niks fout nie. Hierdie antwoord was vir Nico, wat voel hy het iets anders nodig.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: