Speursersant Pikkelik…

Ek het die slag gehoor en gaan ondersoek instel… 

The scene of the crime…

 

By nadere ondersoek blyk daar ‘n duidelike gat in die venster te wees….

 

Die voorwerp waarmee die misdaad gepleeg is, het nog reg onder die venster gelê…

En die skuldige het nie ver van die toneel af gestaan en sy banggesig opgesit….  (soms werk dit om die straf mis te loop….)

 

Maaaaaar, hierdie mamma is opgepraat, opgesoebat, opgepaai, opgetel, opgealles…..  Ek los hom nou maar vir Mynick, want dit is wragtig al die derde venster vandat ons hier is…  Genoeg is genoeg…. 

33 Responses to Speursersant Pikkelik…

  1. eilandkind says:

    O aarde, daai gesiggie, opvreetbaar, hoe kan mens hom straf Speursersant?

  2. Wipneus! says:

    Whahaha! Kyk daai gesiggie!! Ek het nou nog bewyse orals in die huis waar my 2 seuns “mass destruction” aangevang het!!!
    Nou kyk ek met liefde daarna en gaan op ‘n trip down “memory lane”

    Ek het nou lekker gelag. 😆

  3. maxie says:

    😆
    Boys will be boys…
    Ai, ek lief seunskinders!!!

  4. mariki says:

    Hierdie ouma kan so sonder moeite altwee kante insien…maar wie s’nne ek kies?…..raai!

    Dit is ‘n kostelike verslag, sersant Pikkelik!

    http://fluitjiesriet.blogspot.com/

  5. Pikkelik says:

    Eilandkind – Daar is in my boekies ‘n verskil tussen ongeluk en doelbewuste verontagsaming van opdragte!!!!
    Wipneus – Natuurlik sal jy nouweer partytrek!!! Dis mos jou witbroodjie daai!
    Maxi – En hoe!!!
    Mariki – Welkom in die blik!!! Julle oumas maak my gedaan… Maar ek moet bieg, vanoggend lag ek ook nogal oor die storie!!!

  6. Ogies says:

    Kosbaar! Sê ek so ewe met Seuntjie Kind wat op 3 nog net nie die vaardighede het om sulke dinge uit te voer nie…

  7. mockajava says:

    Ek kon so gesig op sit tot ek blou was, maar as my pa by die huis gekom het het ek spoorloos verdwyn, want ek het geweet wat op my wag. Ai pikkelik, ek gee hom 10 uit 10 vir daai gesiggie, hy doen dit bleddie goed.

  8. Zee says:

    Pikkie jy sê… Julle oumas maak my gedaan, nou waar het ek jou gedaan gemaak Speursersant?😆

    Jinne, ek eis as ek sien wat weer vir my voorlê. Daardie gesiggie spreek boekdele hoor🙂

  9. Wipneus! says:

    Pikkie hy kan nie help nie, die stuk hout het vanself uit sy hand gevlieg reguit venster toe…. ek pleit versagtende omstandighede😆

  10. Pikkelik says:

    Ogies – Wag daar ‘n verrassing op jou Vriendin??? 😆 😆 😆
    Mocka – ‘n Akteur van formaat, ek kan jou waarborg!
    Zeetjie – Dis mos altyd die mamma wat verkeerd is, die arme ou bloudjies is mos altyd onskuldig!!!
    Wipneus – Presies wat ek sê advokaat!!! Gmf!!!! Uit sy hand gevlieg!!!!

  11. Dellie says:

    Hie-hie, hier van “buite” af is dit vreeslik snaaks… en daai gesiggie!😆

    ‘n Vinnige tip – maak asseblief seker alle superglue is buite sy bereik… klein seuntjies en superglue is ‘n gevaarlike kombinasie!😆

  12. BB says:

    LOL!!! Weet jy – dis ‘n awesome spul nice memories wat jy vir jou kiddies hier bymekaar maak – onthou tog om dit ‘real’ te doen en ‘n boks aan te skaf waarin jy hierdie inskrywings van jou ge’print’ kan bêre… onthou tog as jy kan om die ‘voorwerp’ daarmee saam te bêre ook!!

  13. Pikkelik says:

    Dellie – WAAAAT???!!!!!! Jy maak my bitter bang!!!!
    BB – Ek sal moet print, jy is so reg… En hy het al ‘n allemintige memorybox – glo my, maar ek’t nooit daaraan gedink om die ‘voorwerp’ te bêre nie!!!

  14. Pikkelik says:

    Ek kyk nou weer na daai banggesig en ek lag my slap!!! Jeeeeezzzzz dis funny!!!!

  15. TristonJ says:

    😆 Daai gesig spreek boek dele!!😆

  16. Kokkewiet says:

    Jip, boys will be boys! Hoe kan mens nou kwaad word vir so gesiggie?

  17. Pikkelik says:

    TristonJ – Dit wag vir jou ook!!!! 😈
    Kokkewiet – Glo my, dis soms nie moeilik nie!!! 😆 😆

  18. boendoe says:

    Ek hoop julle was genadig gewees… Kyk net daai gesiggie… 😉

  19. meermin says:

    hei hie😆 lekker dag vir jou!

  20. demoerin says:

    😆 Baie oulike post. Shame, daai gatsiggie. Ek dink dit is een van die dinge wat alle kinders die eerste volmaak….daai gesiggie. hehehe

  21. Adrie says:

    Pikkie

    Is jy seker dit is nie jy wat vir Ouboet gegooi het, en toe hy koes, tref jy die venster nie?

  22. Ek is al immuun teen sulke gesiggies met die lot hierdiekant! Maar shame man, dalk het hy op ‘n verbeeldingsvlug gegaan en gedink hy is ‘n native Australian met ‘n boomerang wat jag of iets… Daai twee groot oe draai jou sekerlik lekker om die pinkie as dit moet😉

  23. Pikkelik says:

    Boendoe – Ja wat, hy het presies een en ‘n half minuut gehuil… Omdat hy nie sy DVD mag kyk nie, toe onthou hy weer van Scooby en my strag vlieg weer by die venster uit.
    Meerie – Lekker dag vir jou ook.
    DMI – Jy behoort te weet, ek dink dis in seuntjies se gene ingebou….
    Adrie – Ai tog…
    Kaalvoeters – Nie maklik nie…. Ek ken hom inside en out….

  24. Sandra says:

    Ek sal se goeie oog-hand-koordinasie .. wat baie belangrik is vir verdere ontwikkeling. 🙂 . Soos Muriel se, sulke episodes is vir my ook nou kosbare herinneringe (Nie dat mens wil he hulle moet nou weer ‘n venster per-ongeluk breek nie)

  25. Pikkelik says:

    Sandra – Kosbaar en kostelik en dan kos dit ook natuurlik baie geld!!! 😆 😆

  26. Sorry Ouboet, maar ek het probeer om jou gatvelle te red. Daai ma reken sy ken jou te goed…😆

  27. Eendjie says:

    Aaag nee wat, daai was seker ou vensters, miskien was dit in elk geval tyd om nuwes in te sit. 🙄
    (Ok, tannie het probeer seun!!) 😀

  28. Pikkelik says:

    Eendjie!!! – Vensters Oud?!!!!! Nee genade, wat nou nog!!!!

  29. Rustig says:

    So gesiggie moet roomys kry, en dan rustig sit en die saak bespreek.

  30. Pikkelik says:

    Rustig – WAAAAAT?!!!!!!!!!!!

  31. aventer says:

    Hehe

    Ouboet laat my dink aan myself😳

    Dankie vir ou e-possie🙂

    sal gereeld gaan inloer, die mail server is af (alweer)

  32. Nikita says:

    http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=53500&cat_id=160
    Baie cute gesiggie!! Pikkelik, kyk of jy “ja” kan stem vir Afrikaans..voor 20/8…en enige iemand anders ook! jammer vir die “spam” hier!

  33. Pikkelik says:

    Nikita – thanks, maak so…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: