Scooby Doo!!!! where are you?…

My lewensredder, my held, my vriend Scooby Doo!!!  Wat ook soms as Goofy en soms as Scrappy Doo bekend staan na gelang van die naam wat Ouboet op daardie oomblik onthou!!!!  Dankie vir almal, ek het die kamera se kabel in die doekesak gekry….  

As julle dalk wonder watse hond dit is, kan ek julle verseker, sy ma en sy pa was honde en verder het ek nie ‘n clue nie….    ‘Van onbekende ras…’

(((Kliek op die foto’tjie om hom groter te beloer…)))

Lekker week vir julle!!

NS – Kan iemand my dalk sê hoe om’n “pmj” file in Windows XP oop te maak???

12 Responses to Scooby Doo!!!! where are you?…

  1. Adrie says:

    Dit is te dierbaar.

    Dit behoort amper ‘n wet te wees dat kinders met ‘n hond moet groot word. Ja, ek weet nie alle ouers is in staat om ‘n dier aan te hou nie.

  2. Ogies says:

    Ag my moeder!!! Ons’t ook vir Seuntjie Kind en Snipstertjie ‘n hond gekry so 3 weke terug. Dit is ongelooflike hoe die goedjies “click” en net maats is. Ons kan baie leer…
    Is baie bly dat jy die kabel gekry het!

  3. Wipneus! says:

    Ek is baie bly jy het die kabel gekry…. in die doekesak!!!

    Ag Pikkie Ouboet en Poppedyn is te cute!

    Lekker week vir jou ook!

  4. Flippiefanus says:

    Ag moeder mens kan die tevredenheid op die gesiggie sien. Hulle is sommer klaar groot maatjies. Diertjies is darem maar wonderlik. Jammer dat party kinder of hul ouers allergies is vir troeteldier. Dan mis die kinders eintlik nogal baie.

  5. aventer says:

    Aaaaaaaaaaaaaaw

    Is so sweet, moenie bekommerd raak as hy more oggend nie meer daar is nien😳

  6. Dellie says:

    Sjoe, at last kom ek ook hier uit!😉 Welkom terug jong, dis lekker om jou weer raak te lees.

    Moes eers gou opvang met al jou possies, maar ek is bly julle is nou so te sê gesettle. Miskien moet jy maar garage-sale hou met die ekstra meubels waarvoor daar nie plek is nie.

    Die woef is te cute, en mens kan sommer sien hier kom ‘n groot vriendskap.

  7. Roer says:

    Banja cute!

  8. ICE says:

    Wat is die pmj file?

    Hoe het jy ndit gecreate, of waar kom dit vandaan?

  9. boendoe says:

    Hemel, Pik, dis cute! 😆 Die tweetjies lyk of hulle best pals for life is.

  10. In die doekesak, ag ek moes geraai het. Baie cute honkie!

  11. ICE says:

    Piks het jy al die pmj file uitgesort gekry?

  12. Paula says:

    Dit is ‘n pragtige hondjie en dit lyk asof die kinders hom vreeslik geniet!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: