Die kinders en nog ander goed…

Baie dankie vir almal se kommentaar.  Nou die ou vraag, wat wil julle eerste hoor, die goeie of die slegte nuus???   Miskien moet ek by die positiewe dinge begin, vir die wat nie my depressie wil aanhoor nie…  lees net halfpad en hou dan op.  Die mense wat ons trek gery het sal ek vir enigeen aanbeveel.  As julle ooit in die Kaap wil rondtrek, bel vir Roelien by Lowline Furniture Removals in Upington!  Hulle is uitstekend.  Soos ek gesê het, dit was nie ‘n trekkie nie, dit was ‘n trek! met ‘n papegaai!  Ek het sowaar as vet nie eers een gebreekte wynglas, of een krappie aan my meubels nie.  Dit wil gedoen word.  Een van die mans wat die trek gery het, het met genot aan ons verduidelik dat hy die heelpad ‘n ‘conversation’ met die papegaai gehad het!

Die winkels is NABY, tot Mynick se bankbestuurder se frustrasie, Whahaha, en die beste van alles die dokter is net sewe minute se ry van my af en die Medi-kliniek is presies twee blokke van my huis af!  Verder kan ‘n mens letterlik enigiets wat jy soek iewers in Upington kry.  Ek het ook vinnig geleer wat om waar te gaan soek.  Ons het ook vir Mynick ‘n Vuca-scooter gekoop waarmee hy werktoe en terug ry, met die petrolpryse is dit nou wragtig die ‘bargain’ van die leeftyd!  Hy gebruik presies 1.15liter brandstof per week!!!!

Die grootste pluspunt is natuurlik dat ek by my man is!  Ek sou in my lewe nooit gedink het dat ek ‘n ander persoon so verskriklik lief kon kry nie.  Die paar weke sonder hom was solid hel en ek wil dit nooit weer oorhê nie.

Nou moet die wat nie van die negatiewe dinge wil lees nie dadelik ophou lees en gou iewers anders ietsie gaan lees!!!!  Ouboet het ‘n ongelooglike moeilike tyd.  Ek is raadop.  Nie alleen het hy weer begin bed natmaak nie, hy het ook in ‘n gruwelike trol verander.  Niks wat ek sê is reg nie, hy praat tee oor alles, is heeltyd op die kwaaddoen uit.  Skree as iets hom nie pas nie, weier om opdragte uit te voer. Ag die lysie is eindeloos.  Gewoonlik sal ek baie dinge net ignoreer, maar daar is perke aan alles…  ‘n mens moet bad, jy moet eet, jy maak nie jou sussie met ‘n tou aan ‘n boom vas of slaan haar met ‘n graaf nie!!!  Ek kry my kind so verbitterlik jammer, maar ek kan tog nie skielik alles toelaat net omdat daar veranderings in ons lewens gekom het nie…  Oi!…  weghardloop is die inding!   Poppedyn is egter nog net haar vrolike self buiten vir die feit dat al my sleeptraining na die maan is.  Sy word weer gemiddeld agt keer ‘n nag wakker.

Poppedyn het vandat ons hier is al twee keer mangelontsteking gehad en Ouboet het tans vir die tweede keer lugweginfeksie…   Verder kan ek nie ‘n bediende bekostig nie.  Hulle dagloon is R80.00 en dan moet jy hulle nog R24.00 per dag taxigeld ook gee…   So ek maak huisskoon, pak uit, was wasgoed, stryk, pas kinders op, maak huisskoon, maak kos, maak huisskoon, was wasgoed…..    en so gaan dit aan en aan.

Nou wil ek net nog een ding hier sê en dit is dankie!  Dankie vir almal wat in my kamp skree en my aanmoedig.  En ‘n groot, vet, baie spesiale dankie aan my vriendin Wipneus, wat my deur hierdie laaste tydjie gedra het.  Wat my aangemoedig het, saam met my gehuil het, my goed en ordentlik uitgetjorts het as sy gedink het dit is nodig, wat my moed ingepraat het as die storms my onderstebo wou slaan en maar net altyd daar was!  Thanks Siamees, Jy is die beste….

19 Responses to Die kinders en nog ander goed…

  1. Zee says:

    Pikkie, welkom terug. Ai, wens ek kon vir jou raad gee met Ouboet. Baie sterkte.

    Ns…… jou nuwe look is pragtig!

  2. Adrie says:

    Ai toggie tog.

    Ek het geen raad nie. Hy voel seker maar net ‘n bietjie insecure.

  3. Paula says:

    Welkom terug! … en baie baie sterkte!🙂

  4. BB says:

    Ai Pikkelik – kinders sukkel ook soms met ontworteling… soos sommige plantjies ook maar – you got to give him space and a whole lot of love. As soon as he’s ‘found his feet’, sal hy weer wortel skiet and then he’ll be ok – so long as he understands that he’s not wrong for feeling ‘not ok’ for now.
    maybe it’ll help to tell him that you also hurt – for having to leave friends and things behind… that you also need a hug once in a while, to know you’ll all be ok – hou hom dalk responsible vir ‘n bietjie love-spreading ook…

    My boetie het jare terug ook ons skuif van Duitsland na SA baie bitter moeilik beleef – it takes time – and it’ll be on his time – die ander dingetjies (die opstandigheid en aggressie) is deel daarvan en soos jy tereg sê, mag net nie geduld word nie. So tell him, you’re trying to understand him, but jy issie hy nie – so unless he tells you how he feels, you won’t know – and you’ll help him work through it, but if his behaviour hurts any body physically, then his butt will have to hurt in the same way. Og, ek kry die outjie sommer jammer.
    Sterkte skat!! x

  5. Goed om weer hier te lees. Baie sterkte met al die dinge.

  6. Kokkewiet says:

    Sjoe, sterkte met al die aanpassings. Ek stem saam BB – sy het goeie raad!🙂

  7. demoerin says:

    Bly om te sien jy is terug in die land van die bloggendes!

  8. Alda Augustyn says:

    Lekker om weer hier te kuier! Baie sterkte met Boetieman…BB is so reg, wees net daar vir hom, en “floor” hom met die liefde!! (Maar dit hoef ek tog nie vir jou te sê nie!) Soos jy sê die belangrikste is dat julle 4tjies weer bymekaar is, en dan kan mens ENIGE ding oorkom!

  9. wipneus says:

    Jan Brand het gesê alles sal regkom. Gelukkig is jou positiewe lysie baie langer as die negatiewe lysie😉

    Ek hoop die kleingoed word gou gesond!
    Hulle sal aanpas, maar dit gaan tyd vat! Miskien sal dit ook beter gaan as hulle saam die ander maatjies kan begin speel!

    Lekker shop! 😛

  10. Ogies says:

    Ai, jy sit nou omtrent tussen die boom en die bas. Nadat ek na my “inkonking” na 2weke weg vd huis weer terug gekom het was Seuntjie Kind ook net so moeilik. Ek het my oë uitgehuil. Ek het so skuldig gevoel oor die chaos in sy lewetjie. Hy was skaars 2 en het geen keuse in die verloop van sy lewe gehad nie. My ma het toe vir my hierdie raad gegee. Ek glo dit het gehelp. Al was dit ook soms net vir my. Sy’t gesê ek moet onthou en ingedagte neem dat hy nie sy vrese en onsekerhede kan verbaliseer nie. So, as hy ‘n tantrum gooi is dit sy manier van “praat”. Hy wil al daardie seer in sy hartjie uitskreeu!! Ek moet hom dan net vashou (of net probeer vashou te midde van die skoppende voete) en vir hom sê dat ek verstaan dat hy gefrustreer/bang/onseker/kwaad ens is en dat hy so mag voel. Net dit. Ons moet steeds duidelike boundaries hê, maar ons moet hul ook toelaat om hulself te verwoord in ‘n “taal” wat hul kan praat.
    Sterkte

  11. boendoe says:

    Ai, ja, BB en Ogies gee goeie raad. Maar somehow dink ek jy weet dit reeds… 😉

    As ‘n mede-lydende huisskoonmaker: maak die huis EENKEER goed skoon. Dan is die vuilhuid wat volg JOUNE, en hoef jy nie daaroor te worry nie! (ek het ‘n ding oor ander mense se vuilgoed!) En dan relax jy. So what as daar bietjie stoffies hier en daar is. More is nog ‘n dag, volgende week is nog ‘n week. Die ergste ding wat mens kan doen, is om te probeer om mev. Perfekte Huisvrou te wees. Maak jou net oud en moeg en JY SAL NOOIT DIE HUIS 100 % VAN DIE TYD 100 % SKOON EN NETJIES KAN HOU NIE.

    Geniet eerder jou kindertjies en man. Soveel lekkerder!
    Sterkte, suster in verdrukking. 😆

  12. Pikkelik says:

    Zee, Adrie, Paula, Riaan,Kokkewiet, DMI – baie dankie vir julle kommentaar en dit is rerig lekker om weer terug te wees, al is dit dan net om ‘n klankbord te hê!
    BB en Ogies– Ek probeer, ek belowe, maar die klein vabond het my senuwees al aan flarde… Maar ja, hy is net 4 jaar oud en skaars meer as ‘n babatjie met ‘n bitter skerp breintjie in sy skedel! Uithou en aanhou, uithou en aanhou!
    Wippie – Ek hoop nou ook maar op die maatjies as uitweg!
    Boendoe – Jy weet mos vrou!!! HET EK GENOEM DAT DAAR ‘N GROEN INDUSTRIEELE MAT IN DIE KOMBUIS IS!!!!!!!!!!!?????

  13. Sandra says:

    Baie van die kinderers wat landuit verhuis en met wie ek werk hier in die woestyn het dieselfde “probleme” en dan gaan hulle nog boonop groot skool toe op 4. Jy het wyse raad gekry. Maatjies kan ‘n groot rol speel. Sterkte

  14. eilandkind says:

    Ek is so bly jy is weer saam met jou man Pikkie!
    Sterkte met die kinders en dinge jong, jou seuntjie is seker maar net onseker na die verandering.
    Bly om jou weer terug te he hier.

  15. Ek weet niks van kindersgroot-kry nie, maar ek skree in jou hoek.
    Ek sal later my T-shirt kom collect :0

  16. flippiefanus says:

    Pikkelik sterkte met die kinders en al die ander dinge wat gedoen moet word. Dit sal weer beter gaan.

  17. maxie says:

    Dis seker ‘n hengse verligting vir jou om so naby aan alles te wees, veral die dokters!

    Gee hom maar net kans om weer sy voete te vind, dit sal wel vinnig gebeur🙂

  18. Nikita says:

    Welkom terug en sterkte met die kinders! Geduld en liefde…en gebede/genade! Hoop hy pas gou aan en kom gou oor oor die “trauma”…en ek dink jy het die sterkte meer nodig om dit te hanteer!

  19. neykie says:

    Pikkie, bly jy is terug in blogland

    Was maar moeilik vir my of weer in die ding te kom.

    Geniet dit en sterkte met ouboet se streke

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: