‘n Nuwe begin.

Hierdie is een van daardie inskrywings waar ek nie weet waar om te begin en waar om op te hou nie, so verskoon maar as dit so bietjie deurmekaar is en ek sal julle verskoon as julle nie kop of stert daarvan kan uitmaak nie. 

Kom ek begin maar by die begin en sien hoe vorder dinge.  Eerstens was ons veronderstel om 28 Augustus te trek.  Die 26ste om 9h30 die aand – let wel die aand – bel die vervoerkontrakteur toe en sê hy is jammer maar kan ons nie meer trek nie, met ‘n duisend verskonings en allerhande bog.  Wel Woensdag oggend spring ek toe op die telefoon en ‘n driekwartuur later het ons ‘n vervoermaatskappy wat ons Sondag 31 Augustus sal trek.  Stommerik wat ek is, raak ek toe mos rustig want ek het dan mos nog drie dae oor om klaar te pak!!  Donderdagaand laat weet die maatskappy hulle is voor skedule en kan ons Saterdag trek!  Tjorts toe spring ek weer soos ‘n mal makkatees aan die pak en Vrydagaand, 2800 meter kleefband, 260m bubblewrap, 400 koerante en 235 bokse verder, staan ek gereed, of dan amper gereed om getrek te word.

Saterdagoggend 6h10 lui die telefoon, die trekkers het by die polisiestasie geslaap en is reg vir ons.  Ek staan toe nog in my PJ’s maar seg laat julle kom, ek wag.   Mense die wind waai ons toe dat ons nie weet watter kant toe nie.  Die trekkers dra toe alles eers uit tot op die sypaadjie en begin die trok van daar af laai.  19h15 Saterdag aand is hulle klaar en op pad, met ‘n honderd stories wat ek oor die aangeleentheid kan vertel.

Ons val toe ook in die pad en eindig toe in Randfontein waar ons by vriende vir die nag oorslaap.  Sondag ry ons toe deur tot in Upington wat ook baie makliker klink as wat dit was, want om 800 km met twee kleintjies in ‘n kar te ry – op een dag – issie ‘n grap nie!!!  Ek belowe!!!  Ek was naby aan by die kar se venster uitspring!  Maar dit daargelaat.  Sondagaand slaap ons toe weer by vriende en 7 uur Maandag oggend staan ons en die trok voor ons nuwe tuiste en laai af. 

Nouwel wat kan ek sê van ons nuwe tuiste…  Dis klein, nee wag, DIS KLEIN!!!!  Die helfte van my meubels en bokse staan in die motorhuis.  Poppedyn se kot se pote moes dele van afgesaag word om dit in die kamer in te kry (nie dat ek spyt is nie, ek kom nou by sonder om in te val!!!) Die hele huis het net SES kragpunte, die slaapkamers is so groot soos wat my badkamers in Amsterdam was en die badkamers is so groot as wat my klerekaste was.  Maar dis skoon en ek is by Mynick, dis eintlik al wat saakmaak.

Ek het vir Ouboet plek gekry by ‘n kleuterskool en vir Poppedyn by ‘n dagmoeder wat net twee ander kinders oppas.  Die enigste probleem is dat dit net tot een uur is en nie vakansies nie, met die gevolg dat my idee om voldag te gaan werk na die maan is.  Back to the drawing bord op daai ene.

Ek sal later verder vertel, hierdie inskrywing raak nou heeltemal te lank.  Net nog dit:  Ek het julle verbitterlik baie gemis en dis heerlik om weer aanlyn te wees.

O ja, hier is ‘n lugfoto van Upington:

19 Responses to ‘n Nuwe begin.

  1. aventer says:

    Is so bly jy’s terug Pikkie.

    Dii voel nog alles vreemd, maar op die ou eind gaan julle tog baie gelukkig wees🙂

  2. ICE says:

    Sterkte!

    Gelukkig het julle al julle meubels en in een stuk!😉

  3. DieWolf says:

    Welkom terug, Pikkie. Daai droewors by Skaapland is lekker.🙂

  4. Wipneus! says:

    Ek is bly jy is terug:mrgreen:

  5. Welkom terug! Ek volg nou al jou blog vir ‘n rukkie, ek is bly die trekkery is op ‘n einde. Nou nog net vir wegpak . . .😉

  6. Rustig says:

    Welkom terug! En alle sterkte en voerspoed vir julle gesin en ‘n nuwe avontuur wat wag. Ek hoop die huis het aircon in, want Upington is die hel so voordeur in die somer. Is mooi dorp en mense is net so mooi.
    Ek glo hulle gaan sommer lekker bly en die Kaap is net reguit met die pad af suide toe!😆

  7. Dis soooo lekker om weer ‘n post van jou te lees!
    Bly jy het die trek en lng rit Upington toe oorleef, al is dit net net-net😉

    Ek hoop julle gaan baie gelukkig wees daar Pikkie!

  8. Wipneus! says:

    Mmmm ek hou van die nuwe look!

  9. boendoe says:

    Jislaaik. Pik, jy het senuwees van staal. Ek moan en kla baie oor my lot in die lewe, maar ek weet nie of ek alles sou kon doen wat jy die afgelope maand gedoen het nie. Welgedaan!

    Ek is baie nuuskierig om te hoor hoe dit met die kleingoed gaan. Dit klink darem nie of daar enige groot aanpassingsprobleme was nie?

    En Upington lyk na ‘n stunning dorpie, so uit die lug uit! 😉 Foto’s, foto’s, ne!

    Ek is sooooo bly jy is terug!

  10. piiiiiiikkkkkieeeeeeee!!!!!!!!!!!!!

    jinne ekke het verlang na jou!!!! hier is 1000 balonne om jou terugkoms te vier oooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooo

  11. Sonkind says:

    Eerstens Pikkie – BAIE WELKOM TERUG!!! HET JOU GEMIS!!!

    Tweedens – Nou waar was jy aan’t vliege toe jy daardie lugfoto van Upington geneem het😆 😈

  12. mockajava says:

    Hello hello, mj se hello to pikkelik in Upibgton, ek is bly julle is velilig en in een stuk, soos kaalvoet se dis lekker om weer n pikkelik inskruiwing te lees. cheers vir eers.🙂

  13. Pikki… Dis moer nice om jou trug te hê! T en M stuur groete en baja liefde

  14. Nikita says:

    Welkom terug! Ek kan net dink hoe was daardie 800km met die 2 kleintjies..! Bly om jou terug te he!

  15. Roer says:

    lol@kot-storie😆

  16. Bruinoog says:

    Sjoe, jy het die moed van ‘n leeu. Om die trek lorrie en 2 kinders te “handle”!!!

  17. Nelba says:

    Welkom terug!

  18. Jaco says:

    Dit is nou ‘n baie lekker verrassing om jou terug te sien. Welkom terug.

  19. BB says:

    Ek was al in Upington!! Is daar nie ‘n standbeeld van ‘n donkie of so iets daar nie?? No, I didn’t go sight-seeing – i was just going through…. oor die pad Suidwes toe deur jou dorpie loop😀

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: