Okey Dokey!

Nou ja, ek is seker veronderstel om ‘n traangevulde bye-bye vir julle te sê, ….   maar ek het rerig nie die tyd om op trane te mors nie, en soos ‘n “geliefde” e-mail vriend gesê het, ek sal rerig hulp moet kry met die ernstige depressie waaraan ek ly!!!   ROFL   –   idioot, ek lag nog steeds vir jou…. 

Maar dit daar gelaat.   My DSL word more gediskonnekteer, afgesny, gediscontinue noem dit wat jy wil, maar tot ek weer eendag ‘n telefoon en DSL – lyn in Upington het, sal ek seker maar wel moet groet!  Maar wees verseker, ek kom terug, ek is nog lank nie opgeblog nie…  Ek het nog baie dinge om te sê, daar is nog baie mense wat ek vreeslik graag wil irriteer, ek wil nog ‘n paar na hulle valstande laat gryp en beslis ‘n paar laat dans.  Verder beveel ek julle om om liefdeswil nie siek te word, in hospitale te lê of assebliefie toggie dood te gaan nie.  Ek kom haal vir julle waar julle ookal is, ek verwag ‘n hengse ‘welkom terug’ party en die een wat nie daar is nie, wel…  my broer is ‘n begrafnisondernemer, so be warned!!!

 

OOPS, amper vergeet ek!   Aventer en Jaans, baie baie sterkte met julle eksamens.  Ek dink ons almal besef julle is redelik gatvol, maar druk deur en doen net die beste wat julle kan.  Strongs!!!

55 Responses to Okey Dokey!

  1. mockajava says:

    Okey Dokey Pikkelik, you can do it. Nuwe begin en nuwe uitdaging en as die koneksie aan is sal almal hier vir jou sit en wag (((((pikkelik))))))) 🙂😉

  2. Adrie says:

    Hamba Kahle.

    Hoop julle trek is voorspoedig en elke koppie kom onbeskadig ander kant uit. Ek is bly ek hoef nie uit te pak nie.

    O ja, Eerste

  3. mockajava says:

    Ja dit is 3:50 die oggend en ek is nog wakka.🙂🙂🙂 groete

  4. mockajava says:

    Hehehe – Adrie

  5. Zee says:

    Pikkie, a nee a man, kry vir jou n vodacom sim card, ‘n lekker databundle, gebruik jou kabel van jou foon of bluetooth sommer, dan kan jy sommer nog lekker nou en dan inloer.

    Sterkte en sien uit na jou terugkeer!!!

  6. aventer says:

    Haha thx Pikkie gaan dit nodig he.

    En ek’s nou verby gatvol…maak myself gereed om een van die dae vir Boertjie te tackle

    Wil vir my staan en se ek werk nie hard genoeg nie👿👿
    net oor ek nie sy topstudent is nie..👿

    Maar ja. Sterkte vir jou ook.

    Weet als gaan goed gan

    Lovies😀

  7. Wipneus! says:

    Sterkte Pikkie, ek sal maar hier aan ‘n tak hang tot jy terug is:mrgreen:

  8. Is jy al terug??? Nog nie??? Ek mis jou al klaar!
    Baie sterkte Pikkie! Ons wag vir jou!

  9. alta says:

    En nou trek jy na my pa se geboorte plek . Ken daai wereld soos die palm van my hand.
    Het daar skool gegaan vir n rukkie.
    Moenie dat die son jou alleen kry nie!!!Neem altyd iemand saam!!
    Sterkte en ek weet jy gaan lekker bly.

  10. aldaaugustyn says:

    Baie sterkte met die groot trek na die WARM plek!! Hoop alles loop wonderlik goed af. Ek wag met groot excitement om al jou nuwe stories te lees!! A.

  11. Ogies says:

    Baai for now, Pikkelik. Kan nie wag dat jy terug is nie.

  12. Reisiger says:

    Sterkte met die trek en al die dinge Pikkie!! Ons wag in spanning hierdie kant! 🙂

  13. Flippiefanus says:

    Sien uit daarna om weer van jou te hoor (((((Pikkie))))). Ek het baie herinneringe aan Upington. Dis waar my groot ouers gebly het. Ons het altyd daar gaan kuier oor vakansies. Dis ‘n baie warm plek daai.🙂

  14. Tersia says:

    Hoop jy kry gou die nodige lyne en dinge en dat die betrokke tegnikuste wet wat hulle doen….! Sien uit om weer van jou te hyoor!!

  15. Kokkewiet says:

    Sterkte met die groot trek en uitpakkery. Ons wag vir jou en sien uit na jou eerste post in jou nuwe blyplekkie!!

  16. Emil says:

    Pasop tog op vir die kwasi-sielkundiges!!
    Hoop die trek verloop glad. En dat Telkom jou vinnig op die lug kry.

  17. Dellie says:

    Sterkte jong! Voor jy weet is alles verby en kan jy ons kom vertel daarvan. See u soon!😉

  18. Gelukkig is dit totsiens, en nie vaarwel. Sien binnekort weer.

  19. demoerin says:

    Cheers vir eers. Sterkte met al die reëlings en dinge… het hulle ADSL in Upington?😆

  20. Rustig says:

    Sterkte! Seker nog nie gehoor van Mobile Broadband nie!
    Lekker warm kry op Upington!

  21. Sonkind says:

    Ek hoop jy hoor my nog – STERKTE en kom gou terug. Gee Telkom hel vir jou DSL!!!

  22. Ek is seker te laat, anyway, ek wag vir jou! ek blaas al ballone op vir jou terugkeer.

  23. Ogies says:

    Is jy dan nou nog nie terug nie!

  24. meermin says:

    Lekker naweek, probeer opvang, maar duidelik te veel gemis hierdie week!

  25. Paula says:

    Tot weersiens! Mag die dinge vir jou reg uitwerk en mag jy gou gou weer hier kom aanmeld!

    Sterkte vir jou en jou gesin!

  26. Hoe voel die Upington son?

  27. Roer says:

    Mis jou Pikkie dingetjie.

  28. BB says:

    /me loer maar net bietjie rond… trommel die vingertjies oppie tafel…. you gonna be back soon, right??!!

  29. wipneus says:

    Hi Almal

    Pikkie het veilig in Upington aangekom. Sy, Mynick en die kinders is baie gelukkig daar! Sy shop te lekker 😆

    Natuurlik vra sy dat ek vir almal liefde en groete stuur! Haar ADSL sal seker oor so 2 weke geinstalleer word! 😉

  30. neykie says:

    Pikkie, le op telkom se nekke dat hulle adsl vinniger instaleer, en ek is bly om te hoor julle is veilig en gelukkig in Upington.

  31. Nikita says:

    Sterkte daar in Upington…jy’s in die rigting van ‘n ou vriendin van my…hoop jy’s gelukkig daar!

  32. Tersia says:

    Lekker week vir jou! Dankie vir jou lekker-lees plekkie!

  33. aventer says:

    Ai, mis jou baie Pikkie😥

  34. aventer says:

    me mis jou twice die afstand maan toe

  35. Wipneus! says:

    Sy mis julle ook Aventer!!

    Ek dink ek wil telkom gaan help met die installasie van daardie ADSL:mrgreen:

  36. Wipneus! says:

    Ek kan dit nou regtig nie meer hou nie! 😦

  37. Okie dokie pak ‘n biekie die bokse uit en dan kom chat jy biekie met ons. Want regtig Pikkie, regtig.

  38. Is jy seker julle het net Upington toe getrek en nie dalk Mars toe nie??? Maak vuur onder helkom vir ‘n lyn man!

  39. Wipneus! says:

    Sy het hulle gister weer gebel, hulle is besig met die lyne😛

  40. Nee, maar dis mos nou mooi! Solank daar net iets aan die gebeur is!

  41. Eendjie says:

    Wees maar geduldig, alles gebeur bietjie stadiger hier op Upt.!! Ons sit “after all” hier in die middel van flippin NERENS!

  42. Wipneus! says:

    Eendjie ek het vir jou ‘n e pos gestuur, Pikkie het jou gesoek!!
    Miskien het ek die verkeerde e pos adres??? 😯

  43. […] Saterdag in Mei het ek en Pikkie ‘n baie lekker speeldag gehad op ons blogs, net een van […]

  44. Wipneus! says:

    Pikkie is Dinsdag terug!!!!

  45. Ogies says:

    Pikkelik, dis Dinsdag. Ek wag in spanning.

  46. Die Wolf says:

    Ons wag, Pikkie!

  47. BB says:

    Wipneus??
    Ek skud en skud die blik….
    but I don’t see no Pikkelik😕

  48. Wipneus! says:

    Welkoooooooooooooooooommmmmmmmmmmmm terug Pikkie!!!!!!!!!!!!!!! 😆 😆

    Hulle is besig mense, dis nou net die laaste sleur werkies soos username ens ens!! 🙄

    Ek wil daai telkom mense al iets gaan aandoen:mrgreen:

  49. Wipneus! says:

    Klop – klop is jy al hier ?????

  50. Wipneus! says:

    wag dat ek bel 😈

  51. Wipneus! says:

    /me tik tik nou met die voetjie op die teëls en wag ongeduldig!! 🙂

  52. Wipneus! says:

    Welkom terug!!!!!!!!! Ek smile dat jy net tande sien:mrgreen:

  53. Dankie tog jy’s terug! Ek het gedink die blik gaan nooit weer ‘n koekie inhe nie😉

    Ons het jou gemis Pikkie!

    So, hoe lykit met ‘n post??? or am I pushing my luck:mrgreen:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: