Vriendskap…

Wat is vriendskap?  Dis ‘n vraag waarmee ons almal soms worstel, ek dink ek het tog die antwoord gevind!  ‘n Vriend is iemand wat daar is as al die sogenaamde vriende verdwyn het.  In jou diepste nood, as jy opkyk en daar is ‘n Scype-call, ‘n sms of ‘n oproep!  ‘n Vriend hoef nie noodwendig ‘n gesig te hê nie…  ‘n Foto is soms naby genoeg.  ‘n Stem wat vertroos en bystaan en jou laat lag dat die trane loop en jou familie dink jy het al jou varkies verloor!   Dis iemand wat jou diepste geheime en vrese ken, en jou aanvaar vir wie en wat jy is, sonder voorbehoud en vermaning.  Wat in jou hoek, met hand en tand baklei tot die bloed loop, as jy uitgeslaan is.  Ek het daardie vriend gevind….  

Aan my Vriendin Wipneus….   Dankie vir wie en wat jy is…

15 Responses to Vriendskap…

  1. Wipneus! says:

    Vriendskappe is vir my baie spesiaal Pikkie, en my vriendinne word in watte vertroetel. Wedersydse vertroue, omgee, lag en huil maak vriendskappe ‘n wonderlike ervaring of “reis” As iemand my vertroue gewen het, dan stel ek myself sommer gewoonlik aan as hulle guardian angel ook. 😆 😆
    Ek is suinig met die vertroue ding. Maar jy is een van die vriendinne wat ek met my lewe sal vertrou. En dit is ‘n baie lekker gevoel.

    Dankie vir jou vriendskap ook en hierdie spesiale inskrywing. Veral omdat jy nou so baie werk het word dit nog meer waardeer.

    Pikkie en Mynick ek is bly julle is môre weer bymekaar ek weet dat hierdie vir julle ‘n moeilike tyd was. Nou lê die toekoms blink voor julle oop. Geniet dit!

    Ns: Queen is een van my gunstelinge, maar dit het jy geweet 😉

    Baie dankie!
    x x

  2. Ek kan nie meer met jou saamstem nie! ‘n Vriend is vir my iemand wat my vat soos ek is en wat saam met my kan lag en huil en baklei en sommer net laf wees. Iemand wat reguit met my kan wees, want ek het nie tyd vir warra, warra fishcake storietjies nie! As iets jou pla se dit en kry klaar. Ek het min vriende en vriendinne met wie ek so goeie verhouding het, maar hulle is vir my baie kosbaar en hulle behoort dit ook nou al te weet. Ek maak hulle soms mal, maar hey, ons is altyd daar vir mekaar, maak nie saak wat nie!

    Pikkie, ons is voorwaar bevoorreg om Wip vir ‘n vriendin te he!

    Sterkte aan jou en jou gesin met die nuwe paadjie wat voor julle le. Ek weet julle sal baie suksesvol en gelukkig wees!

    Groete

  3. Ek het een so ‘n vriend met wie ek alles kan deel en vir wie ek enige tyd kan bel as ek oor iets moet chat. Dit is ook great om julle vriendskap te sien. Ek dink werklik dat elke persoon ten minste 1 beste ware vriend/vriendin moet hê

  4. Zee says:

    Pikkie en Wipgat, treasure wat julle het. Dit is baie spesiaal

    Riaan, hier is ons alweer by vriendskappe. Soos ek vir jou gesê het, ek het eens so vriendin gehad wat ek absoluut alles mee gedeel het. Miskien eendag kry ek weer so ‘n spesiale vriendin!

  5. Wipneus! says:

    Nou Zee wat van my? 😦

  6. Zee says:

    Wippie, jy weet al klaar meer as baie ander 😉

  7. Ogies says:

    Pikkelik, dis wonderlik as mens so ‘n vriendin het. Hou aan mekaar vas, dan kan die storms maar om mens woed, jou vriende (ware vriende) hou mens staande.

  8. demoerin says:

    So waar, die waarde van goeie vriende mag nooit onderskat word nie. Die trick is om te weet wie daai ware vriende is, en dan te klou vir lewe en dood!

  9. Adrie says:

    Dit is my favouritste liedjie onder die son.

  10. Emil says:

    Mens besef wie hierdie vriende is wanneer dinge regtig skeef loop. Ek verbaas my baie keer vanwaar hierdie vriende soms kom, en dis nie altyd die mens in jou onmiddelike vriendekring nie. Wipneus verdien hierdie erkenning!

  11. Jasper says:

    Ek kan die wares op een hand tel…

  12. Dellie says:

    Ag ja, hier kom ek nou eers ingewals. Ek dog jy rus nog!😳

    Vriende is kosbaar. Vertroetel hulle.😉

  13. Sonia says:

    Pikkelik, ek sê altyd vir my vriende en vriendinne sal ek kaalvoet oor gebreekte glas loop.
    Vriendskap beteken vir my lojaliteit. En eerlikheid.
    En volkome aanvaarding.
    Ek het ‘n absolute pes daaraan wanneer mense hul eie sogenaamde vriende agter hul rug beskinder. Vriende is die mense in jou lewe wat jou die waarheid vertel wanneer jy die nie wil hoor nie maar dit nodig het, en jou ook liefhet ten spyte van jouself.
    Laasnaweek het ek twee baie goeie vriende oorgehad vir ete, en ons het gepraat oor liefde. Ek het gesê dat ek glo die beste liefde is dit wat mens vir jou kinders en jou vriende het, want dis onvoorwaardelik.
    En een van die ergste soorte seer is wanneer ‘n baie goeie vriend of vriendin jou verloën of vir jou jok.
    Dit neem vir my selfs langer om oor te kom as wanneer ‘n liefdesverhouding op die rotse beland.

    Die wonderlike ding is, al is daar nare mense op die Internet, het ek ook al van die heel beste vriende van my hele lewe so gemaak.
    Mens gesels en kuier, en laterhand ontmoet mens jou ‘penpals’, en smee soms van die hegste bande.
    Mooi inskrywing, dankie ek het lekker gelees en sommer weer aan al my wonderlike pals gedink.

  14. aventer says:

    Hallo mamma Pikkie😀

    Hoop jy geniet jou wekie, wou maar eintlik net kom groet en se sterkte met die trekkery.

    Sal nog gereeld kom inloer maar belowe niks. Die boekies moet maar beginne klap *sug*

    *hugs*

  15. neykie says:

    Pikkie jy is gelukkig om ‘n vriendin soos Wipneus te he, ek is skoon jaloers maar geniet dit dis wat die lewe die moeite werd maak om vriende te he

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: