Elke vrou…

Elke vrou behoort te besef sy kan nie veel verander aan die lengte van haar bene…  die wydte van haar heupe of die geaardheid van haar ouers nie…

Elke vrou behoort te besef haar kinderjare mag dalk nie perfek gewees het nie…  maar dis verby!

Elke vrou moet vir haarself uitklaar presies wat sy sal doen of nie sal doen ter wille van die liefde…  hoe om alleen te bly selfs al hou sy nie daarvan nie…  wie sy kan vertrou en wie nie, en hoekom sy dit nie persoonlik moet opneem nie.

Elke vrou behoort te weet waar om te gaan as haar siel lafenis nodig het, of dit nou haar beste vriendin se kombuis of ‘n luukse gesondheidspa in die berge is.

Elke vrou behoort te weet wat die nuutste haarkleursel produk, lipstiffie, sykous en ontrippelingsroom produkte op die mark is.

Elke vrou behoort te weet hoeveel van haarself sy elke dag aan haar kinders, haar man, haar familie en haarself kan spandeer.

Elke vrou behoort te weet wat sy sal kan regkry binne een dag, een maand en een jaar… en wat sy nie sal kan regkry nie…

Elke vrou behoort ‘n vriendin of twee te hê met wie sy haar geheime, vrese en opwinding kan deel, saam met wie sy kan lag en dans en sing, sonder rede, sommer net as vrou…

Want elke vrou is baie spesiaal en kosbaar…

Vir julle my vriendinne…   Hoop julle het ‘n heerlike naweek!!! 

7 Responses to Elke vrou…

  1. annedelicious says:

    eh eh eeehhhhh!

  2. Ogies says:

    Dis baie waar. Klink my die alleen wees en groot stap in jul lewe het vir jou net sterker gemaak. Dankie vir jou wyshede.

  3. Dellie says:

    LOL @ Anne!😆

    Piks, dis nou rerig ietsie oulik. Dankie, en lekker naweek vir jou ook!😉

  4. Paula says:

    Dit is regtig pragtig!
    Mag jy jou naweek ook baie geniet🙂

  5. carina says:

    Baie baie mooi. Ek hou daarvan!

  6. maxie says:

    Heerlike naweek vir jou ook. Moenie te hard werk nie..

  7. boendoe says:

    Dankie, Pik. Lekker, lekker naweek vir jou ok!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: