Ek volstaan…

Met hierdie 181ste inskrywing gaan ek vir eers volstaan…  Ek dink ek gaan net bietjie ‘n breek vat.  Ek voel al soos ‘n hond omdat ek nie meer by almal uitkom nie.  Ek scan vinnig deur die inskrywings, lag lekker saam met julle, huil saam met ander, is opgewonde oor babas wat kom en skel net so lekker saam met ander.  Maar julle moet saamstem, my lewe is nie maanskyn en rose op die oomblik nie.

Ek sukkel my alie af om my huis verkoop te kry, het eers Donderdag ‘n ander huis in Upington gekry.  Sukkel met siek kinders, sukkel om gepak te kry met vier klein handjies wat my van die wal af in die sloot wil help, sukkel om ‘n vragmotor te kry om ons trek te ry wat my nie ‘n vragmotor se prys kos nie, sukkel om die vervoermaatskappye te laat verstaan dat daar ‘n Amsterdam in Suid-Afrika is en dat ek definitief nie van Holland af wil trek nie, sukkel om ‘n vragmotor te kry om my ouers se meubels na hul bestemming te vervoer, sukkel om my Ouma sover te kry om saam te trek of dan net ten minste nader aan haar ander kinders, sukkel om ook vir haar blyplek te kry.  Ek sukkel om my sanity te behou sonder Mynick naby my, ek mis sy kalmte en teenwoordigheid.  Ek is moeg om vir die kinders te probeer verduidelik dat my man ons wel sal kom haal, en dat hy nie vir altyd weg is nie.  Die ketel, stofsuier en geyser het gekalf, die ‘frenchdrain’ (jip, hier is nog nie ‘n rioolstelsel in Amsterdam nie) het oorgeloop en ons was letterlik in die k*k. 

Om alles saam te vat, ek het nie die krag of die lus, met al hierdie nonsens wat nou nog hier aangaan, om nou enigiets te skryf nie.

Hierdie een dra ek op aan my Alles…  Mynick, ek mis jou, die kinders mis jou, ons hele wêreld is op sy kop.  Maar die slapies word min en een van die dae is ek daar, al sleep ek die bokse nou een-een Upington toe…  Love you to bits!!!

37 Responses to Ek volstaan…

  1. flippiefanus says:

    Ag nee man Pikkelik. Ek geniet dit so om te lees wat jy skryf. Veral as jy vertel van jou twee woelwaters. Maar ‘n mens kan verstaan jy gaan deur diep waters. As jy nie lus is vir skryf nie dan moet jy nie. Maar ek wed jou jy gaan binne twee dae weer verlang na die bloggery. Hoop die vreeslike trek en al die dinge werk reg uit.

  2. vygie says:

    Ai jong, voorspoed! Hoop jy kom terug na die bloggery. Ons sal jou mis.

  3. Wipneus! says:

    Hi Pik,

    Ek het net gou na Mynick se liedjie kom luister. Gesels later 😉
    Goeie keuse, siamesie 😆

  4. Eilandkind says:

    sterkte Pikkie, dis nie lekker so sonder mens se man nie, ek mis die Yank as hy net kombuis toe gaan om te gaan water drink! 😀

  5. Adrie says:

    Pikkie

    Ship vrou jy moes ons laasweek in die werk gesteek het.

    Gelukkig is dit nou te laat. 😆 sterkte. Alles sal goed verloop.

  6. carina says:

    Sterkte. Dinge sal uitwerk!!

  7. Pikkelik says:

    Dankie almal, ek het rerig die sterkte nodig. Geniet julleself gate uit!

  8. Roer says:

    Sterkte Pikkie. Ek verstaan. As alles mooi rustig is in Upington, moet jy weer blog hoor. 🙂 Tot dan, NIE TOTSIENS.

  9. Baie sterkte en voorspoed! Sien baie uit na die volgende possie…sal my oe oophou 😉

  10. Dellie says:

    Ons verstaan. 😉 Maar wanneer jy weer kalmte het en al die bokse wat jy tot in Upington gesleep het, uitgepak het, kom asseblief terug? Ons wag vir jou! En baie sterkte!

  11. maxie says:

    Alle voorspoed!

  12. aventer says:

    Ai Piks

    Sterkte jong…dink en bid vir jou

    Hier’s vir jou ‘n stukkie van ‘n liedjie, kon nie die hele ding kry nie.

    Unwritten van Natasha Beddingfield
    http://music.aol.com/album/unwritten/855630

  13. zonika says:

    Aggennee, Pikkelik, ek het dan nou so pas aan jou deurtjie kom klop… En het ek nie die inhoud van jou stukkie menswees geniet nie – die bietjie wat ek so vinnig-vinnig met my oog gevang het. Ek hoop jy is gou weer met ons. Sterkte en voorspoed vir jou. Showers of Blessings

  14. Rustig says:

    Pik, dink net hoe moet die mense van Parys en Wenen verduidelik dat hulle ook in SA is.

  15. Sonkind says:

    Ag nee Pikkie – moenie ons hier alleen los nie! Hierdie sal ook verbygaan. Sterkte vir die Groot Trek!

  16. Pikkelik says:

    Dankie almal, ek sal sekerlik weer terugkom, ek wag net vir die branders om op te hou om my te kletter. Voorspoed vir julle en ek gaan julle mis, dis amper soos om bye te sê vir familie. Ek sal tog nog so bietjie by julle kom skinder op jul blogs.
    Zonika – dankie dat jy kom kuier het, ons sal beslis weer praat. Ek het eintlik baie wat ek by jou wil weet.
    Cheers vir eers!

  17. Ek gaan jou mis en wag vir jou om terug te kom. sterke daar. ((Pikke))

  18. Jaco says:

    Agge nee Pikkie, nie jy ook nie! Baie sterkte in hierdie moeilike tye en ons hoop voorwaar as die donderweer agter die horison verdwyn het en die golwe gaan lê het, jy weer by ons ons sal aansluit.

  19. boendoe says:

    Jou plekkie sal regtig leeg wees. Sterkte daar, dit klink soos iets uit die hel. En tot alles weer onder beheer is, wag ons geduldig. x

  20. Ogies says:

    Wag in spanning vir die volgende inskrywing. Geniet jou blog vreeslik baie. Sterkte vir al die deurmekaar in jou lewe. Dit sal uitwerk. Daarvan is ek seker.
    Tot weersiens

  21. Wees kjind Q says:

    @ Pik

    Ai vrou! Ek ga jou mis. Laat weet of ek jou moet kom help pak oor ‘n naweek. Solank da dop is, sal ek pak! :mrgreen:

  22. Adrie says:

    Ek sal Wesie kom help.

    Mits dit nie die naweek is nie.

  23. mockajava says:

    Sterkte met al die dinge wat jy op een slag moet gedoen kry. Sien weer as jy uitgerus is en reg is vir die volgende rondte in die blog wereld.

    Groete Pikkelik. 🙂

  24. alta says:

    Sterkte

  25. Wipneus! says:

    Ek verlang na my maatjie 😦

  26. Toemaar Wip, almal verlang…

  27. meermin says:

    Jy gaan gemis word, daar is net te veel blogs en net te min tyd om almal se blogs te lees!!

  28. aldaaugustyn says:

    Sterkte met jou pakkery en die groot trek Upington toe wat wag. Ek sien uit daarna om jou terug te sien. Jou inskrywings is van my “favourites”!

  29. Ogies says:

    Het vanoggend kom loer wat nuut is by jou…. Mis jou al klaar!

  30. ag ek mis jou al klaar

  31. Wipneus! says:

    Ek verlang nogsteeds na my maatjie 😦

  32. netjane says:

    Nou’s ek te laat om sterkte te se!

    Ons gaan jou mis – ek glo ons sien jou baie gou weer, die blogwereld het sterre nodig!

  33. Nikita says:

    BAIE sterkte Pikkie! Ek was in ‘n soortgelyke posisie in 2003! Ek weet presies hoe jy voel…al verskil is ek moes “oor die water” gaan en sorg dat alles tuis weggepak en oral dinge “op plek” is! Sterkte met alles!!

  34. Paula says:

    Ek gaan jou sommer baie baie mis!
    Ek verstaan dat jou prioriteit nou by jou gesin is …. baie baie sterkte vir julle!

    En kom asseeeeblieffffffff weer vinnig terug!

  35. Zee says:

    Is reg, Zeethan word net groter en die dag kom net nader….. Ons wag…..

  36. Wipneus! says:

    Ok die grappie is nou oor!! 😆 😆

Leave a reply to boendoe Cancel reply